Page 1 of 3

Tot jou spyt?

Posted: Tue Mar 31, 2020 1:33 pm
by Mellies
Dagsê menere.

Vertel bietjie waaroor is julle spyt asb? `n Roer of glase waarvoor jy nie (dadelik) die fondse gehad het nie, of `n koop waarmee jy geslaap het? Miskien iets wat jy gekoop het en nou spyt is jy het nie na goeie raad geluister nie.

Die idee is nie om `n spesifieke produk/brand/winkel sleg te maak nie. Hou daai maar vir jouself...

Dankie.

Met `n vleisie...

Re: Tot jou spyt?

Posted: Tue Mar 31, 2020 1:34 pm
by Capt. Yoda
Ek en Fransie 222 was so 3 weke terug bq uit om dorp te loop vat, eks spyt ekt nie geweet ons gaan vir 21dae + toe gesluit wees nie dan sou ek vir my daai aand n nester gesoek het

Re: Tot jou spyt?

Posted: Tue Mar 31, 2020 1:36 pm
by Mellies
Die groot winkel het so paar jaar gelede nosler roere in 6.5x284 teen 12k verkoop.

`n Klompie jare gelede het ek `n Rem 700 CDL SF in 30-06 gemis omdat ek geslaap het. R14500, Natnuut. Ek het darem een raakgeloop hier op die forum so paar weke gelede wat my effens beter laat voel.

Met `n vleisie...

Re: Tot jou spyt?

Posted: Tue Mar 31, 2020 1:37 pm
by Supacow
Ek het n moerse steenbok in my scope gehad moes net die sneller druk maar het op daai oomblik nie die boer se toestemming gehad......
Daai was die een wat op my muur moes wees.

Re: Tot jou spyt?

Posted: Tue Mar 31, 2020 1:41 pm
by Mellies
Supacow wrote: Tue Mar 31, 2020 1:37 pm Ek het n moerse steenbok in my scope gehad moes net die sneller druk maar het op daai oomblik nie die boer se toestemming gehad......
Daai was die een wat op my muur moes wees.
Ek het ookal so een beleef met `n steenbok. Dalk nie so groot nie, maar sy kleur was die van `n rooiduiker. Net sy ore het hom weggee. Miskien kan ek hom 1 Mei weer loop soek.

Met `n vleisie...

Re: Tot jou spyt?

Posted: Tue Mar 31, 2020 2:14 pm
by ruaanb
Ek het 'n swak plek vir 'n mooi springbok ram. So paar jaar terug is ons in die Abderdeen area op soek na trek kudus en die volgende oomblik stap daar 'n mnr ram uit agter 'n bos op so +-250 na 300m. Die boer seg hy het nie sulke ramme nie, net trekbokke by hom en as daar nie tag in ore is nie kan ek maar gooi. Ek vat mooi agter die blad want die een moet teen die muur opkom.......gwar....en daar draai die stof onder hom uit en laat waai hy.
Ek het nooit die Eliminator se range knoppie gedruk nie......daai spyt spook nogsteeds by my.

Re: Tot jou spyt?

Posted: Tue Mar 31, 2020 4:15 pm
by Armand Steenkamp
Ek het n 220Swift met n k98 aksie, musgrave loop, boyds thumbhole en gewone houtkolf met 100 norma doppe, dies, Numenor reflex demper, basise, ringe en n Nikko sterling Panamax 4-18x50 scope verkoop aan n pel vir R6000.....
Ek is in my wese in spyt. Elke jaar maak ek weer n offer om die geweer terug te koop maar hy wil niks weet nie. As ek daaraan dink raak ek sommer siek. Was n bitter lekker nagjag geweertjie
Maar nouja
Groetnis

Re: Tot jou spyt?

Posted: Tue Mar 31, 2020 4:18 pm
by Evan94Skilla
Ek is spyt dat ek nie die gewere en glase wat ek graag wou gehaad het gekoop het voordat ek die dag getrou het nie, maar soos hulle sê as jy dom is moet jy maar aan sukkel. :laugh:

Maarrrr aan die ander kant is ek GLAD nie spyt oor my keuse met my vrou nie! ;D ><)

Re: Tot jou spyt?

