Page 1 of 1

STEYR: magasyne beskikbaar!

Posted: Mon May 04, 2020 10:43 pm
by Ds J
Goeienaand Jaracal,

Na aanleiding van hierdie gesprek (viewtopic.php?f=139&t=77139) het ek Steyr in Oostenryk gekontak.

Hulle het my na Inyati Sporting Supplies verwys. Ek het vandag n sinvolle gesprek met die bestuur van Inyathi gehad, veral oor die beskikbaarheid van magasyne. Met hulle toestemming maak ek graag die volgende bekend:
  • Inyathi het ongeveer n jaar gelede die agentskap vir Steyr oorgevat. Voor dit het Steyr verskillende agentskappe in Suid-Afrika gehad. Dit is een van die redes waarom parte/magasyne so skaars is.
  • Hulle hou n voorraad van parte/magasyne aan, en is bereid om parte/magasyne in te voer. Dit behoort nie langer as drie maande te vat nie. Die rolmagasyne is ongelukkig duur - pryse behoort by ongeveer R2000 te begin en kan uiteraard duurder wees.
  • Inyathi is groothandelaars en kan dus nie aan die publiek verskaf nie. Hulle sal graag aan u plaaslike handelaar verskaf. Tree gerus met hulle in verbinding.
Kontakbesonderhede:
INYATHI Sporting Supplies
Plot 3, Mountain Drive
Inyathi Park, Derdepoort
South Africa
dewald@inyathi.net
INYATHI Customer Service
Phone: +27 (12) 808 9911
www.inyathi.net

(Nota: Ek het GEEN bande met Inyathi Sporting Supplies nie, en ontvang geen vorm van vergoeding, beloning of iets soortgelyk nie.)

Re: STEYR: magasyne beskikbaar!

Posted: Tue May 05, 2020 7:27 am
by Lategan1
Ek het nie ene nie, maar dit is bakgat dat jy dit opgeneem het. Dankie.

Beste.

Re: STEYR: magasyne beskikbaar!

Posted: Tue May 05, 2020 12:03 pm
by BigBoreFanatic
Daardie R2000.00 gaan nie so wees nie. Vriende van my het in 'n winkel in Oostenryk sewe maande gelede gestaan met twee magasyne in sy hand, die prys was toe R2480.00 elk - teen dáárdie tyd se wisselkoers.

Re: STEYR: magasyne beskikbaar!

Posted: Tue May 05, 2020 12:43 pm
by Stephan86
Ek moes juis daai pad stap so ruk terug toe ek my 375 geërf het sonder 'n magasyn.

Ek het met Inyathi gesels (met Dewalk spesifiek) en hul het vir my een ingebring en met die hulp van Kobus (Jagtersreg) het ek toe my magasyn gekry.

Ds J glo die sal 'n paar manne baie kan help in die toekoms.

Re: STEYR: magasyne beskikbaar!

Posted: Mon Aug 03, 2020 5:26 pm
by Sarelss
Dankie vir die inligting,

ek is ook op soek na n 308 magasyn vir n Steyr Manlicher

Groetnis