Page 1 of 1

Roes in Kamer na skoonmaak

Posted: Mon May 18, 2020 3:42 pm
by 30-06
Middag manne.

Waarmee maak julle julle kamers skoon?

Ek het dit goed gedink om my kamers bietjie skoon te maak gedurende die lockdown.
Nou sukkel ek met roes soos nog nooit tevore.

Ek het hoppies se solvent gebruik en ballistol oilie.
Beide is al taamlik oud.

Ek maak nou gereeld skoon maar die roes bly terugkom.
Het julle dalk raad?
Het al WD 40 ook probeer maar roes wil nie wegbly nie.

Re: Roes in Kamer na skoonmaak

Posted: Mon May 18, 2020 5:32 pm
by wlm
Trek binneland toe. Gansbaai is te naby die see.

Re: Roes in Kamer na skoonmaak

Posted: Mon May 18, 2020 6:20 pm
by 30-06
In die somer is dit darem lekker hier.

Re: Roes in Kamer na skoonmaak

Posted: Mon May 18, 2020 11:24 pm
by Ds J
Het jy dalk n skerp middel gebruik en dit vir n ruk in die kamer laat staan?

Re: Roes in Kamer na skoonmaak

Posted: Tue May 19, 2020 6:38 am
by Bigfoot
Try Kroil

Re: Roes in Kamer na skoonmaak

Posted: Tue May 19, 2020 7:55 am
by 30-06
Ek het ook gewonder of dit nie n resultaat is van een van my skoonmaak produkte nie.
Ek het egter nie iets buitengewoon gebruik nie.

Re: Roes in Kamer na skoonmaak

Posted: Tue May 19, 2020 7:58 am
by 30-06
Ek het kroil ge google maar lyk my dit is nie algemeen beskikbaar nie.

Re: Roes in Kamer na skoonmaak

Posted: Tue May 19, 2020 8:35 am
by Capt. Yoda
Kry vir jou n groot boremop en n bot Fluid FIlm by Safari, as jy klaar skoon gemaak het spuit n ligte lagie op die bore mop en werk hom in die kamer.
Maak net jou kamer met iets soos rubbing alcohol skoon voor jy weer met die roer gaan skiet, as Fluid Film lank staan raak dit taai en bq bruin so moet nie skrik as jou mop bq vuil uit kom as jy die kamer weer skoon maak voor jy gaan skiet nie

Re: Roes in Kamer na skoonmaak

Posted: Tue May 19, 2020 8:39 am
by jankraay
Bele maar in iets om die vog uit die kluis uit te hou ook. Dit sal die roes verminder.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Roes in Kamer na skoonmaak

Posted: Tue May 19, 2020 8:40 am
by jankraay
30-06 wrote:Ek het kroil ge google maar lyk my dit is nie algemeen beskikbaar nie.
Central Arms in Klerksdorp het baie van dit. Glo hulle sal kan courier.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Roes in Kamer na skoonmaak

Posted: Tue May 19, 2020 8:49 am
by 30-06
Dankie vir al die raad.
Ek verstaan vog speel n groot rol.
Die probleme is dat die kamers meer roes as die res.

Ek is onder die indruk dat al die "vogvangers" ook nie ewe veilig is nie.
Het al iet opgehang wat my scope se "seals gevreet" het.

Re: Roes in Kamer na skoonmaak

Posted: Tue May 19, 2020 11:26 am
by Jake1
Ek hoor jou probleem, jy sĂȘ hy roes meer as ander dele op geweer wat vreemd is.
Ek het toe ek eenkeer 'n loop ingebreek en het k98 koper verwyderaar gebruik, mens moet dan water ook gebruik met laaste stap v skoonmaak, dit het in my geweer kamer beland en kwaai roes veroorsaak.
Al wat ek kon doen was om op aanbeveling baie dun staalwol moes gebruik om ontslae te raak van roes.

Sterkte

Re: Roes in Kamer na skoonmaak

Posted: Tue May 19, 2020 1:57 pm
by FHM
Manne pasop maar ook vir 'n rondte / doppie in die kamer lank stoor wat met erg sweterige hande gelaai was.
Daai sweet op die patroondoppie werk enige metaal se gal as hy lank gaan staan.
Ek het dit met n kennis se .270 gesien wat amper n jaar gestaan het met doppie in die kamer - doppie was erg gevlek en kamer geroes.

Re: Roes in Kamer na skoonmaak

Posted: Tue May 19, 2020 2:46 pm
by SakoTrippel2
Met my hiper toksiese sweet hande is die iets wat ek baie oorkom, dis net daai bietjie aan die rondtes vat as ek laai en skiet, dis genoeg vir ernstige roes in die kamer! Ek het nou al vrede gemaak daarmee.

Net goeie skoonmaak dissepliene keer roes in my geval.
Ek probeer deesdae onthou om my kamer elke keer voor en na ek skiet skoon te maak.

Ekt 'n nylon borsel styf toegedraai in fyn staalwol met 'n paar druppels Q10 olie spin ek daai so paar Sekondes met die cordless boortjie in die kamer.
Vee alle vuilgeid en olie op met 'n Mop en 'n lappie op 'n stuk cleaning rod. Vat Dan 'n ander mop en dip in skoon acetone (nie contaminated met ander gebruike) vee kamer weer uit. Ek plug ook my keel met 'n lappie of 2 sodat die spul nie in die loop eindig nie. Druk versigtig uit van voor af met 'n kaal rod.

As hy gebere word kry hy 'n lagie WD40. (Ekt moet nog fluid film probeer)

Glo my die bitter sleg as jy nie eers jou 1ste rondte vir die dag kan kamer nie agv roes!

Groete
Frans


Sent from my SM-A505F using Tapatalk



Re: Roes in Kamer na skoonmaak

Posted: Tue May 19, 2020 2:54 pm
by BeesBreet
Ek maak skoon, en dan cycle ek n doppie wat vol fluid film of ballistol is so paar keer.

Dan bere ek in kluis slot uit.

Mop in kamer en patches deur loop voor ek skiet


Sent from my iPhone using Tapatalk