Page 1 of 1
Vir die .243 manne
Posted: Wed Apr 29, 2020 12:15 pm
by FHM
Re: Vir die .243 manne
Posted: Wed Apr 29, 2020 12:24 pm
by Geno
My .243Ackley jakkalsgewere skiet ook deur 'n 10mm VRN500 gong onder 220m as die gong groot en swaar is.
Iets soos 'n jakkalskop en halflyf is fine solank hy anderkant 150m staan.
Spoed maak n gong dood. Niks anders nie tensy jy AP ammo skiet.
Die was met 'n 55gr Ballistic Tip teen 4330fps
Die splashes is 'n 143gr 6.5mm ELDX teen 2740fps MV.

Re: Vir die .243 manne
Posted: Wed Apr 29, 2020 2:48 pm
by Frederik
Netjies interesant.
Re: Vir die .243 manne
Posted: Wed Apr 29, 2020 3:32 pm
by savage(P Coetzer)
Dink nie daai manne besef hoe naby hulle gekom het aan om hul eie bloed te bloei nie. Om op 12yrds op staal te skiet is net malligheid! Salute 243!
Re: Vir die .243 manne
Posted: Thu Apr 30, 2020 11:37 pm
by Pumarais
Ek stem en die beste van alles is dat al daai gewere gelaai is en op safe is terwyl daai ou vorentoe loop om die gong reg te maak.
Ek kan mos in my klere oor ñ safety op ñ geweer. Ek weet nie eers hoekom daar so ding op ñ geweer is nie.
ñ Veilige geweer is een sonder ñ patroon in die loop.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Vir die .243 manne
Posted: Tue May 05, 2020 10:55 am
by FHM
Pumarais wrote: Thu Apr 30, 2020 11:37 pm
Ek stem en die beste van alles is dat al daai gewere gelaai is en op safe is terwyl daai ou vorentoe loop om die gong reg te maak.
Ek kan mos in my klere oor ñ safety op ñ geweer. Ek weet nie eers hoekom daar so ding op ñ geweer is nie.
ñ Veilige geweer is een sonder ñ patroon in die loop.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek het dit ook agtergekom toe ek gekyk het...

Re: Vir die .243 manne
Posted: Wed May 06, 2020 2:38 pm
by Cobus(Cobb)
savage(P Coetzer) wrote: Wed Apr 29, 2020 3:32 pm
Dink nie daai manne besef hoe naby hulle gekom het aan om hul eie bloed te bloei nie. Om op 12yrds op staal te skiet is net malligheid! Salute 243!
Daai moet iemand nog vir my bewys......(en née...nie daai video waar die ou sy oormowwe afskiet nie....ons almal weet nou al dis n fake)
Verder dink ek dis twee manne wat hulle gewere redelik onveilig hanteer
Cheers
Re: Vir die .243 manne
Posted: Wed May 06, 2020 4:21 pm
by savage(P Coetzer)
Cobus ek het so 4 jr gelede n cruiser se regter venster uitgeskiet op n stuk op staal op 30m. Daai koeel/fragment het amper reguit terug gekom en die ruit so 5m links van my gebreek
Re: Vir die .243 manne
Posted: Wed May 06, 2020 4:46 pm
by Koos Barnard
Cobus, my eie seun is so drie jaar gelede deur 'n stuk koeël getref in die gesig en moes doktersbehandeling kry nadat hulle op die sogenaamde pepper popper staalghongs met 'n handwapen geskiet het. Hy was 'n baanoffisier en het skuins agter die skut gestaan. Hy was nie die enigste persoon wat getref is deur skrapnel nie, 'n tweede persoon is ook getref en ook hy moes hospitaal toe.
Mooi loop
Re: Vir die .243 manne
Posted: Wed May 06, 2020 5:30 pm
by Capt. Yoda
Ek het myself ook al raak geskiet met n 357 op n gong
Re: Vir die .243 manne
Posted: Thu May 07, 2020 6:45 am
by FHM
Ja nee lyk my ou Cobus was nog gelukkig sover
So paar jaar terug is ek en oorlede broertjie by skietbaan buite WVB. Nadat ons teikens geskiet het juk ons agterwerelde vir die valplate. Skiet hy met 'n 9mm FMJ's na valplaat so 20 meter ver. Ek staan skuins links agter hom en wag vir my beurt. Skielik voel ek n bysteek regs van my naaltjie en gryp/klap na die brandpyn, seker dis n by of iets wat my gesteek het. Verbaas sien ek so bietjie bloed deur my hemp sypel - lig op en jou wragtigwaar sit daar so 4 mm stukkie koper skrapnel in my vel met net n puntjie wat uitsteek. En hier is die ding, nie een van ons het skietbrille opgehad nie....
So dit gebeur wel, en dis een van die hoofredes dat ons skietbrille op die baan MOET dra.