Page 1 of 2

Skoonmaak van staal demper.

Posted: Thu Feb 20, 2020 6:33 pm
by Gawie(13mm)
Ek het 'n tyd terug vir my een van die optiese kamera's aangeskaf wat die manne hier op Jaracal inbring oor die waters.

Nadat ek in my roere se lope gekyk het, het ek daai ding diep weggepak vir ten minste 'n maand. 'n Man se gestel kan net soveel pak vat. :P

Laas week lek my bakkie se lugversorger water op my voete terwyl ek bestuur. Die werktuigkundige vertel my daar is 'n blokkasie en ek hul sal die hele instrumente paneel moet uitmekaar haal om die lugversorgings eenheid oop en skoon te maak. Bogger dit. Ek druk daai katoeter voor by die uitlaatpypie onder die enjinkap in en bespied sy ingewande. Dit lyk soos sesweke oue koolbredie van al die verrotte blare daar binne.
'n Stuk tuinslang voor aan my WAP stofsuier het sommer vinnig die blokkasie uitgesuig plus amper 3 liter water wat in die lugversorger vasgevang was.

Dus nou 'n lang aanloop, maar dit het my aan die dink gesit; hoe lyk my gewere se dempers binne in. Die laaste tyd merk ek op dat na 'n dag op die baan waar ek 20 of meer skote geskiet het, daar 'n koolstof kors op die kroon vorm. Binne in die demper is dit asof die "kors" oor die kroon "groei" terwyl ek skiet.

Ek beloer my .243 se demper en dit lyk soos 'n tagtigjarige rookverslaafde wat in standerd 3 begin het se longe. Ek spoel hom eers effens met kragparafien uit soos ek al voorheen gedoen het, maar dit verkleur net die parafien. By Kaap-Agri koop ek "drain-cleaner". Daai goed vreet die "stainless" van staal af as jy nie oppas nie.

Ek maak toe maar 'n hout prop en slaan hom liggies aan die voorkant van die demper in en gooi die reiniger met 'n tregter aan die skroefdraad se kant in tot amper bo. Die storie begin borrel en na 'n uur is ek nuuskierig. Ek gooi die reiniger in 'n plastiek bakkie uit en spoel die demper met water uit. Ek spuit hom dadelik sopnat met Q20.

Hier is die voor en na foto's na 'n uur met die reiniger in. Ek het die stilasie prakseer om die demper regop te hou en 'n waaier oor hom aangesit om die gasse weg te neem.

Hy gaan nou oornag staan met die reiniger in en hopelik is daar môre oggend iets oor van my staal demper.

Manne ek weet die goed vreet ook aluminium en lood, so wees versigtig. Dit vreet selfs gate in die lappe waarmee ek die reiniger wat gestort het opgevee het.

Image

Image

Image

Image

Image

Re: Skoonmaak van staal demper.

Posted: Thu Feb 20, 2020 8:23 pm
by alecjohnson
Dankie ek is bang om 'n borescope te koop, ek weet my goed skiet reg, maar daai draincleaner gebruik ek ook in silent hunter demper en weet Flip ook, ek glo dat dit maar die beste werk, as ek die fotos so kyk lyk dit my werk dit baie goed!

Re: Skoonmaak van staal demper.

Posted: Thu Feb 20, 2020 9:12 pm
by Flip Nel
Ek gebruik myne ook nog al die pad soo, jy sal sien hy lyk soos hy van sy ma af gekom as jy klaar is, ek moet bysê ek los hom gewoonlik net so vir 'n uur of twee maar ek is seker hy sal daai staal silencer mooi skoon vreet.

Re: Skoonmaak van staal demper.

Posted: Thu Feb 20, 2020 10:25 pm
by Armand Steenkamp
Hierdie is goeie raad kerels. Dankie. Ek gaan verseker dit ook probeer!

Re: Skoonmaak van staal demper.

