Page 1 of 1
Kragopwekkers
Posted: Tue Mar 03, 2020 1:11 pm
by vlakvarkbeer
Dagse almal ek het nou nie geweer en so voorts nie maar wel n kragopwekker. Met die krag aan en af wil ek iets uitvind kan n 7.5 kva opwekker
werk en sal hy n huis en sy krag trek, hoekom ek vra ek doen vleis ens en koelkamer moet aan sal die werk of nie.
Dankie ek luister.
Re: Kragopwekkers
Posted: Tue Mar 03, 2020 1:20 pm
by Capt. Yoda
7.5kva sou ek se gaan te klein wees vir huis en koelkamer, n 7.5 sal werk net vir n huis maar self dan trek n geyser, stoof en goed soos n hoedruk pomp hom laat die revs in die rooi loop. Met daai compressor van jou koelkamer dink ek amper jy gaan iets soos n 5.5kva net vir die koelkamer nodig he
Re: Kragopwekkers
Posted: Tue Mar 03, 2020 1:22 pm
by vlakvarkbeer
Dankie laat ek nog luister en hoor wat die manne voorstel.
Re: Kragopwekkers
Posted: Tue Mar 03, 2020 1:25 pm
by Eugene
Capt. Oblivious wrote: Tue Mar 03, 2020 1:20 pm
7.5kva sou ek se gaan te klein wees vir huis en koelkamer, n 7.5 sal werk net vir n huis maar self dan trek n geyser, stoof en goed soos n hoedruk pomp hom laat die revs in die rooi loop. Met daai compressor van jou koelkamer dink ek amper jy gaan iets soos n 5.5kva net vir die koelkamer nodig he
Stem saam hier met die Fanta Grape-drinker. Ek het 'n 10kva wat my hele huis trek, saam met swembadpomp en boorgat, maar sonder die geysers en stoof. Ek glo as jy net ligte, tv en koelkamer op het, sal dit voldoende wees.
Re: Kragopwekkers
Posted: Tue Mar 03, 2020 2:16 pm
by vlakvarkbeer
Ek het n gas stoof en ja die geiser kan jy afsit nie so belangrik nie .
Re: Kragopwekkers
Posted: Tue Mar 03, 2020 2:52 pm
by Willie
Dit gaan baie af hang van die koelkamer se krag verbruik ( en ander items wat baie krag gebruik)- gee spesifikasies van die kompressor en die ander swaar gebruikers en die slimmer manne gaan beter kan help
Re: Kragopwekkers
Posted: Tue Mar 03, 2020 3:42 pm
by Pinkes
[/quote]
Stem saam hier met die Fanta Grape-drinker.
[/quote]

Re: Kragopwekkers
Posted: Tue Mar 03, 2020 4:33 pm
by henk.spioenkop
Enkelfase of driefase?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Kragopwekkers
Posted: Tue Mar 03, 2020 8:33 pm
by henk.spioenkop
henk.spioenkop wrote:Enkelfase of driefase?
Sent from my iPhone using Tapatalk
n Enkelfase 7.5kVA behoort vir jou 25A te lewer continuous. Huis behoort 60A mainbreaker in te hê.
n 3fase 7.5kVA behoort vir jou 9A te lewer continuous. Huis behoort 25A 3fase mainbreaker te hê.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Kragopwekkers
Posted: Wed Mar 04, 2020 6:04 pm
by vlakvarkbeer
Dit is n enkelfase weet nie regtig hoe groot die kompressor is nie seker n 3/4
Re: Kragopwekkers
Posted: Wed Mar 04, 2020 11:41 pm
by henk.spioenkop
vlakvarkbeer wrote:Dit is n enkelfase weet nie regtig hoe groot die kompressor is nie seker n 3/4
3/4 HP kompressor behoort so 2.3A te trek. Of 0.6kVA op enkelfase.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Kragopwekkers
Posted: Thu Mar 05, 2020 9:41 am
by vlakvarkbeer
Dankie nou vorder ons.