Page 1 of 1
Wors stopper
Posted: Tue Dec 06, 2011 1:42 pm
by pietjacobs
Manne, ek wil nou nie brage, maar ek skimp nou al so maand of wat by die vrou vir 'n wors stopper, en vandag toe kry ek die email: 8)
"Hi Lovie, bestel vir jou die worsstopper stuur vir my die invoice, lekker dag"
Nou watter stoppers werk goed of watse gebruik julle? Ek sien in die SA Jagters adverteer hulle die "Italian 2 spoed" stoppers. Is dit die een wat maar die beste werk of wat? Ek wil seker maak want ek kan nie bekostig om later 'n ander een te koop nie.
Ek jag se maar so +- 250kg Karkas in totaal elke jaar
Groete,
Piet
Re: Wors stopper
Posted: Tue Dec 06, 2011 5:44 pm
by Dawid
Hi Lovie, bestel vir jou die worsstopper stuur vir my die invoice, lekker dag"
Piet het jou vrou met jou bakkie gery en is hy nog heel.
Vir so min vleis kan mens mos maar netsowel met n handmeule stop Pieta.....ek doen en vir my werk dit heerlik, net n bietjie elbow ghries maar dis lekker
Re: Wors stopper
Posted: Tue Dec 06, 2011 6:57 pm
by Jagtersdok
Pieta
Daai stoppers werk soos Jet Fuel. Ek dink vir jou sal daai 5liter oukie die ding kan doen.
Neels
Re: Wors stopper
Posted: Tue Dec 06, 2011 7:38 pm
by Francois Marais
Neels/Piet
Stem, niks groter as 5Lt nodig nie,......
Mooi loop
Francois
Re: Wors stopper
Posted: Tue Dec 06, 2011 8:24 pm
by pietjacobs
Dankie manne, dan gaan ek vir die 5L. Ek sien die 2 advertensies in die SA Jagters is almal in JHB, so ek sal bietjie daai bakkie opstart en ry en gaan kyk

Re: Wors stopper
Posted: Tue Dec 06, 2011 8:47 pm
by theedge
Dawid wrote:
Hi Lovie, bestel vir jou die worsstopper stuur vir my die invoice, lekker dag"
Piet het jou vrou met jou bakkie gery en is hy nog heel.
Vir so min vleis kan mens mos maar netsowel met n handmeule stop Pieta.....ek doen en vir my werk dit heerlik, net n bietjie elbow ghries maar dis lekker
Dawid ek dink meer aan die add oor toyota waar die antie die bakkie vat. It rubbs off
Re: Wors stopper
Posted: Tue Dec 06, 2011 9:40 pm
by tripodmvr
Jy met jou worsstopper moet miskien eers na die "Jagflaters" gaan kyk en leer.
Re: Wors stopper
Posted: Wed Dec 07, 2011 7:51 am
by pietjacobs
Re: Wors stopper
Posted: Wed Dec 07, 2011 8:02 am
by tripodmvr
pietjacobs wrote:
Dawid ek dink meer aan die add oor toyota waar die antie die bakkie vat. It rubbs off
Ja kyk, ek is gelukkig dat my vrou saam met my jag en vis vang. En sy het alles haar eie goed ook. Al ons vleis werk ons ook self, maar die wors maak is maar altyd 'n probleem, want ek het nog een van daai OOOOUUUU homemade stoppers wat my Pa nog vir my gegee het toe hy vir hom 'n ander stopper gekoop het. Ek het groot geword met daai stopper op die plaas, maar genoeg is nou genoeg, dis tyd dat daai stopper sy tekkies ophang
[/quote]
Met erkenning aan "babonstalker" se storie in "Flaters in die jagveld"
Dit is nou wel nie 'n jagveld flater nie, maar julle waardeer hom dalk tog:
Laasjaar Oktober en November is mammie Parys toe, en as die kat weg is, is pappa baas! man daardie twee maande het dit lekker gegaan en ons het baie geskiet, snags varke gejag en ek het gemaak soos die muis moet as die kat weg is.
Ek en my jagmaat besluit ook dit is tyd vir wors maak en ek flans toe sommer vinnig een Saterdag middag my "worsmasjien" aan mekaar. Ouma word ontbied om die aand na die kinders te kom kyk want hier gaan gewors word.
Nou die worsmasjien is nie 'n konfensionele masjien nie, dit is 'n outomatiese pneumatiese uitvidsel wat derms vinniger kan volstop as wat jy hulle kan voer. Om die affere bietjie meer gebruikersvriendelik te maak is hy ook toegerus met 'n versneller (presure regulator) om dinge so 'n bietjie oemf te kan gee indien nodig.
Toe alles reg is en die Brannas en Coke gegooi is, stel ons op in die kombuis en die skottels vol vleis staan gereed vir die groot stop. Aanvanklik sukkel ons so bietjie om die spoed reg te kry, maar met een man wat derm voer en die ander een wat die regulator beheer begin dit na besigheid lyk. Toe ons net mooi op dreef is staan ouma ook nader om te kom kyk. Net daar gebeur dit toe dat 'n blokasie so effens terughou op die vry vloei van vleis en met die dat die druk so bietjie opbou (ek vermoed die regulator man het hom ook so 'n bietjie aangedraai) glip daar so 'n "knertsie" wind by die piston verby en daar klap die skoot.
Ons skiet met een skoot vir ouma toe onder die vleis! sy het selfs vleis onder haar klere gehad. Verder het die kombuis ook redelik deurgeloop onder die vleis en selfs die mure, mikrogolf en yskas was vol vleis.
Gelukkig was mammie v?r weg en ouma het 'n goeie sin vir humor, want vir die 3 van ons (ek, my pel en die brannas) was dit moer snaaks!
Re: Wors stopper
Posted: Wed Dec 07, 2011 8:13 am
by pietjacobs
Re: Wors stopper
Posted: Wed Dec 07, 2011 10:01 am
by Vlakvark
Pietjacobus
Lyk daai stoper soos die een as dit wel hy is maak seker hy het 2 spoed ratkas anders kan jy hom los niks werd
Ek het een spoed en dit is gemors
Het nou een gekoop wat met water werk hoop om hom die naaweek te gebruik
http://www.ebay.com.au/itm/NEW-SAUSAGE- ... 519c307ef3
Dis my nuwe een
kyk sy video
http://www.butcherathome.com.au/shop/in ... ucts_id=46
Re: Wors stopper
Posted: Wed Dec 07, 2011 10:23 am
by pietjacobs
Dankie Vlakvark,
Sal defnitief seker maak dis die 2 spoed.
Re: Wors stopper
Posted: Wed Dec 07, 2011 11:25 am
by Jagtersdok
Pieta
Daai in tydskrif is 2spoed
Vlakkie is helemal reg die single speed is poef wat die duiwel op aarde gesit het om onmin te saai
Re: Wors stopper
Posted: Thu Dec 29, 2011 10:08 am
by Vlakvark
Piet as jy nog nie jou wors stoper gekoop het nie loer on der die resepte onder wors en droe wors resepte na my nuwe water wors stoper