Page 1 of 1

Is die CFR oop? En besig met Lisensies prosesseer?

Posted: Sun Apr 19, 2020 10:31 am
by tomgouws
More

Weet enige iemand of die CFR besig is met hul werk?

Sit in afwagting en wag vir 3 aansoeke...

Re: Is die CFR oop? En besig met Lisensies prosesseer?

Posted: Sun Apr 19, 2020 10:44 am
by andre007
Tom. Ek glo amper nie. Die wat die aanlynskakel gebruik sê dat die statuse stilstaan. Die inbelnr werk ook nie, ek weet vir n feit dat die staatsdrukkers n issue het daarom kry ons nie ons kaartjies nie

Re: Is die CFR oop? En besig met Lisensies prosesseer?

Posted: Sun Apr 19, 2020 2:23 pm
by BigBoreFanatic
Ons s'n werk ja! My goedkeuring sms gekry net voor lock down en net daarna weer sms om kaartjie te gaan haal. Wat ek toe gedoen het en hulle in hulle kantoor met hulle werk soos altyd gekry het.

Re: Is die CFR oop? En besig met Lisensies prosesseer?

Posted: Sun Apr 19, 2020 3:05 pm
by Willem Grobler
Bigborefan jy is n gelukkige man! Ons DFO se no lui net maar nou het jy my en n paar ander manne weer moed gegee om te bel Maandag!!!

Re: Is die CFR oop? En besig met Lisensies prosesseer?

Posted: Sun Apr 19, 2020 4:08 pm
by Johan Nel
Kyk maar op SAPS se webwerf as jy wil monitor. Ek wag self vir 'n bevoegdheid hernuwing tesame met 'n nuwe aansoek vir 'n geweer.
Ons DFO kantore is toe is Glo toe hier by ons tydens die lockdown, maar ek sien daar is beweging met my proses aanlyn.

Re: Is die CFR oop? En besig met Lisensies prosesseer?

Posted: Sun Apr 19, 2020 9:57 pm
by Parker
CFR is aan die gang. Net met verminderde personeel so als gaan aan maar op n slakkepas. Het Donderdag by my DFO navraag gedoen oor iemand se Competency wat net die vorige dag stil gestaan het volgens SAPS se website. Hul kon sien daar was daaraan "gewerk" op Donderdag en sowaar daar wys dit toe Vrydag oggend dis goedgekeur.

Re: Is die CFR oop? En besig met Lisensies prosesseer?

Posted: Mon Apr 20, 2020 12:46 pm
by andre007
Klink na goeie nuus, met die Dfo's wat toe is, onthou hulle is Firearms,liquor and second hand goods dws hulle is uitgeplaas na padblokades ens. oor die tyd. Wat my bekommer is die gemors met ons staatsdrukkers, gaan ons kaartjies kry?

Re: Is die CFR oop? En besig met Lisensies prosesseer?

Posted: Mon Apr 20, 2020 1:48 pm
by Forester
andre007 wrote: Mon Apr 20, 2020 12:46 pm Klink na goeie nuus, met die Dfo's wat toe is, onthou hulle is Firearms,liquor and second hand goods dws hulle is uitgeplaas na padblokades ens. oor die tyd. Wat my bekommer is die gemors met ons staatsdrukkers, gaan ons kaartjies kry?
Wat is aan die gang by die staatsdrukkers? Ek wag vir 2 kaartjies...

Re: Is die CFR oop? En besig met Lisensies prosesseer?

Posted: Mon Apr 20, 2020 4:51 pm
by andre007
Forester. Hierdie is aan my gestuur. https://citizen.co.za/premium/2269225/l ... os-reigns/

Re: Is die CFR oop? En besig met Lisensies prosesseer?

Posted: Mon Apr 20, 2020 5:00 pm
by Forester
Baie dankie, waardeer!

Re: Is die CFR oop? En besig met Lisensies prosesseer?

