Page 1 of 6
Geweerkolf
Posted: Sat Nov 21, 2009 12:00 pm
by Freddie101
Almal
Ek dink daaraan om vir my n ander kolf vir my .243 Musgrave te kry. (Lyttleton RSA ). Weet iemand waar kan mens n goeie gelamineerde of sintetiese kolf kan kry wat sal pas. As daar goeie raad is laat maar weet.Moet n geweersmid dit doen of is dit nie nodig nie.
Freddie
Re: Geweerkolf
Posted: Sat Nov 21, 2009 12:23 pm
by Cois
Freddie
In Bloemfontein is n oom Hennie wat kolwe maak, jy kan hom dalk n luitjie gee. Sy nom is 051 446 1220. Ek het een van sy kolwe gekoop maar nog nie opgesit nie( wag nog vir n loop vir my 243). Taffie het hom gesien en kan maar se wat hy dink.
Sterkte
Cois
Re: Geweerkolf
Posted: Sat Nov 21, 2009 12:40 pm
by tafjak
Freddie
Die kolf wat Cois het is regtig 'n mooi en praktiese kolf. Dit is varminter-tipe(lekker wyd voor vir die skietstoel en sandsak).
Moenie jou jagkolf tot niet maak nie. Ek soek weer so-iets vir 'n maat van my.
Re: Geweerkolf
Posted: Sun Nov 22, 2009 11:02 am
by Robert
Freddie.
Ek het 2 hout kolwe vir die RSA aksie.. Die kolwe was bisley kolwe{ plank geweer}. Een is die gewone reguit kolf en die ander met 'n duimgat. Hulle is lekker breed en plat op die voorhand greep. Sou jy belang stel, gee my 'n skree
Robert
Re: Geweerkolf
Posted: Mon Nov 23, 2009 7:06 am
by Freddie101
Cois en Robert
Dankie. Sal laat weet.
Freddie
Re: Geweerkolf
Posted: Mon Nov 23, 2009 8:49 am
by Francois Marais
Freddie
http://www.armtec.co.za/
Check die site uit, baie goeie kolwe, nie te duur, en jy kan dit laat bou soos jy wil, absoluut eindloos die opsies, Ja3 het n kolf van hulle op daai 243 wat so mooi gooi. Ek het 5 van hulle kolwe op verskeie gewere van my, en die enigste kolf wat my 500 A-Square nie stukkend geskop kry nie.
Mooi loop
Francois
Re: Geweerkolf
Posted: Mon Nov 23, 2009 11:25 am
by Ja3
FM
Deesdae is dit 'n kopseer om hulle in die hande te kry.
Ek het al amper moed opgegee.
Dis baie jammer..
Aanhouer wen seker.
Ja3
Re: Geweerkolf
Posted: Mon Nov 23, 2009 11:38 am
by Francois Marais
Ja3
Hulle het baie probleme gehad in die verlede met lyne en kabels wat gesteel was en so aan......
Het altyd BAIE goeie diens van hulle af gekry, Daleen was altyd bereid om daai ekstra bietjie te doen.
Mooi loop
Francois
Re: Geweerkolf
Posted: Mon Nov 23, 2009 12:41 pm
by Gerhard
My 500 Jeff se kolf laat maak deur Armtec.
Is regtig bakgat. En sal beslus ander kolwe laat maak by hulle. Veral vir daai plat skiet roer wat ek nog moet kry...
Re: Geweerkolf
Posted: Mon Nov 23, 2009 12:56 pm
by koos
Om vir Chris van Armtec in die hande te kry is 'n probleem. Die telkom lyne bestaan blykbaar nie meer daar nie en die selfoon syne is baie swak. Stuur vir hom 'n SMS en gewoonlik kry hy dit so dag later. Hopelik bel hy jou dan terug. Vodacom is ok nie bereid om vir hom 'n seinversterker op te sit nie.
Re: Geweerkolf
Posted: Mon Nov 23, 2009 2:25 pm
by Ja3
Hello FM
Ek's bewus daarvan.
Verwys meerendeels na direkte selfoon oproepe wat nie beantwoord word nie.
Dink hulle is maar net baaie besig.
koos
My sms'se word ook nooit beantwoord nie, selde eposse ook.
ps.- al bygestaan waar vele oproepe nie beantwoord word.
Ek kraak nie hulle af nie, maar mens kan ook nie so werk nie.
Werk deur 'n geweersmid, dis waarskynlik die beste.
Sy mening is dat hy niks gedoen gaan kry as al die oproepe beantwoord word nie..wat seker waar is.
Re: Geweerkolf
Posted: Mon Nov 23, 2009 3:13 pm
by Janjak
Ek sien Safari & Outdoor het heelwat gelamineerde blanks ingekry.
Ook dalk n opsie?
Re: Geweerkolf
Posted: Mon Nov 23, 2009 5:21 pm
by Mac
Vir die manne wat kolwe soek, moet nie ons eie Beyers te vinnig aflag nie, die kerel bou nogal mooi goed, kyk na die fotos wat hy geplaas het. Ek het by hom n' kolf vir my 9.3*62 laat bou, en hy pas my soos n' droom, die outjie le eintlik self aan, ek moet maar net die sneller druk.
Groete,
Mac.
Re: Geweerkolf
Posted: Tue Nov 24, 2009 8:18 am
by Freek
Sir Mac, ek was bietjie daar op Beyers se site en dit is nogal indrukwekkend wat die man doen. Droooooling stuff!

