Page 1 of 1
Brush gun - skote waar obstruksie raakgeskiet word
Posted: Sat Apr 25, 2020 6:39 am
by tripodmvr
Waar is daardie skoot heen? Ek het al hierdie wegskram van koeëls ervaar.
Wees dus maar versigtig wanneer jy deur takke skiet. Dit verklaar moontlik baie van die "swak" skote op buffels waar daar deur bos geskiet word.
https://youtu.be/H8xi-h48ssY
Re: Brush gun - skote waar obstruksie raakgeskiet word
Posted: Sat Apr 25, 2020 7:23 am
by Gerhard
Stem saam
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Brush gun - skote waar obstruksie raakgeskiet word
Posted: Sat Apr 25, 2020 9:00 am
by knipmes
Ek is nie n kundige of n man met al die ondervinding wat ander mense het nie. Net my eie ondervinding met n paar jag koeels.
9,3 X 62 286gr Lapua Mega: Koedoe koei, 60m, deur rosyntjie bos min takke en blare, koei was 2m anderkant die bos. Koeel is deur die blad anderkant uit. Skoot was so 3" links van waar ek gemik het. (dalk was dit ek wat maar net swak geskiet het) Wat interessant was : daar was 3 stukkende plekke op die ribbes, die pens en boud. (links van die mikpunt) Ek het eers gedink dat dit die koeel was wat opgebreek het maar met die afslag gevind dat dit stukkies hout /takkies van die rosyntjiebos was wat deur die vel gedring het. Dit het net deur die vel en so 3/ 4mm diep gepenetreer.
Ek het ook deur n bos na n rooibok met n Marlin 30-30, 170 gr koeel geskiet. Afstand was so 40m en deur droee takkies onder aan n huilboom. Heelemal mis geskiet. Weereens kon dit maar my my eie swak skootplasing gewees het maar die geweer skiet akkuraat en ek het oor n skietstok geskiet.
Daar was al vele toetse met skote deur n bos met heelwat kalibers gedoen. Almal, van skerp punt tot ronde punt, ligte en swaar koeels, het afgewyk van die mikpunt af. Hoe verder die teiken agter die takkies hoe verder die afwyking
Ek sal nie aanbeveel dat n mens deur n bos moet skiet nie. Wag vir n beter oop skoot of los maar.
Re: Brush gun - skote waar obstruksie raakgeskiet word
Posted: Sat Apr 25, 2020 9:05 am
by Gerhard
Moet ook nie gras weg gooi nie,
Gras tussen jou en die bok kan lekker n skoot deflekteer.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Brush gun - skote waar obstruksie raakgeskiet word
Posted: Sat Apr 25, 2020 9:52 am
by Eduard Venter
Hierdie vark het ek teen my beterwete met my getroue nulkwes deur 'n kruisbessie bos geskiet. Bos was so 80m van my af en die vark so 30m agter die bos. Perfekte kopskoot gewees, al probleem is ek het op die knoppe gemik.
Ek moet beaam wat die ander manne sê, dit is selde 'n goeie idee om deur takkies te skiet.
IMG-20180225-WA0019.jpeg
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Re: Brush gun - skote waar obstruksie raakgeskiet word
Posted: Sat Apr 25, 2020 10:04 am
by DWB
Takkies veroorsaak Akkies....
Re: Brush gun - skote waar obstruksie raakgeskiet word
Posted: Sat Apr 25, 2020 12:22 pm
by Frederik
Klein takkies of gras maak saak en defleksie gebeur vinnig het dit al te veel gesien op die BASA baan en paar keer op jagveld.
Daar bestaan net nie iets soos brushcutter koeel nie.
Re: Brush gun - skote waar obstruksie raakgeskiet word
Posted: Mon Apr 27, 2020 7:42 am
by Gerhardu
Waar is daai man van Peregrine. Daar was n ander post n hele ruk terug wat iemand gese het daai punte(Peregrine) skiet deur enige Bos/brush/gras/takke/pazerwa wat ook al jy dit wil noem. Maar ja ek stem saam. Dis maar n risiko wat n mens vat. Maar sal dit nie sommer doen nie al hoewel ek dit n paar keer gedoen het.
Re: Brush gun - skote waar obstruksie raakgeskiet word
Posted: Mon May 04, 2020 10:25 am
by Toxxyc
Het al 'n paar keer inderhaas geskiet en was twee keer gelukkig met totale misskote deur takkies wat na die tyd eers gesien is (bokkoors loop). Een keer was 'n gelukkie met 'n skuinsskoot wat rugstring in plaas van hartlong getref het en bok het net daar neergeslaan. Laaste een was 'n vark. Korterige afstand, so 80m, laag gemik en 'n paar dun takkies geignoreer. Koeël het heeltemal te hoog getref en vark is deur 'n heining met 'n vet bloedstreep agterna sonder dat ek hom kon vind.
Nooit, ooit weer nie.
Re: Brush gun - skote waar obstruksie raakgeskiet word
Posted: Mon May 04, 2020 5:25 pm
by Stephan du Plessis
Ek het eendag 'n rooibokooi geskiet wat op 'n grondwal gestaan het. Mooi, op die blad. Na die skoot is sy van die wal af in die bos in. Toe ek nader gaan toe tel ek 'n ram op met 'n af blad. Ek het nooit eers 'n ram gesien nie. Ek is terug na die plek toe waar die ooi oorspronklik gestaan het. Twee meter agter haar was 'n bos en op die regte hoogte was 'n takkie so dik soos my pinkie wat se bas aan die onderkant af was. Agter die wal, onder die bos was die ram se wegspring spore. Die 7mm koeël is deur die ooi, het die takkie aan die onderkant getref en af gedeflekteer en die ram op die blad getref. Die koeël het opgebreek en 'n stukkie het tot in die hart ingedring. So klein dat ek hom nie eers kon kry nie. Die bloeddruk het hom weer by die gatjie uit gedruk.
So, behalwe dat ek nooit 'n kans sal vat na 'n bok agter 'n bos, sal ek ook nooit dat iemand agter die skietwal lê en wag tot daar klaar geskiet is om na die teiken te kyk nie. Daai koeël gaan net waar hy wil as hy iets tref