Page 1 of 1

243 AI raad

Posted: Thu Mar 05, 2020 8:09 pm
by geelslang
Naand manne

My 243 is in om 243 AI te word. Loop is 24" lank 1:12 twist. Ek skiet 70gr Nosler Varmageddon of NBT.

My vraag, watter kruit is die beste om te gebruik? Ek het nog net 2 blikke S355 oor dan moet ek oorskakel.

Ek luister graag.

Re: 243 AI raad

Posted: Thu Mar 05, 2020 8:26 pm
by Armand Steenkamp
S365 is maar die beter een. Maar 355 sal ook seker kan werk. S361 is beskikbaar en hy sal ook werk. En dan die duur kruite

Re: 243 AI raad

Posted: Thu Mar 05, 2020 8:50 pm
by geelslang
Ek gaan eerder na die ingevoerde kruite kyk dat ek 'n alternatief het.

Re: 243 AI raad

Posted: Thu Mar 05, 2020 10:14 pm
by Pumarais
S 355 gaan goed werk met daai ligte punte. Jou dop gaan vol word voor jy spoed kry met ñ stadiger kruit.
Met die 24duim loop sal die vinniger kruit ook als uitbrand!

Re: 243 AI raad

Posted: Fri Mar 06, 2020 6:19 am
by Geno
Ligter as 75/80gr koeels = S355
Swaarder koeels = S365

Sent from my SM-N975F using Tapatalk


Re: 243 AI raad

Posted: Fri Mar 06, 2020 6:28 am
by tripodmvr
70 NBT

Lovex S070 3570vps
Norma URP 3600vps
IMR/H4350 3520vps
VV N550 3615vps

Ek het my 243AI se data gebruik met 24 duim loop. Bostaande dryfmiddel en sy nodespoed is bereken. Let Wel dat brandtempo met die 243AI gewoonlik hoër is en dit laat die nodespoed daal - veral N550 brand aansienlik vinniger as QL se syfers. Die dryfmiddels is omtrent volgens prys van bo na onder.

Aanvaar hierdie as riglyne en nie dit wat jy werklik in jou geweer gaan kry nie. Hopelik help dit jou om 'n keuse te maak.

Re: 243 AI raad

Posted: Fri Mar 06, 2020 6:32 am
by tripodmvr
S355 3575vps Druk 58K psi wat so 2 na 3000 psi hoër is as die vorige berekeninge.

Re: 243 AI raad

Posted: Sat Mar 21, 2020 7:28 pm
by geelslang
Ek wil graag fireform ladings begin laai vir die 200 doppe wat geform moet word, kan ek my vorige standaard 243 lading en tpl net so neem as beginpunt of is daar ander goed wat ek in ag moet neem of probeer?

Re: 243 AI raad

Posted: Sun Mar 22, 2020 2:27 pm
by tripodmvr
As die lading in die normale 243 dop gaan pas kan jy dit alreeds gebruik. Onthou net dat jy al die doppe nou hoef te vuurvorm nie. Soek 'n akkurate lading en dan kan jy vuurvorm en jag, peste en teiken skiet. Die dopvorming kan dus oor 'n lang tydperk gedoen word sonder om net komponente weg te skiet. Jy sal moontlik ook vind dat winkel ammo ook goed doen terwyl die doppe vervorm.

Re: 243 AI raad

Posted: Sun Mar 22, 2020 6:34 pm
by Malan123
Geelslang, hierdie is wat ek gedoen het. Punt 0.3mm in lande gejam. Lading ontwikkeling van voor afgedoen. He laag begin en toe met QL manne gesels. Soos Oom driepoot se, kry vir jou lading wat mooi skiet terwyl jy fireform.

Re: 243 AI raad

Posted: Sun Mar 22, 2020 9:01 pm
by Gawie(13mm)
Malan123 wrote: Sun Mar 22, 2020 6:34 pm Geelslang, hierdie is wat ek gedoen het. Punt 0.3mm in lande gejam. Lading ontwikkeling van voor afgedoen. He laag begin en toe met QL manne gesels. Soos Oom driepoot se, kry vir jou lading wat mooi skiet terwyl jy fireform.
Plus een!!!
Ek het dit met myne ook gedoen en het nie 'n dag se moeilikheid gehad nie.

Re: 243 AI raad

Posted: Mon Mar 23, 2020 9:59 pm
by Christo
Gawie(13mm) wrote: Sun Mar 22, 2020 9:01 pm
Malan123 wrote: Sun Mar 22, 2020 6:34 pm Geelslang, hierdie is wat ek gedoen het. Punt 0.3mm in lande gejam. Lading ontwikkeling van voor afgedoen. He laag begin en toe met QL manne gesels. Soos Oom driepoot se, kry vir jou lading wat mooi skiet terwyl jy fireform.
Plus een!!!
Ek het dit met myne ook gedoen en het nie 'n dag se moeilikheid gehad nie.
STEM!!! Fireforming het beste groepies ooit gegee. 243 en 260. Met ou standaard kaliber se lading. Na Fireforming is spoed bietjie stadiger