Page 1 of 3
Tikka 223 1 in 8 met 55gr??
Posted: Sat Mar 07, 2020 12:07 pm
by Lamtjop
Middag almal, soos opskrif bo wil ek by tikka eienaars hoor hoe skiet jul 1 in 8 twist 223's met 55gr koeels, ek lees baie op internet dat hulle oraait skiet maar nie goed nie. Lyk my die 1 in 12 gewere raak nou skaars. Groete Tjops
Re: Tikka 223 1 in 8 met 55gr??
Posted: Sat Mar 07, 2020 12:09 pm
by Lamtjop
O ja, as iemand dalk weet van n dunloop 1 in 12 Tikka 223 laat weet ook asb.
Re: Tikka 223 1 in 8 met 55gr??
Posted: Sat Mar 07, 2020 2:45 pm
by Blink Stefaans
Ek kan nie sien hoe jy probleme kan he nie. Gooi mielies.
Het al gehoor van manne wat 50gr punte teen n mal spoed uit n 8draai 233Ai gooi sonder dat hulle ontplof. Hang maar net af of jou geweer van die punt hou
Re: Tikka 223 1 in 8 met 55gr??
Posted: Sat Mar 07, 2020 4:45 pm
by tripodmvr
Ek skiet 55gr in my 243AI en hulle groepeer baie goed. Ander ervaar dieselfde. 'n Stywer groefdraai beteken nie dat die geweer nie ligter koeëls kan skiet nie.
Probeer en miskien word jy verras.
Re: Tikka 223 1 in 8 met 55gr??
Posted: Sun Mar 08, 2020 9:19 am
by Alwin
Die Tikka met 1:8 groefdraai het 'n redelike lang vryboor. Sodra die vryboor langer as die koeël se dravlak is, dan wil die ding nie meer groepeer nie. Dis omdat die koeël sonder enige ondersteuning is in die paar oomblikke nadat dit die dop verlaat het en voordat dit die groewe tref. Basies dieselfde toestande as in 'n uitgeskiete loop. Probeer 'n 55gn koeël met plat basis. Die bootsterte werk glad nie.
Voer hom Lapua Scenar 77gn OTM of Hornady 75gn ELD-M koeëls en geniet sy volle potensiaal.
Die standaard magasyn beperk jou op 58mm TPL. Met bg. koeëls sal jy graag by 63 - 65mm TPL wil laai. Kry maar 'n beter magasyn. Waters (Aus) se aluminium magasyn werk lekker.
Re: Tikka 223 1 in 8 met 55gr??
Posted: Sun Mar 08, 2020 9:32 am
by tripodmvr
Alwin, hoe verklaar jy dan dit wat ek in my 243AI ervaar. TPL is 65mm vir die 55gr teenoor 67 na 69mm vir swaarder koeëls. Toets liefs of die geweer dit nie wel redelik akkuraat kan skiet nie.
Baie Europese jaggewere het lang vryboor - 7x57, 7x64 en 9.3x62 is voorbeelde. Hulle gaan nie miskien bankskiet akkuraatheid hê nie, maar vir skiet van ongediertes of normale jag sal dit deug.
Re: Tikka 223 1 in 8 met 55gr??
Posted: Sun Mar 08, 2020 11:07 am
by Blink Stefaans
Met die 7x64 het ek agtergekom dat jump regtig nie so baie impak het soos mense dink nie.
As ek n 154gr Interbond sowel as n 170gr Oryx seat dat die dop hom net net vashou dan kom die punt nog steeds nienby die lande uit nie. Dit is n verskriklikke jump, maar die roer skiet n barshou.
Re: Tikka 223 1 in 8 met 55gr??
Posted: Sun Mar 08, 2020 2:02 pm
by knipmes
Daar leer ek ook nou weer iets. Ek was altyd onder die indruk dat die koeel naastenby kaliber grootte in die dop moet wees.
Re: Tikka 223 1 in 8 met 55gr??
Posted: Sun Mar 08, 2020 2:05 pm
by tripodmvr
knipmes wrote: Sun Mar 08, 2020 2:02 pm
Daar leer ek ook nou weer iets. Ek was altyd onder die indruk dat die koeel naastenby kaliber grootte in die dop moet wees.
Dit is nie hoe hy gelaai het nie. Dit was bloot om te sien of hy die lande kon raak. Die kaliber, of dan min 80% daarvan in die dop is nog steeds die beste raad.
Re: Tikka 223 1 in 8 met 55gr??
Posted: Sun Mar 08, 2020 2:10 pm
by Blink Stefaans
knipmes wrote: Sun Mar 08, 2020 2:02 pm
Daar leer ek ook nou weer iets. Ek was altyd onder die indruk dat die koeel naastenby kaliber grootte in die dop moet wees.
