Page 1 of 1

Dop Sop

Posted: Wed Mar 04, 2020 10:46 am
by Omnia
Weet iemand al of die "Dop Sop" wat so ruk trug die ronte gedoen het oraait is ? Is dit nadelig , maak hy die dop sag want hel daai goed werk vining as ek die video so kyk .

Re: Dop Sop

Posted: Wed Mar 04, 2020 10:48 am
by CassellG
die groen rook wat daai goed gee skrree "hydrochloric acid"

Re: Dop Sop

Posted: Wed Mar 04, 2020 5:13 pm
by Johan Nel
Mamba se produk werk goed. "n Mengsel van Sunlight en wysteensuur werk ook skaflike en dan klaar skoonmaak met Nevrdull.

Re: Dop Sop

Posted: Fri Mar 06, 2020 10:55 am
by CassellG
ek stem, warm water sunlight wynsteensuur en sout. ultrasonic. maak droog. tumble...klaar. veilig

Re: Dop Sop

Posted: Fri Mar 06, 2020 12:22 pm
by Flip Nel
CassellG wrote: Fri Mar 06, 2020 10:55 am ek stem, warm water sunlight wynsteensuur en sout. ultrasonic. maak droog. tumble...klaar. veilig
Vertel bietjie meer asb. Wat doen die sout, gooi jy alles saam in ?

dankie

Re: Dop Sop

Posted: Fri Mar 06, 2020 12:35 pm
by Johan Nel
Flip,
Kopersmede gebruik sout en suurlemoen/sap om koper skoon te maak.

Re: Dop Sop

Posted: Fri Mar 06, 2020 12:40 pm
by Flip Nel
Johan Nel wrote: Fri Mar 06, 2020 12:35 pm Flip,
Kopersmede gebruik sout en suurlemoen/sap om koper skoon te maak.
intresant dankie.

Re: Dop Sop

Posted: Mon Mar 09, 2020 8:49 am
by CassellG
ek weet nie wat doen die sout nie,,,eerlikwaar , ek het egter die mengsel geleer in goudsmit opleiding , om brass en koper mee skoon te maak.

ons het "n potjie aan die prut gehad met kookwater , met gelyke dele sout wynsteensuur en sunlight...
hy maak lekker "foam" maar die dele kom verseker skoon daaruit.

Re: Dop Sop

Posted: Tue Sep 26, 2023 6:01 pm
by prohunt
Goeiemiddag,

Hierdie is 'n ou onderwerp maar kan ons dalk hoor of daar nou manne is met meer ondervinding oor die produk en wat is die nuutste terugvoer daaroor?

Re: Dop Sop

Posted: Wed Sep 27, 2023 7:48 am
by HeinM
Ek gebruik ook 'n Tartaric / Sunlight oplossing om die doppe te was na dopvoorbereiding. Doppe moet getumble word om die carbon aan die binnekant van die dop te verwyder. Net was alleen help nie... Veral ook die binnekant van doppe se nekke moet met 'n boor en nylonborsel skoongemaak word. Vuil doppe beskadig jou matryse permanent, so thats the way ...

Mooi dag almal!

Re: Dop Sop

Posted: Thu Sep 28, 2023 7:58 am
by Stef de Jongh
Brasshine is n nuwe produk op die mark. Verwyder oksidasie en carbon binne 10 tot 15 sekondes binne die dop en primer pocket. Beskikbaar by winkels in Pta

Re: Dop Sop

Posted: Mon Jan 13, 2025 4:08 pm
by Disiderata
Hi manne ek gebruik dop sop al vir ongeveer 2 jaar. Dit werk soos 'n droom, doppe skoon binne 15 sekondes.

Gebruik dit net in 'n goed geventileerde vertrek of buite, daar is bietjie van 'n chemise reuk wat in die lug hang.

Het geen negatiewe uitwerking op my doppe gesien nie, als is 100%.

Re: Dop Sop

Posted: Mon Jan 13, 2025 4:26 pm
by HeinM
Disiderata wrote: Mon Jan 13, 2025 4:08 pm Hi manne ek gebruik dop sop al vir ongeveer 2 jaar. Dit werk soos 'n droom, doppe skoon binne 15 sekondes.

Gebruik dit net in 'n goed geventileerde vertrek of buite, daar is bietjie van 'n chemise reuk wat in die lug hang.

Het geen negatiewe uitwerking op my doppe gesien nie, als is 100%.
Hoekom wil jy dopsop koop as jy jou eie kan maak vir 'n paar rand? Kyk na my resep hierbo.