Posted: Tue Mar 31, 2020 4:26 pm
by wlm
Paar jaar terug toe Hendrik van Rensburg nog by S&O gewerk het druk hy 'n Ruger linkerhand-aksie 375 Ruger met 'n gelamineerde kolf in my hande. Die prys was ook nog baie billik. Toe ek die geweer in my skouer sit en die aksie so met my linkerhand werk toe praat hy met my. Ek het ongelukkig toe pas 'n 3000 WinMag gekoop (ook 'n Ruger) en besluit ek het in elk geval nie nut vir so 'n kaliber nie.
Nodeloos om te se^, ek ek dink nog soms aan die roer.

Re: Tot jou spyt?

Posted: Tue Mar 31, 2020 5:38 pm
by Ratel
Ons buurplaas was n paar jaar gelede in die mark vir 'n tiende wat hulle nou soek. Moes oe toegedruk en gekoop het. Met nogal 'n huis en stoor op met boorgate.

Re: Tot jou spyt?

Posted: Tue Mar 31, 2020 5:44 pm
by Hein M.
Ek het in 2012 my nog feitlik nuwe Musgrave SB .243 verkoop. Nou nog bitter spyt.

:'( :'(

Re: Tot jou spyt?

Posted: Tue Mar 31, 2020 6:22 pm
by Kaalvoetthysie
Het n paar jaar terug in gestem dat my Pa al ons jag gewere en herlaai toerusting verkoop aangesien ek nie meer gejag het nie, twee jaar later toe byt die gogga weer, nou begin ek van voor af...


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Tot jou spyt?

Posted: Tue Mar 31, 2020 6:30 pm
by Jaco V
So 4 jaar gelede se my skoonma ek mag maar die blou-nek-lang-kuif eland bul op die plaas skiet aangesien daar nuwe jong bulletjie aangekom, in die veld gekom sien ek die man doen steeds sy job goed en besluit om hom vir nog 'n jaar te los. Ek doen dit toe so die volgende jaar ook, laasjaar besluit ek dis tyd vir daai bul om kas toe te kom, soek vir 'n week aaneen, kry geen elande op die plaas nie. My swaer bel later om te noem dat hy weet hoekom ek nie elande sien nie......want hulle almal is weg!!!
Kom toe agter die hospitaal kamp vir koeie met kallers wat binne die wildkamp is se wild draad in die hoek het 4 drade af. Dis nie plek waar ons gereeld kom nie dus het niemand dit agtergekom nie. 11 elande so verloor....
EK is elke dag spyt dat ek nie daai bul in die eerste jaar geskiet het nie.

Re: Tot jou spyt?

Posted: Tue Mar 31, 2020 6:37 pm
by BeesBreet
My ouboet het vir my gese as ek n jaar lank ophou rook stiek hy my vir n buffeljag. Nie n oortag buffel op n plasie nie maar n egte “Safari” saam iemand soos Jason Stone in Zambië...

Ek hou 4 maande op en koop n spog 375H&H hier op Jaracal.

Noodloos om te se ek twak weer sterk en die 375 staan en stof op gaar in my kluis.

Spyt dat ek weet begin het met die duiwel se pyle en dat ek die 375 gekoop het.

Kry dit net nog nie oor my hart om die 375 te verkoop nie.

Re: Tot jou spyt?

Posted: Tue Mar 31, 2020 7:25 pm
by Malan123
Een jaar gaan springbokke uitskiet in die kalahari. Skote is op gemiddeld so 350m en die bokke val. Dis vir die mark so alles moet kopskote wees. Kom om die draai gery, staan 'n monster springbok ram so 75m van ons af. Vergeet totaal en al van afstand op daai oomblik en skiet heeltemaal mis.

Ry laas jaar gou draai om drade te check. Oor die bult staan een van daai 1 tonner blou eland bullenmy en kyk in die pad. Skiet eerste skoot tussen horings. Vat laer en skiet 2de skoot ook deur die horings. Het nooit die swaro se Ballistic Turret terug gedraai 100m toe nie!

Albei hierdie bokke gee my nou nog slapelose nagte

Re: Tot jou spyt?

