Page 1 of 1

Lynx 2.5-10x56

Posted: Mon Dec 05, 2011 9:53 pm
by Johan04
Ek besit so 'n telleskoop.Ek vermoed daar moet 'n fout met hom wees.As ek in die nag deur hom kyk bv op 'n bakoor,dan is dit of die oe blur. Ek kan maar aan die paralax stel na alle kante, die oe bly geblure.Ek het ook 'n probleem om diere in die nag uit te ken so van +_ 200m af.Meeste van die tyd moet ek op so 'n afstand maar op hul gedrag probeer uitmaak war dit is. Die vergroting is altyd op 9 gestel.
Enige raad wat ek kan volg om seker te maak hy werk efektief sal waardeer word.
Ek het nieĀ  'n probleem in die dag nie en ook nie met akuraatheid nie.
Enige raad?

Groete

Johan

Re: Lynx 2.5-10x56

Posted: Tue Dec 06, 2011 7:30 am
by Skolla
Johan04 wrote: As ek in die nag deur hom kyk bv op 'n bakoor,dan is dit of die oe blur. Ek kan maar aan die paralax stel na alle kante, die oe bly geblure.Ek het ook 'n probleem om diere in die nag uit te ken so van +_ 200m af.Meeste van die tyd moet ek op so 'n afstand maar op hul gedrag probeer uitmaak war dit is. Die vergroting is altyd op 9 gestel.
Enige raad wat ek kan volg om seker te maak hy werk efektief sal waardeer word.
Ek het nieĀ  'n probleem in die dag nie en ook nie met akuraatheid nie.
Ek vra maar net omdat jy dit nie hier noem nie.
Werk die vokus reg of is dit reg gestel spesifiek vir jou o??
Sorry moet vokus so spel anders wil hy nie die woord wys nie?

Re: Lynx 2.5-10x56

Posted: Tue Dec 06, 2011 7:43 am
by Johan04
Skolla

Die scope is net soos hy van die winkel afkom. Soos ek gese het,ek kan maar aan die fokus knop stel,vanaf 50 tot 500,maar ek kan nie 'n verskil sien nie.Ek het eenmaal deur ek dink 'n viper scope gekyk en aan die fokus gestel en kon die verkil duidelik sien.

Is daar iets wat ek kan doen om te kyk of hy werk of is dit terug na die handelaar?

Johan

Re: Lynx 2.5-10x56

Posted: Tue Dec 06, 2011 7:48 am
by Vosman
Johan, ek ken nie die scope nie, maar soos Skolla se, is die fokus reg gestel?
Die paralaks is gewoonlik voor op die teleskoop of aan die kant, en die fokus agter by jou oogstuk wat jy kan draai?
Laat weet of dit help.

Groetnis

Re: Lynx 2.5-10x56

Posted: Tue Dec 06, 2011 7:53 am
by Danie01
Johan

Ek het so teleskoop met die IR. Myne sien n mens duidelik n verskil wanneer jy die paralaks stel. Ek glo ook die probleem is by die fokus. Verstel bietjie jou fokus by die oogstuk en as jy daarna nie helderheid kry nie, moet jy hom terugvat na handelaar toe.

Ek sien heel aanvaarbaar in die nag en dag met die scope, al wanneer die ding regtig dof is, is wanneer ek paralaks op 20m stel en op 300m wil kyk.

Hoop jy kry hom reg, dit n lekker scope daai.

Groete
Danie

Re: Lynx 2.5-10x56

Posted: Tue Dec 06, 2011 7:58 am
by Geno
Is dit 'n IR scope? Partykeer kan die illumination te skerp wees en jou oog rondneuk.....

Re: Lynx 2.5-10x56

Posted: Tue Dec 06, 2011 8:02 am
by Danie01
Geno

Stem saam met jou daar. As dit dalk IR is moet hy kyk of hy nie die liggie te helder aansit nie, daai liggie wil netnet brand in die aand.

Johan, hoe maak die scope in die dag?

Re: Lynx 2.5-10x56

Posted: Tue Dec 06, 2011 9:15 am
by Johan04
Dit is 'n IR scope,maar ek gebruik dit nie. Ek is nou by wat julle bedoel met die fokus. As die fokus uit is,is die paralaks nie veronderstel om nog altyd te werk nie. Gaan hom sommer nou bekyk en as ek weer in die nag uitgaan sal ek hom toets en kom se wat ek regekry het.

Johan

Re: Lynx 2.5-10x56

Posted: Tue Dec 06, 2011 11:58 am
by Dawie D
Johan04
As al daai dinge wat die manne se nie wil werk nie stel ek voor jy gaan maak n draai daar by "spec savers" :angel: ;D ;D
Sterkte

Re: Lynx 2.5-10x56

Posted: Tue Dec 06, 2011 3:36 pm
by Flip Nel
Maak seker jou focus is reg vir jou oog, ek het 'n 3 - 9 x 42 Lynx en toe ek een aand gaan skied sien ek hy blur, na baie kopkrap het ek agter die focus ingedraai en skielik is hy reg, ek het later uitgevind 'n pel wat die geweer geleen het het met die scope gespeel. my scope het nie 'n paralaks verstelling op nie

Re: Lynx 2.5-10x56

Posted: Tue Dec 06, 2011 3:55 pm
by Johan04
Dawie,my oe is nog sommer piekfyn :laugh:
Ek het die fokus gestel en dinge lyk klaar beter,nog net die toets in die aand.

Dankie manne

Johan

Re: Lynx 2.5-10x56

Posted: Sat Dec 17, 2011 8:33 am
by Janjak
Johan,
as jy hom wil instuur Lynx toe vir n diens laat my weet dan reel ek dit vir jou.

PM my gerus dan help ek jou.

Jannie

Re: Lynx 2.5-10x56

Posted: Sun Dec 18, 2011 8:04 pm
by grumpy
Ek het ook die 3-9x42 Lynx. Ek wou eers van hom ontslae raak en n groter vergroting kry maar ek hou maar by hom. Baie lekker scope.