Ja nee soos oom Tripod gese het. Was net om te kyk waar die lande sit.
Re: Tikka 223 1 in 8 met 55gr??
Posted: Sun Mar 08, 2020 4:28 pm
by knipmes
Dankie Verskoon maar die dom van ouderdom.
Re: Tikka 223 1 in 8 met 55gr??
Posted: Sun Mar 08, 2020 4:33 pm
by tripodmvr
Niks dom nie. Kan moontlik 'n beginner kosbare inligting gee.
Re: Tikka 223 1 in 8 met 55gr??
Posted: Thu Mar 12, 2020 1:57 pm
by Alwin
tripodmvr wrote: Sun Mar 08, 2020 9:32 am
Alwin, hoe verklaar jy dan dit wat ek in my 243AI ervaar. TPL is 65mm vir die 55gr teenoor 67 na 69mm vir swaarder koeëls. Toets liefs of die geweer dit nie wel redelik akkuraat kan skiet nie.
Baie Europese jaggewere het lang vryboor - 7x57, 7x64 en 9.3x62 is voorbeelde. Hulle gaan nie miskien bankskiet akkuraatheid hê nie, maar vir skiet van ongediertes of normale jag sal dit deug.
Maklik. Elke geweer het maar sy eie voorkeure. Dit hang af van 'n groot klomp veranderlikes wat ons nie almal kan meet en sommiges nie eers verstaan nie.
My advies hierbo is voorstelle gegrond op my ondervinding met 'n fabrieks-geboude Tikka. Gebruik dit as jy wil, of doen iets anders. Daar is altyd meer as 1 oplossing vir meeste probleme.
Re: Tikka 223 1 in 8 met 55gr??
Posted: Wed Jun 03, 2020 3:33 pm
by nwb1313
Lamtjop wrote:Middag almal, soos opskrif bo wil ek by tikka eienaars hoor hoe skiet jul 1 in 8 twist 223's met 55gr koeels, ek lees baie op internet dat hulle oraait skiet maar nie goed nie. Lyk my die 1 in 12 gewere raak nou skaars. Groete Tjops
Ek het my tikka t3x super varmint laas week gekry. Ek het sommer met frontier hornady 55gr factory ammo geskiet. Nog nie my load development begin nie.
Na my zero gedoen is en my barel break in het ek so paar groepe geskiet.
Ek is regtig nog ñ groentjie met die skietery en leer self nog. As jy VPN het sluit aan by "tikka shooters forum" die ouens daar maak baie uit en sal jou help met alles.
My load development gaan met 77gr Tmk wees.
En ja doen maar jouself die guns en kry watersrifleman magasyn. Gaan jou baie help met die swaarder punte.
Ek reeds besig om te kyk of ek vir my een kan kry nou maar mag dalk moet wag tot lockdown verby is.
Aangeheg is my tweede groep geskiet op 100m
Sent from my SM-A505F using Tapatalk
Re: Tikka 223 1 in 8 met 55gr??
Posted: Wed Jun 03, 2020 3:44 pm
by tripodmvr
Puik vir cafe ammo. Moet dus nie die storie van te kwaai draai glo nie.
Re: Tikka 223 1 in 8 met 55gr??
Posted: Wed Jun 03, 2020 3:50 pm
by nwb1313
tripodmvr wrote:Puik vir cafe ammo. Moet dus nie die storie van te kwaai draai glo nie.

Dink rerig die geweer laat mens beter lyk as wat mens is. Ek mal oor die feit dat mens swaarder punte kan laai. Help as die wind bietjie druk.
Sal my 1/8 twist veruil vir niks anders nie.
Sent from my SM-A505F using Tapatalk
Re: Tikka 223 1 in 8 met 55gr??
Posted: Wed Jun 03, 2020 9:34 pm
by Alwin
nwb1313 wrote: Wed Jun 03, 2020 3:50 pm
tripodmvr wrote:Puik vir cafe ammo. Moet dus nie die storie van te kwaai draai glo nie.

Dink rerig die geweer laat mens beter lyk as wat mens is. Ek mal oor die feit dat mens swaarder punte kan laai. Help as die wind bietjie druk.
Sal my 1/8 twist veruil vir niks anders nie.
Daai groep is maar so-so in vergelyking met wat die geweer kan doen na behoorlike ladingontwikkeling. Die goed KAN groepeer.
Min mense verstaan nog die transformasie wat 'n 1:8 twist (met gepaste koeëls) in 'n 223 veroorsaak. Die ding skiet werklik in 'n ander klas.
Re: Tikka 223 1 in 8 met 55gr??
Posted: Wed Jun 03, 2020 9:47 pm
by nwb1313
Alwin wrote:nwb1313 wrote: Wed Jun 03, 2020 3:50 pm
tripodmvr wrote:Puik vir cafe ammo. Moet dus nie die storie van te kwaai draai glo nie.