Posted: Tue Mar 31, 2020 7:42 pm
by BenJacobs
So 5 jaar terug voor ek nog behoorlik 'n kudu gesoek het is ons by my oupa op die plaas en ons ry elke dag en soek na wild. Kry niks. Op die laaste dag op die plaas sê my oupa ek en my tannie moet gou sy veld Kamara gaan haal. Ek besluit, die kans dat ons iets gaan kry is 0 so ons los maar eerder die geweer. In die veld gekom en daar staan 5 bulle 30m van my af onder 'n groot kameeldoring. Hulle skrik nie eers nie. So ruk gestaan en toe standing begin draf stap in die son sak in. Tot vandag kan ek hulle voor my sien.

Re: Tot jou spyt?

Posted: Wed Apr 01, 2020 7:02 am
by Geno
Malan123 wrote: Tue Mar 31, 2020 7:25 pm
Ry laas jaar gou draai om drade te check. Oor die bult staan een van daai 1 tonner blou eland bullenmy en kyk in die pad. Skiet eerste skoot tussen horings. Vat laer en skiet 2de skoot ook deur die horings. Het nooit die swaro se Ballistic Turret terug gedraai 100m toe nie!
Dis oor daai bul vir my bestem is!

Re: Tot jou spyt?

Posted: Wed Apr 01, 2020 7:29 am
by Malan123
Geno wrote: Wed Apr 01, 2020 7:02 am
Malan123 wrote: Tue Mar 31, 2020 7:25 pm
Ry laas jaar gou draai om drade te check. Oor die bult staan een van daai 1 tonner blou eland bullenmy en kyk in die pad. Skiet eerste skoot tussen horings. Vat laer en skiet 2de skoot ook deur die horings. Het nooit die swaro se Ballistic Turret terug gedraai 100m toe nie!
Dis oor daai bul vir my bestem is!
Hahaha. Hierdie is jou jaar vir hom.

Re: Tot jou spyt?

Posted: Wed Apr 01, 2020 7:55 am
by tau
wlm wrote: Tue Mar 31, 2020 4:26 pm Paar jaar terug toe Hendrik van Rensburg nog by S&O gewerk het druk hy 'n Ruger linkerhand-aksie 375 Ruger met 'n gelamineerde kolf in my hande. Die prys was ook nog baie billik. Toe ek die geweer in my skouer sit en die aksie so met my linkerhand werk toe praat hy met my. Ek het ongelukkig toe pas 'n 3000 WinMag gekoop (ook 'n Ruger) en besluit ek het in elk geval nie nut vir so 'n kaliber nie.
Nodeloos om te se^, ek ek dink nog soms aan die roer.
:laugh: :laugh: Ek gaan in om my .375Ruger Howa te kyk en betaal, toe stop OOm Hendrik die Ruger Alaskan.375 in my hande. Ek verander toe net daar my budget en vat hom. (dit was 'n great besluit), net daar stap iemand langs my in en vra of hy die .416 Ruger in dieselfde model kan sien. Hy kos toe presies dieselfde. Die man probeer my oortuig ek moet eerder die .416 Ruger vat. Ek luister toe nie. Vandag is ek spuit, glad nie oor die Ruger Alsakan nie, inteendeel die geweer pas my perfek. EK dink net 'n .416 Ruger sou beter gewees het. Nou kry mens hom net in die Guide gun en nie meer in Alaskan nie.