Posted: Thu Feb 20, 2020 11:37 pm
by Flip Nel
Armand Steenkamp wrote: Thu Feb 20, 2020 10:25 pm Hierdie is goeie raad kerels. Dankie. Ek gaan verseker dit ook probeer!
Jy sal nie spyt wees nie, ek gebruik dit myne en 'n pel sin, maak net seker dit is staal, as ek advies kan gee gooi eers bietjie water in en dan die drain cleaner, vir my werk dit beter, jy sal sien hy begin kook en raak warm, ek los hom gewoonlik so 2 na 3 ure as hy baie aangepak is. maak seker jy spuit hom goed uit. Ek spoel hom altyd met warm water en koek soda uit vir die suur, dan laaste spuit ek hom goed met olie uit. eerste paar skote gaan lyk of jy buskruit skiet soos hy gaan rook dan is hy weer ok vir 'n lang tyd

Re: Skoonmaak van staal demper.

Posted: Fri Feb 21, 2020 7:53 am
by Matewis28
Volg en gaan dit probeer

Re: Skoonmaak van staal demper.

Posted: Fri Feb 21, 2020 9:19 am
by Forester
Net 'n vraag - hoekom sal 'n mens jou knaldemper skoonmaak as hy nie probleme gee nie?

Is dit nie maar 'n "consumable" soos doppe nie?

Re: Skoonmaak van staal demper.

Posted: Fri Feb 21, 2020 9:22 am
by Toxxyc
Forester wrote: Fri Feb 21, 2020 9:19 am Net 'n vraag - hoekom sal 'n mens jou knaldemper skoonmaak as hy nie probleme gee nie?

Is dit nie maar 'n "consumable" soos doppe nie?
Knaldempers werk al hoe swakker hoe vuiler hulle binne word. Soos die volume in die kamers verminder en opgevul word met roet, kwyn die demper se vermoeë om ordentlik te demp met elke skoot. Omdat dit gewoonlik honderde skote neem, kom mens dit gewoonlik nie agter nie, tot jy hom skoonmaak en dan weer gaan skiet :D

Re: Skoonmaak van staal demper.

Posted: Fri Feb 21, 2020 10:35 am
by Gawie(13mm)
Toxxyc wrote: Fri Feb 21, 2020 9:22 am
Forester wrote: Fri Feb 21, 2020 9:19 am Net 'n vraag - hoekom sal 'n mens jou knaldemper skoonmaak as hy nie probleme gee nie?

Is dit nie maar 'n "consumable" soos doppe nie?
Knaldempers werk al hoe swakker hoe vuiler hulle binne word. Soos die volume in die kamers verminder en opgevul word met roet, kwyn die demper se vermoeë om ordentlik te demp met elke skoot. Omdat dit gewoonlik honderde skote neem, kom mens dit gewoonlik nie agter nie, tot jy hom skoonmaak en dan weer gaan skiet :D
Teen R3500.00, raak dit 'n dekselse duur item. Dit is juis een van die redes hoekom ek oorspronklik 'n staal demper gekies het. Die meeste aluminium dempers was destyds maar swak ontwerp en die skorte het weg gebrand of geoksideer in so 'n mate dat jy hom moes vervang as die loop uitgeskiet is.
Die betrokke ERC demper het nou al twee .243 lope oorleef en as hy skoon is gaan hy vir sy derde rondte. Ek het dus al 'n loop se geld gespaar.

Re: Skoonmaak van staal demper.

Posted: Fri Feb 21, 2020 11:11 am
by Yogi
Ek het ander minder "corosive" manier probeer.
Ek sit 'n prop aan die een kant van die demper, gooi hom so half met stainless tumble media en selfde mengsel wat ek die doppe mee skoon maak.
Skroef 'n bout by die ander kant in en plaas dit in die plek van my tumbler se drom. Laat loop hom vir 'n uur en gooi als uit. Jy kan nie glo hoeveel gemors kom los nie. As dit vir die doppe kan werk hoelkom nie vir die silencer nie.
So ja, seker maar nog 'n manier.

