Page 1 of 1
Elektronies Halsband teen ongediertes en jakkalse
Posted: Tue Nov 24, 2009 5:51 pm
by phil
Ek het n halsband ontwikkel wat my op my selfoon alarm oproepe gee sodra die diere abnormaal optree soos in die geval van n ongedierte aanval , rondloper honde of veediefstal.
Sederdien is die Celmax stelsel al installeer op meer as 860 plase in Suid Afrika , Namibia en binnekort ook in Botswana.
Ek wil dit graag aan die forum lede bekend stel want dit sal n groot bydrae maak om die probleem veroorsakende ongedierte positief te identifiseer en vakant te maak.
Julle kan my gerus kontak indien julle verdere besonderhede benodig
Re: Elektronies Halsband teen ongediertes en jakkalse
Posted: Tue Nov 24, 2009 6:17 pm
by LMB
Wat gebeur as die diere nie in `n selfoon ontvangs gebied is nie.
Moet elke dier so `n halsband omh??
Lukas
Re: Elektronies Halsband teen ongediertes en jakkalse
Posted: Wed Nov 25, 2009 7:39 am
by Freek
Phil, as jy nie omgee nie plaas bietjie foto's dat ons kan sien hoe lyk die stukie tegnologie.
Groete
Re: Elektronies Halsband teen ongediertes en jakkalse
Posted: Wed Nov 25, 2009 10:56 am
by JACQUES BOTHA
MANNE
DIE SELFOON HALSBAND HET SY PLEK IN DCA CONTROL. BIRSEKER EN AS HY REG GEDOEN WORD BAIE EFFEKTIEF. AL NADEEL IS HY MAAK JOU WAKKER ENIGE TYD VAN DIE NAG. DIE VOORDEEL IS JY WEET DIE HUNTER IS DAAR. VERAL MET ROOIKAT MAAR OOK MET JAKKASL. JY KAN OOK DAN NATUURLIK DIE TYD KRY WAT DIE JAKKIE JAG OF PROBEER JAG. KOOS MEIRING HET DIT VIR MY AS BAIE EFFEKTIEF BEWYS. HY HET NOU AL SO 40 ROOIKATTE GESKIET OP SY GROND IN N JAAR EN N HALF. DIE HALSBAND WORD NET OM EEN SKAAP N DIE TROP GESIT...SODRA DIE SKAAP HARDLOOP "BEL DIE SKAAP SY BAAS" DIE SENSITIEWITEIT KAN GESTEL WORD OP DIE HALSBAND. EK DIK DIT HET SY PLEK IN DIE BEHEER PROSES..
GROETE
JACQUES
Re: Elektronies Halsband teen ongediertes en jakkalse
Posted: Tue Jan 12, 2010 2:42 pm
by phil
LMB wrote:
Wat gebeur as die diere nie in `n selfoon ontvangs gebied is nie.
Moet elke dier so `n halsband omh??
Lukas
Daar moet ongelukkig selfoon opvangs wees in die kamp / een dier per trop dra die halsband.
Ons is tans besig om te kyk of ons die selfoon meganisme kan vervang met n radio sodat dit in areas sonder selfoon sein ook gebruik kan word.
Re: Elektronies Halsband teen ongediertes en jakkalse
Posted: Tue Jan 12, 2010 3:21 pm
by phil
Freek wrote:
Phil, as jy nie omgee nie plaas bietjie foto's dat ons kan sien hoe lyk die stukie tegnologie.
Groete
Sorry maar ek kry nie die foto's geplaas nie . Laat weet my asb. hoe ek dit moet doen
Re: Elektronies Halsband teen ongediertes en jakkalse
Posted: Tue Jan 12, 2010 3:24 pm
by phil
JACQUES BOTHA wrote:
MANNE
DIE SELFOON HALSBAND HET SY PLEK IN DCA CONTROL. BIRSEKER EN AS HY REG GEDOEN WORD BAIE EFFEKTIEF. AL NADEEL IS HY MAAK JOU WAKKER ENIGE TYD VAN DIE NAG. DIE VOORDEEL IS JY WEET DIE HUNTER IS DAAR. VERAL MET ROOIKAT MAAR OOK MET JAKKASL. JY KAN OOK DAN NATUURLIK DIE TYD KRY WAT DIE JAKKIE JAG OF PROBEER JAG. KOOS MEIRING HET DIT VIR MY AS BAIE EFFEKTIEF BEWYS. HY HET NOU AL SO 40 ROOIKATTE GESKIET OP SY GROND IN N JAAR EN N HALF. DIE HALSBAND WORD NET OM EEN SKAAP N DIE TROP GESIT...SODRA DIE SKAAP HARDLOOP "BEL DIE SKAAP SY BAAS" DIE SENSITIEWITEIT KAN GESTEL WORD OP DIE HALSBAND. EK DIK DIT HET SY PLEK IN DIE BEHEER PROSES..
GROETE
JACQUES
Jacques dankie vir die positiewe kommentaar. Huidig is daar al meer as 800 boere wat die stelsel gebruik. Die naam was voorheen Veldwagter maar ons het dit nou verander na Celmax