Dink rerig die geweer laat mens beter lyk as wat mens is. Ek mal oor die feit dat mens swaarder punte kan laai. Help as die wind bietjie druk.
Sal my 1/8 twist veruil vir niks anders nie.
Daai groep is maar so-so in vergelyking met wat die geweer kan doen na behoorlike ladingontwikkeling. Die goed KAN groepeer.
Min mense verstaan nog die transformasie wat 'n 1:8 twist (met gepaste koeëls) in 'n 223 veroorsaak. Die ding skiet werklik in 'n ander klas.
Alwin ek het al gesien op forums wat hulle kan doen. Soos ek gese het is nog regte groentjie!
Gaan maar kyk wat maak my 77tmk waneer ek gereed is om te herlaai. My begin resepie gaan as volg wees. 77gr Tmk, lapua doppe, cci br primers en VV140.
Sal maar sien hoe maak hulle. Intussen oefen ek maar met die kaffee ammo
Sent from my SM-A505F using Tapatalk
Re: Tikka 223 1 in 8 met 55gr??
Posted: Thu Jun 04, 2020 6:04 am
by toelie
Hier is nie manne wat n ekstra Waters magasyn het nie?
Re: Tikka 223 1 in 8 met 55gr??
Posted: Thu Jun 04, 2020 6:56 am
by nwb1313
toelie wrote:Hier is nie manne wat n ekstra Waters magasyn het nie?
Bestel vir jou een, die ou is baie vriendelik. Ek het myne gister bestel. Hy sal vir jou voorstel hy fedex dit saam iemand anders sin. Dit help met kostes van fedex. Myne kom so.
Sent from my SM-A505F using Tapatalk
Re: Tikka 223 1 in 8 met 55gr??
Posted: Thu Jun 04, 2020 6:21 pm
by Lamtjop
Manne ek wil juis ligte koeels skiet, en so vinnig as moontlik, hierdie is n bakkie geweer vir oor die spieel skiet of skietstoel nie n baangeweer nie. Ek het n 308 vir stadig skiet. Ek soek n 223 wat 50-55gr koeels lekker vinnig en in klein groepies kan skiet, ek het darem al van te veel 1 in 8 twist tikka's en sako's gelees wat nie so goed doen met koeels ligter as 60gr nie. So as hier manne is met tikka?sako 1 in 8 twist gewere wat goed doen op ligte koeels gooi asb jul groeperings en ladings asb. Met ons wapenwet wil ek graag 1ste maal reg koop.
Re: Tikka 223 1 in 8 met 55gr??
Posted: Thu Jun 04, 2020 8:49 pm
by Alwin
Lamtjop wrote: Thu Jun 04, 2020 6:21 pm
Manne ek wil juis ligte koeels skiet, en so vinnig as moontlik, hierdie is n bakkie geweer vir oor die spieel skiet of skietstoel nie n baangeweer nie. Ek het n 308 vir stadig skiet. Ek soek n 223 wat 50-55gr koeels lekker vinnig en in klein groepies kan skiet, ek het darem al van te veel 1 in 8 twist tikka's en sako's gelees wat nie so goed doen met koeels ligter as 60gr nie. So as hier manne is met tikka?sako 1 in 8 twist gewere wat goed doen op ligte koeels gooi asb jul groeperings en ladings asb. Met ons wapenwet wil ek graag 1ste maal reg koop.
Vir daardie koeëls, kry vir jou 'n geweer met 1:12" loop.
Re: Tikka 223 1 in 8 met 55gr??
Posted: Thu Jun 04, 2020 8:51 pm
by Alwin
toelie wrote: Thu Jun 04, 2020 6:04 am
Hier is nie manne wat n ekstra Waters magasyn het nie?
Ek het myne by Geno (G&G Varminting) gekry. As genoeg mense vir Geno pes, bring hy dalk weer 'n klompie magasyne in.
Re: Tikka 223 1 in 8 met 55gr??
Posted: Mon Nov 09, 2020 7:33 am
by Raakgeskiet
Kan iemand dalk vir my die kontak besonderhede gee van die man wat die magesyne verskaf?
Ps.
My 1in 8" twist Tikka 223 loop mooi met 73grein Hornady 73 gr eld match en reloaded 15 kruit
Sent from my SM-N960F using Tapatalk
Re: Tikka 223 1 in 8 met 55gr??
Posted: Wed Oct 27, 2021 6:19 pm
by Lamtjop
Naand almal, nogsteeds op dieselfde topic, watse spoed skiet julle die 1 in 8 twist 223's en met watter gewig koeël. Ek stel veral in 60-69gr se spoed belang. Dankie