Page 1 of 3
Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Posted: Fri Apr 17, 2020 12:41 pm
by FHM
Manne,
ek het nog nie baie voorgesit in my tyd nie - ek stap ook maar meeste van die tyd of bakkie jag as die bos te dig is vir stap.
Ek moet nou oor die naweek n vark maar veral 'n kudu vir n ou oom op die plaas naby my gaan skiet en ek kan net voorsit, dis hopeloos te ruig met doringbos om te stap.
Dus wil ek net 'n indikasie kry van watter tyd van die dag julle voorsitters wat weet ag die beste te wees, asseblief.
Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Posted: Fri Apr 17, 2020 12:52 pm
by Mellies
Ek dink dit hang baie af van die bedrywighede op die plaas self waarby diere gewoonlik gewoontes aanpas.
Sou alles heel normaal wees dink ek laatmiddag voor sonop werk vir my beter as vroegoggend. Bygesê vroegoggend was ook al goed vir my...
Met `n vleisie...
Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Posted: Fri Apr 17, 2020 12:58 pm
by DWB
Ek het so ruk terug gelees die groot bulle drink tussen 12 en 2 water in die middag, en dit toe nou so rukkie dopgehou op plase, mens sien hulle wragtig dan beweeg!
Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Posted: Fri Apr 17, 2020 1:05 pm
by FHM
Die voorsitpunt is ver weg van die plaashuis af (so 8 Km) en dis beesplaas. Daar is nie bedrywighede soos landbou met toerusting wat rondbeweeg in die dag nie. Dus is dit n 'stil punt'. Op die stadium lyk dit dan volgens die poll of ek 16h00 uur maar kan ry en so teen 17h00 gaan sit. Dit raak so van 19h00 af uur donker met 19h30 skiet-lig verby. Dus indien ek n kans sou kry sal dit tussen 18-19h15 moet wees.
Dankie sover manne.
Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Posted: Fri Apr 17, 2020 1:09 pm
by Malan123
Hang van baie faktore af. Kondisie van veld. Water. Terrein. Voorsit punt.
Persoonlik sou ek albei op 1 dag probeer het indien jy die tyd het. Jy sal vinnig agter kom wanneer hulle die meeste beweeg. Uit my baie min ondervinding loop die groot bulle vroeg oggend en na donker in die aand
Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Posted: Fri Apr 17, 2020 1:14 pm
by Supacow
My geld is op 10h-12h ini oggend
Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Posted: Fri Apr 17, 2020 1:20 pm
by FHM
Dankie sover manne.
Die veld kondissie is baie goed - gras staan heup hoogte. Die terrein is plat, bosveld met baie bome. Dis egter die enigste gronddam in daai kamp, daar is verder Noord n krip en windpomp maar die bees is aanmekaar daarso en ek weet kudu hou nie daarvan om met bees te meng / of in bees se onmiddelike omgewing te wees nie. Die ou man het laat weet hy het gaan kyk vanoggend en daar is vars spore - so hulle kom kuier, maar hoe laat is die vraag. Sal hom vanaand se om n 'game-cam' aan te skaf, dan kan mens hulle kom en gaan beter leer ken.
Ek het so paar jaar terug by Flip (lid) anderkant Otavi ook voorgesit en rondom 00:00 het die kudus ingekom lek en sout toe.
Lyk my ek sal gelukkig wees om tussen 17 en 19h30 n kudu te kry. Sal probeer en dan more-oggend 4 uur opstaan om 5 uur weer te sit, raak 06:15 lig.
Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Posted: Fri Apr 17, 2020 1:21 pm
by FHM
Supacow wrote: Fri Apr 17, 2020 1:14 pm
My geld is op 10h-12h ini oggend
Verduidelik asb hoekom jy so se?
Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Posted: Fri Apr 17, 2020 1:28 pm
by Malan123
Ai daai groot bulle is hel skelm met hoofletter F. Game cam gaan baie help.