Posted: Tue Apr 21, 2020 1:31 pm
by sako 30-06
So hoe doen ek my lisensie wat in September verval?

Re: Is die CFR oop? En besig met Lisensies prosesseer?

Posted: Tue Apr 21, 2020 1:52 pm
by andre007
sako 30-06 wrote: Tue Apr 21, 2020 1:31 pm So hoe doen ek my lisensie wat in September verval?
Jou DFO se nie-uniform personeel behoort op kantoor te wees....met n bietjie luck!!

Re: Is die CFR oop? En besig met Lisensies prosesseer?

Posted: Tue Apr 21, 2020 3:28 pm
by sako 30-06
andre007 wrote: Tue Apr 21, 2020 1:52 pm
sako 30-06 wrote: Tue Apr 21, 2020 1:31 pm So hoe doen ek my lisensie wat in September verval?
Jou DFO se nie-uniform personeel behoort op kantoor te wees....met n bietjie luck!!
Dit sal help as hulle is, maar die probleem is hoe print ek my motivering en hoe sertifiseer ek my ID ens?

Re: Is die CFR oop? En besig met Lisensies prosesseer?

Posted: Tue Apr 21, 2020 3:51 pm
by andre007
sako 30-06 wrote: Tue Apr 21, 2020 3:28 pm
andre007 wrote: Tue Apr 21, 2020 1:52 pm
sako 30-06 wrote: Tue Apr 21, 2020 1:31 pm So hoe doen ek my lisensie wat in September verval?
Jou DFO se nie-uniform personeel behoort op kantoor te wees....met n bietjie luck!!
Dit sal help as hulle is, maar die probleem is hoe print ek my motivering en hoe sertifiseer ek my ID ens?
Daars geen ekstra motiverings vir heraansoeke nie. Daar is n blokkie om iets te gorrel. Die polisiebeamptes of komesaris van ede by julle kan jou kopiee sertifiseer. Jy het die volgende nodig:

2 ID fotos
2 gesertifiseerde kopiee van jou ID
1 gesertifiseerde kopie van die liksens wat verval
1 gesertifiseerde kopie van jou Bevoegdheid sert / kaartjie
1 gesertifiseerde bewys van adres
n A4 bladsy met n foto van jou kluis ; toe, oop en oop wat die ankerpunte wys (sertifiseer sommer)

R70

Laai die heraansoek dokument hier af https://www.saps.gov.za/services/flash/ ... /e518a.pdf

Ek was laas oor die vingers getik toe ek die info soos bo geplaas het, dit is wat ons DFO versoek, ek glo dit sal oral dieselfde wees. Maak seker oor jou bevoegdheid. Vir die manne wat 10 jaar terug n liksens voor aansoek gedoen het se bevoegdheid behoort ook no due te wees, maak seker n man vergeet daarvan.

Ek en my vrou het nou onlangs n hele paar gedoen, goedgekeur sonder probleme.

Re: Is die CFR oop? En besig met Lisensies prosesseer?

Posted: Tue Apr 21, 2020 4:29 pm
by Gawie(13mm)
Dankie Andre007.
Ek wens ek het die inligting 'n 3 maande terug gehad toe ek moes her-aansoek doen. Ek het omtrent rond geskarrel, maar as ek jou lysie gehad het so dit sommer net 'n oogwink gewees het.
Indien jy 'n endorsement van jou jagter-vereniging het wat dieselfde sê as die "lyntjie" waar jy gorrel, is jou kop deur.

Re: Is die CFR oop? En besig met Lisensies prosesseer?

Posted: Tue Apr 21, 2020 5:02 pm
by sako 30-06
Dankie Andre, my DFO gee presies dieselfde lysie.
Al verskil is hulle soek n motivering, anders aanvaar hulle nie die aansoek nie.

Ek wonder ook wat gaan mey sportskiet gebeur, want volgens die nuus gaan daar nie enige groot byeenkomste toegelaat word nie.
So dit beteken geen sa jagters skietdae nie, wat beteken die 3 vereiste skietaktiwiteite gaan nie kan gebeur nie.

