Page 1 of 1
kronograaf advies asb
Posted: Sun Apr 26, 2020 5:02 pm
by 470rigby
Ek het vir lank 'n Oehler Pro-Chrono met dubbelskerms gebruik. Ek weet daar het daarna baie water in die see geloop. Ek is/was baie gelukkig met die Oehler, maar dit is 'n redelike beslommernis om dit op te stel, veral as jy net een of twee skote wil skiet
Ek wil nou 'n krono koop wat vining opstel, soos Chrony, ProChrono of ander. Baie lank terug (1990's) het ek 'n Chrony gehad, maar dit het feitlik nooit korrek gewerk nie, maar ek verstaan hulle is nou veel beter? My vraag is nou, van hierdie kompakte tipes, watter is die beste koop? Ek wil nie die prys betaal vir iets soos 'n Labradar nie. Raad asb
Re: kronograaf advies asb
Posted: Sun Apr 26, 2020 5:03 pm
by DWB
Magnetospeed Sporter
Seker met bietjie moeite skroef hy op ñ dubbel ook vas
Re: kronograaf advies asb
Posted: Sun Apr 26, 2020 5:04 pm
by 470rigby
Dankie Deon, wat kos hy?
Re: kronograaf advies asb
Posted: Sun Apr 26, 2020 5:05 pm
by 470rigby
En werk dit met 'n haelgeweer?
Re: kronograaf advies asb
Posted: Sun Apr 26, 2020 5:06 pm
by DWB
So R4000 (dalk ñ raps minder)
Jy kan in enige lig toestande of weer met hom skiet.
Hy affekteer wel die POI so bietjie maar vir spoed is hy puik
Re: kronograaf advies asb
Posted: Sun Apr 26, 2020 5:06 pm
by DWB
470rigby wrote: Sun Apr 26, 2020 5:05 pm
En werk dit met 'n haelgeweer?
Daai weet ek nou nie
Re: kronograaf advies asb
Posted: Sun Apr 26, 2020 5:07 pm
by tripodmvr
R3-4K
Bietjie moeilik met dubbellope en kan moontlik sukkel om vasgemaak te word. Wad kan dalk 'n groter probleem wees.
Re: kronograaf advies asb
Posted: Sun Apr 26, 2020 5:10 pm
by 470rigby
Ja, dis ongelukkig 'n groot deel van my werk, so ek sal seker maar vir 'n "sky screen" tipe moet gaan
Re: kronograaf advies asb
Posted: Sun Apr 26, 2020 5:15 pm
by tripodmvr
Prochrono is 'n goeie roep. Google "prochrono digital chronograph". Daar is videos waar dit getoets word en myne stem baie goed ooreen met die Magneto Speed.
Re: kronograaf advies asb
Posted: Tue Apr 28, 2020 7:22 am
by Pinkes
Kry Magnetospeed sporter!
Re: kronograaf advies asb
Posted: Tue Apr 28, 2020 9:17 am
by tripodmvr
Kommentaar oor die eerste MS modelle se gebruik op haelgewere.
Thought I'd add a quick update. I ordered one, it arrived and I used it. It works extremely well, but one should be aware of certain limitations:
1) It is difficult to mount on any gun with a high rib, or soft rib, as the strap can bend or damage the rib as you tighten. You can completely undo the strap and re-thread it under the rib and over the barrel, but that is a time-consuming set up.
2) It won't mount well on a hung barrel O/U like the K-80 or Blaser. The swell for the choke tubes and barrel hanger prevent the bayonet from being mounted parallel to the bore. It *might* work in the above O/U's positioned further rearward with a flush choke in it, but I did not try that. Or it might require the larger/deeper V2 bayonet.
3) I ended up mounting it easily on my 870 with steel rib and it worked great. However, I started with the thicker spacer pad and it could not read a 1oz lead shotshell charge. This pad places the bayonet about 1/4 inch under bore edge and apparently that places the shot-cup too far away from the sensor for an accurate reading. The thinner pad is maybe 1/8th under bore edge and the device can then read a 1 or even 3/4oz lead shot load. I did not experiment with a custom triggering set-up -- the unit allows this -- and suspect one could get the thicker pad to read shotshell loads if they are willing to spend the time fussing with it. No need, as the thin pad works great other than a small user error as noted in point 6 below.
4) Accuracy seemed very good, registering about 50 FPS faster than stated on US factory Rio's and Winchesters -- I assume this difference is because those shells are measured at 3 feet from the muzzle and this device is literally measuring at the muzzle.
5) The readout is stellar, easy to understand and gives you cumulative statistical data as you progress.
6) Usage note/caution: Make sure you have the bayonet tightened securely. I had failed to notice the bayonet sensor unit slipping forward from recoil, and ended up "wad-burning" the front edge of the bayo -- no damage, but a clear and permanent mark as a reminder.
All in all, I give a huge two thumbs up for shotshell users.
Re: kronograaf advies asb
Posted: Wed Apr 29, 2020 10:17 am
by 470rigby
Dankie vir almal se raad, ek waardeer dit
Weet iemand wie die ProChrono invoerder is?
Re: kronograaf advies asb
Posted: Wed Apr 29, 2020 10:23 am
by tripodmvr
Ek het myne by S&O gekoop.
Re: kronograaf advies asb
Posted: Tue Jun 09, 2020 9:12 am
by Swys14
spaar jou baie moeite en sukkel en kry die Magnetospeed. Opslaan is baie gemaklik en vinnig.
Re: kronograaf advies asb
Posted: Tue Jun 09, 2020 9:35 am
by Vissie
Die manne wat Magnetospeed gebruik, skiet julle dan vir spoed en groepeerings afsonderlik van mekaar?
Dit voel net vir my bietjie teenproduktief.
Is daar voordele wat ek nie raaksien nie?
Re: kronograaf advies asb
Posted: Tue Jun 09, 2020 10:12 am
by Swys14
Hi Vissie, goeie vraag met meriete. Ja ek kry verseker verkil in POI met hom op vs met hom af maar het nog nooit rerig 'n verskil gesien in my groepe nie, maak net seker hy sit ordentlik. EK reken jy sal verseker 'n verskil sien op langer afstande.
Re: kronograaf advies asb
Posted: Tue Jun 09, 2020 10:28 am
by tripodmvr
MS is moeilik om op gewere met korrel voor te plaas en dan ook op sekere haelgewere. Die OP se hoofdoel is om haelgewere se spoed te toets.
Ek skiet ook groepe met my MS op en ek dink dit gee 'n goeie aanduiding van die lading se potensiaal. Die teleskoop zero en finale groepe word egter sonder die MS geskiet.
Re: kronograaf advies asb
Posted: Wed Sep 09, 2020 9:57 am
by 470rigby
Ek is nou gereed om 'n Prochrono Digital te koop, maar lyk vir my niemand het tans nie?
Weetiemand van een wat te koop is?