Page 1 of 1

Gun Warrior XL MUZZLE BRAKE

Posted: Mon May 04, 2020 9:57 pm
by gerrie_CPT
Naand

Ek oorweeg dit om hierdie braker op my howa 6.5mm creedmoor te sit. Wil so goed as moontlik die POI sien. Die creedmoor is nie 'n groot kaliber nie en ek wonder of die braker se knal aanvaarbaar is.

Sal julle omgee om langs 'n 6.5mm met die braker op, op die skietbaan te skiet of moet ek dit maar los en eerder vir 'n knaldemper gaan.

Dankie
Groete
Gerrie

Re: Gun Warrior XL MUZZLE BRAKE

Posted: Mon May 04, 2020 10:03 pm
by Arnold
Hoe beter hy werk hoe meer raas hy.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Re: Gun Warrior XL MUZZLE BRAKE

Posted: Mon May 04, 2020 10:12 pm
by Capt. Yoda
Daar is n spesiale plek vir julle brake skieters in die hel, julle sal vir Smitstertjie met sy 338 by die hek sien

Re: Gun Warrior XL MUZZLE BRAKE

Posted: Tue May 05, 2020 9:48 am
by wlm
Gerrie
Sit vir jou die "range-friendly" tromprem van Gunwarrior op. Jy skroef net die buitenste doppie op dan sal die baan-beampte jou nie weg jaag nie.
Het een op 'n 243 en hy het nou minder terugskop as 'n 223.

Re: Gun Warrior XL MUZZLE BRAKE

Posted: Tue May 05, 2020 10:25 am
by PWV
Het julle al gehoor van die Recoil Reaper?

https://cmgrecoilreaper.co.za/product-details/

Re: Gun Warrior XL MUZZLE BRAKE

Posted: Tue May 05, 2020 11:34 am
by Gian_dP
PWV wrote: Tue May 05, 2020 10:25 am Het julle al gehoor van die Recoil Reaper?

https://cmgrecoilreaper.co.za/product-details/
Nog nie met Recoil Reaper een geskiet nie, maar ek het soortgelyke produk van Gunwarrior-"Shorty" demper met blitsbreker vooraan. Meeste van die Sus-Tac dempers kom ook so met uit.

Werk baie goed vir klank en terugskop, maar skop tog bietjie stof op as jy lĂȘ en skiet. Daarom dat CHASA nie demper/blitsbreker kombinasies by hulle skietkompetisies toelaat nie. Vir normale skietbaan, pla dit nie die man by die volgende bank nie.

Re: Gun Warrior XL MUZZLE BRAKE

Posted: Tue May 05, 2020 12:09 pm
by Grenslyn
Jy kan met 'n geruste hart Gun Warrior se silencer met internal en external muzzle brake gebruik. Hy werk soos hy moet.
As jy by 'n skietkompetisie kom haal jy net die voorste brake af. Ek het 4 van hulle en hulle werk uitstekend. Met 'n 6.5CM
sal jy elke skoot op target sien.

Re: Gun Warrior XL MUZZLE BRAKE

Posted: Wed May 13, 2020 8:46 am
by Pinkes
wlm wrote: Tue May 05, 2020 9:48 am Gerrie
Sit vir jou die "range-friendly" tromprem van Gunwarrior op. Jy skroef net die buitenste doppie op dan sal die baan-beampte jou nie weg jaag nie.
Het een op 'n 243 en hy het nou minder terugskop as 'n 223.
Wonder al n ruk oor die mb van hul...hoe beinvloed die op en afdraai van die buitenste doppie die poi en groep van geweer?

Re: Gun Warrior XL MUZZLE BRAKE

Posted: Wed May 13, 2020 8:52 am
by Kotze .204R
As n mens daai break van die shorty af skroef of die doppie oor die break sit skiet hy nog op dieselfde plek?

Re: Gun Warrior XL MUZZLE BRAKE

Posted: Wed May 13, 2020 8:58 am
by Grenslyn
Pinkes wrote: Wed May 13, 2020 8:46 am
wlm wrote: Tue May 05, 2020 9:48 am Gerrie
Sit vir jou die "range-friendly" tromprem van Gunwarrior op. Jy skroef net die buitenste doppie op dan sal die baan-beampte jou nie weg jaag nie.
Het een op 'n 243 en hy het nou minder terugskop as 'n 223.
Wonder al n ruk oor die mb van hul...hoe beinvloed die op en afdraai van die buitenste doppie die poi en groep van geweer?
Die external muzzle brake wat jy afskroef weeg 85g en die cap wat jy terugskroef weeg 25g. Dit is maar 'n verskil van 60g en op geen van my gewere waarop ek die silencer gebruik maak dit 'n verskil aan die POI nie.

Re: Gun Warrior XL MUZZLE BRAKE

Posted: Thu May 14, 2020 7:51 am
by Pinkes
More

Kan iemand vir my fotos plaas van hoe die "range-friendly" mb lyk op sy geweer. Wil sien hoe die verhoeding lyk met doppie op en af asb?

Groete

Re: Gun Warrior XL MUZZLE BRAKE

Posted: Thu May 14, 2020 8:08 am
by Grenslyn
Stuur vir my 'n WhatsApp dan stuur ek vir jou foto's (084 trippel 5 8144)

Re: Gun Warrior XL MUZZLE BRAKE

Posted: Sun Jun 14, 2020 11:46 am
by GWB
Grenslyn wrote: Wed May 13, 2020 8:58 am
Pinkes wrote: Wed May 13, 2020 8:46 am
wlm wrote: Tue May 05, 2020 9:48 am Gerrie
Sit vir jou die "range-friendly" tromprem van Gunwarrior op. Jy skroef net die buitenste doppie op dan sal die baan-beampte jou nie weg jaag nie.
Het een op 'n 243 en hy het nou minder terugskop as 'n 223.
Wonder al n ruk oor die mb van hul...hoe beinvloed die op en afdraai van die buitenste doppie die poi en groep van geweer?
Die external muzzle brake wat jy afskroef weeg 85g en die cap wat jy terugskroef weeg 25g. Dit is maar 'n verskil van 60g en op geen van my gewere waarop ek die silencer gebruik maak dit 'n verskil aan die POI nie.
Daai selfde vraag het deur my kop gegaan. Sommer vraag en antwoord gekry hier.

Re: Gun Warrior XL MUZZLE BRAKE

Posted: Mon Jun 15, 2020 6:21 am
by Klein Chris
PWV wrote: Tue May 05, 2020 10:25 am Het julle al gehoor van die Recoil Reaper?

https://cmgrecoilreaper.co.za/product-details/
Ek het een vir die 30-06 en swaer vir sy 375 Ruger. Baie gelukkig met die reapers. Swaer se 375 het jou goed eerlik gehou sonder die reaper. Met die reaper is daai 375 amper vriendeliker as my ou dik Jack Russel