Page 1 of 1

308 Projek

Posted: Mon Mar 09, 2020 2:46 pm
by Klein Karoo
Goeie middag manne, hoop dit gaan goed.

Ek het n 308 projek in my kop, op die oomblik lyk my huidige 308 soos volg:

Howa 308 Bull Barrel 24 dui,
Gunwarrior Gen 5 chassis
Vortex Pst Gen 2
Recoil Reaper Silencer

Soos die roer daarbo is kom ek nou uit by 1020m met 150 Sierra Gamekings, het nou oorgeslaan na Lapua 167gn Scenars om te probeer uitkom by 1300m, ek gebruik dit nou slegs vir lang afstand skiet, neem nie deel aan Langafstand / PRS kompetisies nie, maar wel veldskiet kompetisies.

Probleem is dit was n baie lekker jag geweer, maar nou voel dit vir my net te lomp en groot in die veld om mee te jag, asook nie geskik vir veldskiet kompetisies nie weens gewig, balans ens.

So lees ek en kom op n n paar interessante videos af waar die manne met 16.5 duim en 20 duim lope heel goed oor die wegkom, daar word gepraat van 1000 yards, al verloor jy spoed.

So hier is die idee waarmee ek sit:
Opsie 1:
Sny die loop na 16.5 of 20 "
Sit n reflex silencer op

Opsie 2:
Koop n nuwe Howa 308 Varminter 20 duim en hou dit standaard vir jag en veldskiet.

Opsie 3
Gebruik my 375 Ruger vir beide jag en veldskiet.

Onder is n foto van wat ek in gedagte het om te doen:
Image

Dankie manne.

Re: 308 Projek

Posted: Mon Mar 09, 2020 2:50 pm
by Klein Karoo
Hier is nog n voorbeeld, baie lus om dit te bou:
Image

Re: 308 Projek

Posted: Mon Mar 09, 2020 4:19 pm
by Gian_dP
Vir veldskiet spesifiek, sou ek persoonlik langer loop met meer spoed verkies. Koop eerder Howa 6CM met 26" loop as jy n lekker veldskietgeweer wil hê.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk


Re: 308 Projek

Posted: Mon Mar 09, 2020 4:32 pm
by Dirkvh

Re: 308 Projek

Posted: Mon Mar 09, 2020 4:53 pm
by Klein Karoo
Dankie Dirk - het daai gesien maar ek wil ek eers kyk na ander opsies soos hierbo genoem, en die 30K is bo my vuurmaak plek nou.

Re: 308 Projek

Posted: Mon Mar 09, 2020 4:55 pm
by Klein Karoo
Gian_dP wrote: Mon Mar 09, 2020 4:19 pm Vir veldskiet spesifiek, sou ek persoonlik langer loop met meer spoed verkies. Koop eerder Howa 6CM met 26" loop as jy n lekker veldskietgeweer wil hê.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Dan sit ek weer met dieselfde prorbleem van n baie lang wapen - wil juis kort en kompak gaan.

Re: 308 Projek

Posted: Mon Mar 09, 2020 6:20 pm
by Knewel
Ek het self 'n 308 met 'n 22 duim loop en beskou dit nie as 'n veldskiet geweer nie. Vir veldskiet waar die afstande nie bekend is nie gaan een van die 6mm's of self 'n 22-250 baie beter vaar




Re: 308 Projek

Posted: Mon Mar 09, 2020 6:25 pm
by Capt. Yoda
Sny hom 20” toe en skiet 185gr Bergers. As jy met 150gr MKs maklik op 1000m reg gekom het gaan dit n vees wees met n 185gr

Re: 308 Projek

Posted: Mon Mar 09, 2020 8:03 pm
by Gian_dP

Klein Karoo wrote:
Gian_dP wrote: Mon Mar 09, 2020 4:19 pm Vir veldskiet spesifiek, sou ek persoonlik langer loop met meer spoed verkies. Koop eerder Howa 6CM met 26" loop as jy n lekker veldskietgeweer wil hê.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Dan sit ek weer met dieselfde prorbleem van n baie lang wapen - wil juis kort en kompak gaan.
Vir veldskiet? Nie dat toerusting alles is nie, maar meeste van die top veldskietskuts het 28" of selfs 30" lope op hulle gewere. Meer spoed help met die onbekende afstande. As dit veeldoelige geweer is- soos geweer om mee te stap en maklik vanuit bakkie te kan skiet(met bietjie veldskiet daarby) dan kan jy gerus korter gaan. Maklik om loop korter te maak, maar as jy die spoed mis kan jy nie weer bysit nie.