Oor iets helemal anders as gewere..... 2005 Kgalagadi transfrontier park. EK is 'n arm gids wat eenkeer 'n maand Upington se liggies sien. My diet is meestal uit blikkies of pakkies en vars vrugte en groente is skaars. Ek is 'n gids op die Nossob 4x4 ecotrail en jy lewe uit jou bakkie en eet, slaap en kamp saam met kliente vir 4 aande en 5 dae. Ons leer maar om nie te gemaklik met mense te raak nie, jy is steeds aan diens. So sê jy elke toer 100de kere need ankie vir 'n koue bier al kwyl jy van lus. Ook vir die mense se kos, jy wil nie soos 'n sponger lyk nie. Skool vakansies is dit lekker toere met families en soms is dar darem swottende dogteres ook by, dan spark jy darem. Net so is daar in die middel van dei kwartaal meer ouer mense sonder kinders wat op die roete gaan. Ek kry toe 'n groep van 5 karre en 2 is broers. Die Gaafste twee oom en hulle vrouens. Die twee skoonsuster like mekaar al vir 40 jaar niks nie. Dan dra die een vir my koffie aan dan die ander, maar elkekeer is dit met so kommentaar agter die hand van hoe simpel die ander een is. Op dag 2 van die 5 dag roete vra die een Tannie vir my of ek 'n avo broodtjie sal eet as sy dit maak of net 'n avo. EK besef in my professionele mag as toerleier dat ek verder nie enige iets van hulle twee sal neem nie om eerder die tensie tussen hulle monder te maak. Ek kan siens die twee Ooms vat maar houe. Nou ek is versot oor 'n avo. Vrek man in die Kgalagadi sien 'n studente gids nooit enige iets wat groen is nie, wat nog van 'n Avo. Voor ek dink antwoord ek " nee dankie Tannie ek is allergies vir Avo's". ......... En ek gaan aan na my John West Tuna pakkie en provitas vir ontbyt. Die Tannie draai en en sê kliphard vir haar man. " liefie ons sal nou die boks Avo's vir die mense in Twe rivieren moet gee wat ons vir die gids gebring het, hy is allergies." .... :): Mense oppad na die Kgalagadie het hulle by hulle kinders gestop en die grootste boks Avo's in die lewe gepluk en vir die "arme gids" gebring as pesent. Daar sit ek met kwyl in my mons en trane in my oë. EK het gehelp om die Avo's uit te deel aan ander mense en nie een geeët nie.

Re: Tot jou spyt?

Posted: Wed Apr 01, 2020 8:39 am
by pietskiet
Lekker storie Tau!

Het self al n paar goedjies wat ek oor spyt is.... verlede jaar trofee (beslis so gelyk deur die scope!) Kalahari Springbokram mis geskiet omdat ek nie die turrets terug gedraai het nie. Dit het seker met baie mense al gebeur.

11 jaar terug op n Karoo voorsitjag laai die boer (n pel van my) my af op my spot - skaars 5 minute later kom daar n reuse koedoebul rustig in my skietvlak ingedrentel, totaal onbewus van my. Wil patrone in magasyn begin druk, toe ek met n skok besef ek het in my haas die oggend by die jaghuis die verkeerde pakkie patrone gegryp (.243 ipv .30-06). Hele jag, en natuurlik die koedoe, in sy moer.

Re: Tot jou spyt?

Posted: Wed Apr 01, 2020 8:42 am
by Frederik
In die jaar 2001 was daar geleentheid vir my om pakkie swart rooibokke te koop vir R45 000, 2 ramme 9 ooie.
Ek sou in elk geval die pakkie nie kon vat nie want ek het nie grond nie maar wie ookal daardie pakkie gevat het en uitgehou en geteel met hulle tot so 5 jaar terug het 'n goeie belegging gemaak.

Re: Tot jou spyt?

Posted: Wed Apr 01, 2020 10:08 am
by jdpretorius
Im 2017 was daar n geleentheid om te gaan Grizzly bere jag vir 7 dae in Alaska, primer met die boog maar as dit dan nou moet, sou 'n lekker lood masjien ook kan werk. Die trippie sou behels dat jy op n lekker groot boot bly en dan daagliks met n skiff in gaan om te jag. As jy dan nou nie lus was vir jag op 'n dag nie dan kan jy lekker vis vang en ietsie vir die senuwees nuttig. Die spulletjie sou R100k kos wat jou vliegtuig kaarkie en alle etes, sowel as andet versnaperinge insluit....en is gereël deur n Amerikaner wat groot in olie is (wat n pel van my geken het)....so 10 of 11 van hulle doen dit blykbaar gereeld. Natuurlik het ek nie sulke geld wat rond lê nie en die plan was om n paar zebra velle in VSA te smous om te betaal vir die bucket-list uitstappie. Nou ja, n ou moet maar eers werk vir jou snytjie brood en dak oor jou kop....

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk




Re: Tot jou spyt?