Tyd in die veld gaan maar jou beste opsie wees. Sit so lank as moontlik so baie keer as moontlik. Vroeg oggend en laat middag.
Mens sien daai menere gewoonlik wanneer jy dit die minste verwag. As dit nie opsie is nie kyk na soutlekke, lemoene ens indien moontlik.
Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Posted: Fri Apr 17, 2020 1:31 pm
by SakoTrippel2
Al wat ek kan sê is hulle is mal oor die eerste oggend sonnetjie. Die rante wat die son eerste tref in die oggend is waarop ek my geld sit. Dws tyd vanaf 5:30 tot so 8uur.
Edit* Ekt nie mooi gelees oor die terrein nie. Sien nou dis redelike plat en bosveld. Dus is my stelling ongelukkig nie van toepassing op die geval nie.
Groete
Frans
Sent from my SM-A505F using Tapatalk
Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Posted: Fri Apr 17, 2020 1:33 pm
by FHM
Ek verstaan daar is 'n soutlek by die grondam vir hulle. Sal 2 sakke lemoene koop en vanmiddag gou een sak plaas om die lek. As niks inkom voor donker nie sal more-oggend kyk watse bedrywighede daar was en die ander sak plaas en more-namiddag gaan loer.
Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Posted: Fri Apr 17, 2020 1:34 pm
by Basjan123
As die kamp stil sal hulle nie regtig by tye hou nie. Ons braai altyd by die Kraal op die warmste van die dag by ons in die veld. Toe daar nog bees was en selfs daar sonder het ons gereeld groot bulle teen so plat draad 600/800 m van waar ons braai sien wei juis in die middel van die dag. Ek sal my geld op die laat middag sit. Jy moet net versigtig wees waar jy jou voertuig gaan stop en hoe ver jy gaan stap na die voorsit plek toe. indien jy ver moet loop gaan bietjie vroeer , jy wil nie in die Koedoes vas loop nie. Jy maak my nou so lus om net te gaan voorsit dis net nie waar nie..............!!
Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Posted: Fri Apr 17, 2020 1:36 pm
by Lategan1
Goeie vraag, seker ook relatief tot streke en jagters se eie ervaring. Beslis is dit ook relatief tot die tyd van die dag wanneer die meerderheid jagters gereed is om hieroor ‘n werklike objektiewe waarneming te maak. Ons hou mos van inlê!
In die koue Karoo bv. is beslis min jagters om 5-uur op om op koue wintersoggende na sitplek te beweeg. Maar na 4-00 nm.(eintlik 3-uur) is dit weer algemeen om bokke raak te loop voor sononder, want die jagters is meer gereed hierdie tyd van die dag. Volgens my staan bokke meer stil op koue oggende en wag vir die sonstrale, maar staan dalk op goeie skietplekke!
Ek sien uit na die antwoord.
Beste.
Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Posted: Fri Apr 17, 2020 1:43 pm
by Supacow
10h was die tyd toe diere begin inkom het uit my min ondervinding van hidesit.
As dit ek was het ek 10-14h gesit mits jy 4 ure niksdoen geduld het
Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Posted: Fri Apr 17, 2020 2:28 pm
by FHM
Basjan123 wrote: Fri Apr 17, 2020 1:34 pm
As die kamp stil sal hulle nie regtig by tye hou nie. Ons braai altyd by die Kraal op die warmste van die dag by ons in die veld. Toe daar nog bees was en selfs daar sonder het ons gereeld groot bulle teen so plat draad 600/800 m van waar ons braai sien wei juis in die middel van die dag. Ek sal my geld op die laat middag sit. Jy moet net versigtig wees waar jy jou voertuig gaan stop en hoe ver jy gaan stap na die voorsit plek toe. indien jy ver moet loop gaan bietjie vroeer , jy wil nie in die Koedoes vas loop nie. Jy maak my nou so lus om net te gaan voorsit dis net nie waar nie..............!!
