Page 1 of 1

In die mark vir roeper

Posted: Mon Dec 05, 2011 9:42 am
by Hugo
More manne, eks in die mark vir n caller, waai een koop ek? Ek weet foxpro, mar eks op n budget, so waai een is die cheapste en waar is hulle die cheapste?

Re: In die mark vir roeper

Posted: Mon Dec 05, 2011 9:57 am
by Armand Steenkamp
Ek dink die spitfire is die goedkoopste. Ek soek self ook, moet net eers geld in die hande kry!

Re: In die mark vir roeper

Posted: Mon Dec 05, 2011 10:29 am
by Geno
Hugo,

Jy gan niks meer as 'n Spitfire nodig he nie. Jy kyk na R1800.00 na R2000.00 (by Safari & outdoor) vir die roeper.
Ek gebruik nie herlaaibare batterye nie, want ek vertrou hulle nie. Ek gebruik Energizer Ultimate Lithium AA batterye. 4 van hulle vir +-R100.00, en dan nog die 9V batterytjie vir die remote- +-R45.00
Dan moet jy nog klanke koop. CD's is om- en by R250.00 elk. Jy kry ook 'n uitstekende CD as jy Oom Heirich se gevorderde kursus bywoon, koste is +-R1000.00 vir die kursus.
Lightforce 170RMSM spotlight - R1900.00
Henk Ellis Dimmer - +-R400

So as jy al daardie goed aanskaf en die kursus bywoon kan jy jouself regmaak vir +-R6000.00

Groete,
Eugene

Re: In die mark vir roeper

Posted: Mon Dec 05, 2011 10:43 am
by Hugo
Liewe ouers, ek gan nog moet spaar, jy gan dan my die kursus aanbied op Wildevy Krans, het jy dan vergeet?

Re: In die mark vir roeper

Posted: Mon Dec 05, 2011 11:38 am
by Armand Steenkamp
Joh daais 2 maande se pay :o en ek moet nog skietstoel bou ook! Ek hen n man wat glo vir my n spitfire kan orgenize vir R1400. Maar bygese die persoon is bekend vir dieĀ  bollie wat hy praat

Groetnis

Re: In die mark vir roeper

Posted: Mon Dec 05, 2011 11:43 am
by Gerhard
Hugo wrote: Liewe ouers, ek gan nog moet spaar, jy gan dan my die kursus aanbied op Wildevy Krans, het jy dan vergeet?
Jy het n goeie kursus 2 naweke terug gemis by S&O in Pta.

Re: In die mark vir roeper

Posted: Mon Dec 05, 2011 11:45 am
by Geno
Armand Steenkamp wrote: Ek hen n man wat glo vir my n spitfire kan orgenize vir R1400.
Ek kan ook 'n Spitfire kry vir R1300.00, maar as hy breek moet ek self die waarborg dra en hom terugstuur Amerika toe. Nie die moeite werd vir my nie.

Re: In die mark vir roeper

Posted: Mon Dec 05, 2011 11:45 am
by Geno
Gerhard wrote: Jy het n goeie kursus 2 naweke terug gemis by S&O in Pta.
Ek stem saam. Daai kursus was baie lekker.

Re: In die mark vir roeper

Posted: Mon Dec 05, 2011 4:12 pm
by Raven
Geno,

Ek skiet al 2jaar lank op 2x 8 rechargeble battery sets - geen probleem.

P.s. Hugo, moet nie vergeet van 'n ordentlike skietstoel - R6000- R8000

Raven

Re: In die mark vir roeper

Posted: Mon Dec 05, 2011 6:19 pm
by Pvdw
Spitfire is wat jy kort.

Hy vat 24 klanke en as beginner weet meeste van ons in elkgeval nie wat om met al daai klanke te doen nie ;) ;)

Peet

Re: In die mark vir roeper

Posted: Mon Dec 05, 2011 7:03 pm
by tafjak
Peet
Hy vat 24 klanke en as beginner weet meeste van ons in elkgeval nie wat om met al daai klanke te doen nie
..............en ook na 8+jare weet ek ook nie!

Re: In die mark vir roeper

Posted: Tue Dec 06, 2011 10:46 am
by Jassie
Peet en Taffie

Julle laat my sommer nou sommer stukke beter voel.

Groete
JAS

Re: In die mark vir roeper

Posted: Fri Dec 16, 2011 4:30 pm
by Hugo
Daars nie 1 enkele foxpro op S&O se rakke nie, moet se ek was teleurgesteld, asook geen Howa's Fluted barrels nie. Ek hoop hulle kry stock, want vandag het ek geld gehad om uit te gee en eks net so met dit huis toe,