Re: Geweerkolf
Posted: Tue Nov 24, 2009 8:23 am
by Gerhard
Freek,
Sit asb link op sodat ons kan sien....

Re: Geweerkolf
Posted: Tue Nov 24, 2009 8:45 am
by Freek
Re: Geweerkolf
Posted: Wed Nov 25, 2009 12:19 pm
by Beyers
Watch this space!
Ek sal netnou 'n foto van 'n 243 wat ek nounet klaar gepolish het plaas
Beyers
Re: Geweerkolf
Posted: Wed Nov 25, 2009 12:28 pm
by Danie01
Ek maar n dom ou as dit kom by geweerkolwe. Ek wil hoor as ek n nuwe kolf laat maak of opsit, gaan die duim gat my n beter groepering gee of is die gat maar net gemakliker? As ek n kolf laat maak, maak hul dit volgens jou lengte (arms, ens.) of is n kolf se lengtes standaard?
Die vrae klink seker simpel, maar weet regtig nie. Hoop daar is iemand wat my kan reghelp!
Danie
Re: Geweerkolf
Posted: Wed Nov 25, 2009 12:43 pm
by Freek
Beyers, miskien sal dit goed wees as jy vir ons 'n prys lys kan verskaf asook 'n aanduiding van watter tiepe kolwe jy alles maak en dan ook die opsies wat beskikbaar is op die materiaale wat jy gebruik byvoorbeeld tiepe hout ens.
Re: Geweerkolf
Posted: Wed Nov 25, 2009 1:01 pm
by Beyers
Danie
Die duimgat gaan nie 'n beter groepring gee nie. Daar is te veel ander faktore, grootste is seker die seskantige ding met 'n gat agter die roer. Die duimgat maak die vashou van die kolf gemakliker op jou pols. Sover dit die mate van die kolwe aangaan, word die kolf volgens jou liggaamsbou gemaak. Die kam van die kolf word omtrent 12 na 15mm (soms meer) gelig, treklengte word gemeet en die kolf kan langer of korter gemaak word om by jou skietstyl aan te pas. Daar is baie dingetjies wat vir jou 'n pasmaak kolf sal maak, maar die geheim is dis PASMAAK. Met alles in ag genome is dit verbasend hoe min die kolwe eintlik verskil as mens die mate begin vergelyk.
Die kolwe wat ek maak is swaarder as gekoopte kolwe wat help met die recoil. Die kolwe is cast off vir regshandiges, wat maak dat jou oog op die middelyn van die kolf en geweer is. Die kam van die kolf word gelig sodat jy 'n konstante "weld" het met jou wangbeen wanneer jy die geweer aanl?.
My 223 wat ek nou bou, moet pas vir my, my vrou en 13 jarige dogter. Die pistoolgreep is al plek waar ek 'n kompromis moes maak om hul kleiner hande te akkomodeer. Die kam is verstelbaar en die lengte van die kolf is verstelbaar. Die kam is beide vertikaal en horisontaal verstelbaar. So wanneer hulle skiet verstel mens net vinnig die groottes met jigs.
Ek hoop dit help
Beyers
Re: Geweerkolf
Posted: Wed Nov 25, 2009 1:11 pm
by Jaco Bezuidenhout
Beyers
Waar is die foto,of het jy dit al geplaas.243kolf
Jaco
Re: Geweerkolf
Posted: Wed Nov 25, 2009 1:44 pm
by Danie01
Dankie Beyers
Ek kry nou n beter idee van wat gedoen word as jy jou kolf laat pasmaak. Ek wil graag bietjie later my kolf op my 243 verander, daar is maar n gewone fabriek een nog op, met geen mooi detail nie. Ek wil nou eers my stoel klaarmaak, alweer stoel bou, maar gelukkig leer mens elke keer.
Dankie vir inligting, word waardeer. Ek hou nog fotos dop van verskillende kolwe, totdat ek presies weet hoe myne moet lyk.
Danie
Re: Geweerkolf
Posted: Wed Nov 25, 2009 2:40 pm
by Freddie101
Almal
Dankie vir die antwoorde. Moes my dogter in Bloemfontein by universiteit gaan haal en het op die ingewing van die oomblik by Cois se Oom hennie n kolf laat opsit. Weet nie of ek oorhaastig was nie. Sal laat weet as ek n bietjie geskiet het. Dit lyk goed sover.
Beyers
Dankie vir die pm. Nou eers gekry na ek teruggekom het.
Groete Freddie
Re: Geweerkolf
Posted: Wed Nov 25, 2009 2:47 pm
by tafjak
Freddie
Jy moet wys hoe lyk darie kolf op die Lyttleton 243.
Re: Geweerkolf
Posted: Wed Nov 25, 2009 2:54 pm
by JACQUES BOTHA
TAFJAK..
OU HENDRIK MAAK MOOI STUKKIES HOUT AANMEKAAR. HY GEBRUIK DAAI MARINEPLY HOUT ENMAAK TANS NET GEALMINEERDE KOLWE OF AS JY N MOOI STUK HOUT HET MAAK HY HOM SOOS JY HOM WIL HE..MAAR EK SIEN DIE IESTERN CAPE MAN BEYERS IS SELF N VOORSLAG MET DIE DINGE..
EK DINK NOG STEEDS DIE BEDDING BLOK IS DIE WENRESEP VIR ALLE ROERE...
OF HOE?
GREETINGS
JB