Re: Is die CFR oop? En besig met Lisensies prosesseer?

Posted: Tue Apr 21, 2020 5:09 pm
by Gawie(13mm)
sako 30-06 wrote: Tue Apr 21, 2020 5:02 pm Dankie Andre, my DFO gee presies dieselfde lysie.
Al verskil is hulle soek n motivering, anders aanvaar hulle nie die aansoek nie.

Ek wonder ook wat gaan mey sportskiet gebeur, want volgens die nuus gaan daar nie enige groot byeenkomste toegelaat word nie.
So dit beteken geen sa jagters skietdae nie, wat beteken die 3 vereiste skietaktiwiteite gaan nie kan gebeur nie.
Dit is juis hier waar die endorsement inkom!!

Re: Is die CFR oop? En besig met Lisensies prosesseer?

Posted: Tue Apr 21, 2020 6:19 pm
by andre007
Plesier julle. Hier by ons ruk hulle alles van die aansoek af wat nie op daai lysie is nie. Lykmy almal is nie op dieselfde standaard nie. Sako. Ek het skoon vergeet om die Annexure A dokument se skakel hier te plaas, dis by punt 6 waar die gorrel inkom. https://firearmmotivations.co.za/wp-con ... A-381a.pdf

Re: Is die CFR oop? En besig met Lisensies prosesseer?

Posted: Wed Apr 22, 2020 8:49 am
by Antondup
andre007 wrote: Tue Apr 21, 2020 1:52 pm
sako 30-06 wrote: Tue Apr 21, 2020 1:31 pm So hoe doen ek my lisensie wat in September verval?
Jou DFO se nie-uniform personeel behoort op kantoor te wees....met n bietjie luck!!
andre007 DFO's is ook uit kantoor gedurende die lockdown en neem geen aansoeke in nie, CFR werk ook net aan aansoeke wat ontvang is voor die lockdown. Sako 30-06 as jou lisensie eers in September verval het jy nog genoeg tyd na die lockdown om te gaan indien, met groot hoop dit word nie nog verleng nie. Maak net altyd seker as jy daar was en die DFO nie daar was nie om net n bewys of verklaring te kry dat dit nie moontlik was om in te dien omdat jou DFO nie op kantoor was nie.

Re: Is die CFR oop? En besig met Lisensies prosesseer?

Posted: Wed Apr 22, 2020 11:03 am
by saswart
Nee sommige van jul kerels is gelukkig. My wapen sit al vas by CFR sedert 03/03/2020 (ingedien middel Des) sonder enige beweging. Ek kyk so elke 3de dag of so op SAPS se website. Hopelik sal hul na myne kyk aangesien dit al ontvang was voor lockdown...

Ek glo ook dat as jy een van daai ongelikkige manne is wat se 90 dae tydperk vir heraansoek verstryk gedurende lockdown dat hul soos met motorvoertuig lisensies tegemoetkomend sal wees.

Re: Is die CFR oop? En besig met Lisensies prosesseer?

Posted: Wed Apr 22, 2020 11:46 am
by Willie
Julle is nog baie gelukkig. My aansoek om hernuwing is gedoen soos Andr007 hier be beskryf. Dit het terug gekom met "onvoldoende motifering" en ek moes jaguitnodigings by sit. Daarna staan my hernuwing stil by CFR ( vanaf 1/7/2019) en my DFO se ek moet maar net wag !

Re: Is die CFR oop? En besig met Lisensies prosesseer?

Posted: Wed Apr 22, 2020 12:39 pm
by andre007
Dit slaan mens stom hoe verskillende DFO's dieselfde wet en proses kan aanpas.

Re: Is die CFR oop? En besig met Lisensies prosesseer?

Posted: Wed Apr 22, 2020 8:00 pm
by LouisR
Daar is nota op by ons DFO in Silverton dat hul eers na die opheffing van lock-down oop sal wees vir publiek.