Sent from my SM-G920F using Tapatalk


Re: 308 Projek

Posted: Mon Mar 09, 2020 8:51 pm
by Ds J
Mense, help my gerus as ek verkeerd is!!!

Die gedagte van veldskiet is tog om met jou STANDAARD JAGGEWEER te oefen, sodat n mens afstand kan leer skat en met GEWONE JAGAMMUNISIE akkuraat kan skiet.

Dan is dit tog eerbaar om by hierdie gedagtes te bly, of nie? Ek skiet veel eerder 'n 27ste plek met my ou BRNO 308 as n goeie plek met 'n roer wat effektief n teikengeweer is, en basies onhanteerbaar in die jagveld.


My antwoord aan Klein Karoo se vraag:

1. Kry vir jou n regte jaggeweer en oefen daarmee vir jagdoeleindes en veldskiet

2. Kry vir jou n langafstandgeweer vir daardie doeleindes.

Dit is eerlik, en dan is dit moontlik om met n doelgerigte geweer in elkeen van die dissiplines te skiet.

Re: 308 Projek

Posted: Tue Mar 10, 2020 11:06 am
by Capt. Yoda
Dit is seker die gedagte gewees in die begin en daar is niks wat enige iemand stop om met sy jag geweer te gaan deelneem nie maar soos met alles as daar nie iets is wat die skuts/deelnemers gaan stop om hul toerusting te verbeter nie gaan hulle dit doen as hulle beter wil skiet.

Die man wat met sy standaard 24" loop 308 en sy jag ammo en scope gaan skiet gaan hom nog kan geniet en sy toerusting beter leer ken maar hy gaan in meeste van die gevalle kort kom teen die manne met doel "geboude" kalibers en wapens.

Vir baie van ons wat die tiepe ding erenstig vat en baie tyd en geld in dit bele is dit tyd mors om Saterdag na Saterdag rond te ry en vir die pret kruit te brand, ek se natuurlik nie almal is so nie maar die manne saam wie ek skiet weet ek doen dit nie net om gereeld in die son te staan nie.

Re: 308 Projek

Posted: Tue Mar 10, 2020 11:50 am
by ruaanb
Ds J, dit het al lankal 'n equipment race geword.

Re: 308 Projek

Posted: Tue Mar 10, 2020 6:51 pm
by Ds J
ruaanb wrote: Tue Mar 10, 2020 11:50 am Ds J, dit het al lankal 'n equipment race geword.
Dit klink my so; ten minste vir n paar van die skuts.

En dit is jammer.

Re: 308 Projek

Posted: Tue Mar 10, 2020 8:10 pm
by Arnold
I also enjoy a short barrelImageImageImage

Sent from my SM-G955F using Tapatalk


Re: 308 Projek

Posted: Mon Apr 06, 2020 11:53 am
by Klein Karoo
Goeie-more Manne, hoop dit gaan goed.

Na baie heen en weer het ek besluit om die loop net so te hou, rede was ek kon nie myself kry om n goeie akkurate loop mee te gaan eksperimenteer nie.

Sal vorentoe kyk na n doelgerugte jag / veldskiet geweer of my 375 aanwend vir beide.

Manne dankbaar vir julle tyd en insette.

Re: 308 Projek

Posted: Mon Oct 05, 2020 4:08 pm
by Klein Karoo
Op hierdie projek het ek toe die Gunwarrior chassis verkoop en die roer terug gesit in n oorsponklike Howa plastiek kolf wat die bedding van gedoen is, die jaar baie lekker net so met hom gejag - al wat ek wel gaan verander is om n bottom metal te laat maak wat my AICS magaysne gaan vat.