Dankie Basjan, ek kan die bakkie so 1 km weg van die punt stop en dan potifar ek verder.
Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Posted: Fri Apr 17, 2020 2:32 pm
by FHM
Supacow wrote: Fri Apr 17, 2020 1:43 pm
10h was die tyd toe diere begin inkom het uit my min ondervinding van hidesit.
As dit ek was het ek 10-14h gesit mits jy 4 ure niksdoen geduld het
Thanks, ek vat n boks geel-ryp maroelas ook saam (ruik tog te lekker) en gaan dit ook vanaand plaas voor ek gaan sit. Ek gaan beslis more-oggend weer uit voor sonop en sal kyk hoe lank hou my geduld. Hier van 09:00 am gaan gaan ek begin braai in daai voorsit toring.
Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Posted: Fri Apr 17, 2020 3:07 pm
by wynis
Supacow wrote:10h was die tyd toe diere begin inkom het uit my min ondervinding van hidesit.
As dit ek was het ek 10-14h gesit mits jy 4 ure niksdoen geduld het
Ek stem saam met die advies. Op warm dae wanneer jagters baie keer gaan middag ete eet en rus vir ‘n laat middag sessie, het ek al gereeld Koedoes sien stap om water te gaan drink.
Ander advies oor tyd in die veld maak ook baie sin.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Posted: Fri Apr 17, 2020 3:11 pm
by wynis
Op ‘n ander noot. Op plase waar daar groot jag druk is, pas groot en uitgeslape Koedoe bulle aan en word hulle amper eksklusief nag diere. Dit klink nie of dit die geval sal wees op die plaas nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Posted: Fri Apr 17, 2020 3:29 pm
by PWV
Francois
As jy by 'n waterpunt voorsit, is laatmiddag tot amper donker die beste tyd en in baie gevalle kom hulle nog later drink. Dit het ek al talle kere ervaar.
Geniet jou jag!
Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Posted: Fri Apr 17, 2020 3:32 pm
by Wouter Roets
Cois
As jy my vandag vra wat is die beste tyd dan gaan my antwoord wees enige wetterse tyd eerder as wat ek hier by die huis sit!
Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Posted: Fri Apr 17, 2020 4:10 pm
by Malan123
Moeite is wat daai bul na jou toe gaan bring.
Skiet asb nou more daai ding en kom skryf 'n opstel hier oor hoe jy daai voorsit plek 100% regverdig bekruip het, in die donker oggend

Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Posted: Fri Apr 17, 2020 4:15 pm
by wynis
Wouter Roets wrote:Cois
As jy my vandag vra wat is die beste tyd dan gaan my antwoord wees enige wetterse tyd eerder as wat ek hier by die huis sit!
Amen vir daai kommentaar
Sent from my iPad using Tapatalk
Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Posted: Fri Apr 17, 2020 4:17 pm
by JPS
Net so Wouter.
Francois, onthou tog samblief die kamera. Dit is sieldodend hier in die stad. Veral as mens nou ‘n langnaweeo jagtrip al erloor het agv lock down.
Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Posted: Fri Apr 17, 2020 4:29 pm
by Supacow
Malan123 wrote: Fri Apr 17, 2020 4:10 pm
..... hoe jy daai voorsit plek 100% regverdig bekruip het, in die donker oggend

Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Posted: Fri Apr 17, 2020 5:32 pm
by Frederik
Koedoe bulle raak baie slim hulle sal daar by die water staan net buite sig en wag dat iets anders gaan drink rooibok of vark hy sal hulle dophou en kyk of hulle iets gewaar en as hulle veilig daar gesuip het net dan sal hy inkom.
As ek jy was sou ek heeldag daar sit met kamera en lekker geniet wat gebeur maar sit maar liewers by water en hou die wind dop.
On kan gou plekke ruil as jy wil?