Posted: Wed Apr 01, 2020 10:14 am
by Morkel
Dis 1999 ek werk al vir 7 jaar in die Parma bedryf - ons compony is so 7 maande terug deur MacMed uit gekoop, van een dag na die volgende crash MacMed mense verloor miol!!! Ons is 6 man in die top bestuur en die verantwoordelikheid val op ons om die besigheid te red. 500 mense se lewensbestaan rus op ons. Ek is nat agter die oor wat weet ek maar ek bring my kant. Na 3 mnde staan daar 2 opsies so groot soos n vol maan op die horison. Reel met die likwateer om die besigheid aan n inter nasionale compony te verkoop of ons doen n mngt buyout. First R Bank gee ons n 85miol leening waarvan net 4miol elk persoonlik op ons beteken sou word. Ons markasndeel staan op daai staduim so op 25% maar ons groei teen 40% p/j
Ons hoogs geleerde CA in sy middel 40 se dat ons nie die geld het om n prys oorlog te oorleef en adviseer teen die MBO. drie van ons haak vas ek is een wat druk vir die MBO. Na 2 weke van op en af met n nuwe speler wat by bring - aspin parmacare - ontrek FRB.
Nou is dit oop vir AP en inter N compony om te bid en word ons verkoop vir 155moil aan Internationale compony.
Hier kom die kicker -
1) ons sou nooit in prys oorlog betroke geraak het nie - ons opisisie was n gelyste maatskapy en ons mark aandeel was te klein
2) ons CA n moerse nice job by Aspin gekry
3) ons nuwe eienaars het niks geld in ons bele nie en steeds het ons 155miol terug betaal in 18mnde.

As ek die kennis wat ek vandag het moes toepas toe sou die regte besluit gewees het om die MBO te doen 6 mnde later 50% aan die internasoinale Compony verkoop = aan ons skuld.
5 jaar later ons aandeel terug te verkoop het met elkeen wat 5% terug gehou het. Sou vandag al 20 jaar op pension gewees het 100miol beleging gehad het.
Jy kry nooit weer so n kans nie. As ek net meer common sense gehad het.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Tot jou spyt?

Posted: Wed Apr 01, 2020 10:26 am
by jankraay
Blazer wrote:Dis 1999 ek werk al vir 7 jaar in die Parma bedryf - ons compony is so 7 maande terug deur MacMed uit gekoop, van een dag na die volgende crash MacMed mense verloor miol!!! Ons is 6 man in die top bestuur en die verantwoordelikheid val op ons om die besigheid te red. 500 mense se lewensbestaan rus op ons. Ek is nat agter die oor wat weet ek maar ek bring my kant. Na 3 mnde staan daar 2 opsies so groot soos n vol maan op die horison. Reel met die likwateer om die besigheid aan n inter nasionale compony te verkoop of ons doen n mngt buyout. First R Bank gee ons n 85miol leening waarvan net 4miol elk persoonlik op ons beteken sou word. Ons markasndeel staan op daai staduim so op 25% maar ons groei teen 40% p/j
Ons hoogs geleerde CA in sy middel 40 se dat ons nie die geld het om n prys oorlog te oorleef en adviseer teen die MBO. drie van ons haak vas ek is een wat druk vir die MBO. Na 2 weke van op en af met n nuwe speler wat by bring - aspin parmacare - ontrek FRB.
Nou is dit oop vir AP en inter N compony om te bid en word ons verkoop vir 155moil aan Internationale compony.
Hier kom die kicker -
1) ons sou nooit in prys oorlog betroke geraak het nie - ons opisisie was n gelyste maatskapy en ons mark aandeel was te klein
2) ons CA n moerse nice job by Aspin gekry
3) ons nuwe eienaars het niks geld in ons bele nie en steeds het ons 155miol terug betaal in 18mnde.

As ek die kennis wat ek vandag het moes toepas toe sou die regte besluit gewees het om die MBO te doen 6 mnde later 50% aan die internasoinale Compony verkoop = aan ons skuld.
5 jaar later ons aandeel terug te verkoop het met elkeen wat 5% terug gehou het. Sou vandag al 20 jaar op pension gewees het 100miol beleging gehad het.
Jy kry nooit weer so n kans nie. As ek net meer common sense gehad het.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Joh....


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Tot jou spyt?

Posted: Wed Apr 01, 2020 10:45 am
by andre007
My ERA P14 wat ek verkoop het!