Re: Skoonmaak van staal demper.

Posted: Fri Feb 21, 2020 12:23 pm
by PWV
Gawe gadget van jou, Gawie. Smaak my mens kan hom ook by baie ander "plekke" indruk? :P ;)

Re: Skoonmaak van staal demper.

Posted: Fri Feb 21, 2020 3:36 pm
by Gawie(13mm)
Oom die meeste goed is maar redelik hol van binne. :)

So lyk die demper na 20 uur met die reiniger in. Daar is nog koolstof in die hoeke, maar ek is van voorneme om die oefening elke 6 maande te herhaal en nie weer 3 jaar en 2 600 skote te wag nie.

Image

Image

Re: Skoonmaak van staal demper.

Posted: Fri Feb 21, 2020 3:41 pm
by tripodmvr
Geen duidelike verwering van die staal nie?

Re: Skoonmaak van staal demper.

Posted: Fri Feb 21, 2020 4:04 pm
by Riebeeker
Nou hoe gemaak met die aluminium AIM Sonic dempers?

Re: Skoonmaak van staal demper.

Posted: Fri Feb 21, 2020 4:08 pm
by Gawie(13mm)
Riebeeker wrote: Fri Feb 21, 2020 4:04 pm Nou hoe gemaak met die aluminium AIM Sonic dempers?
Daai is mos nou 'n "consumable"! Jy koop 'n nuwe soos wat jy doppe koop! :laugh:

Re: Skoonmaak van staal demper.

Posted: Fri Feb 21, 2020 4:10 pm
by Gawie(13mm)
tripodmvr wrote: Fri Feb 21, 2020 3:41 pm Geen duidelike verwering van die staal nie?
Niks wat ek kan sien met die blote oog nie.
Ek sal more lood deur hom jaag en sien wat gebeur.

Re: Skoonmaak van staal demper.

Posted: Fri Feb 21, 2020 5:45 pm
by Gideon S
Riebeeker wrote: Fri Feb 21, 2020 4:04 pm Nou hoe gemaak met die aluminium AIM Sonic dempers?
Ek het 'n slegte ondervinding gehad met 'n Aimzonic demper wat ek gereeld in sonic cleaner skoongemaak het met kombinasie van warm water, Cleangreen en Tartaric Acid. Die geanodiseerde aluminium het bietjie korrosie gewys waaraan en my nie baie gesteur het nie. Het maar altyd goed met water uitgespoel en ligte lagie Q20 aangesmeer.
Een dag op die baan het die demper met die 2de skoot vir die dag vanuit 'n 260AI gedisintegreer in heel paar stukke. Een groterige stuk het omtrent 50m baan-af vanaf hoog uit die lug geval. Ek het baie groot geskrik. Gelukkig was daar niemand naby nie - indien dit op 'n besige skietbaan gebeur het was die gevolge heel moontlik baie sleg.
Ek het die skielike drukverhoging wat die demper moet verduur geheel onderskat. In groter kalibers met meer gas kan dit net erger wees.
Ek probeer nou dempers vermy en glo veral dat ons chemikaliee moet weghou van die aluminium weergawes af.

Re: Skoonmaak van staal demper.

Posted: Fri Feb 21, 2020 7:55 pm
by Riebeeker
Gawie(13mm) wrote: Fri Feb 21, 2020 4:08 pm
Riebeeker wrote: Fri Feb 21, 2020 4:04 pm Nou hoe gemaak met die aluminium AIM Sonic dempers?
Daai is mos nou 'n "consumable"! Jy koop 'n nuwe soos wat jy doppe koop! :laugh:
Ou Gawie, daai sal nie werk in my begroting nie. Het al die dempers n uur of wat in krag paraffin gelos, maar die krag paraffin het presies dieselfde kleur gebly met geen carbon deeltjies onder in die bak nie.

Moet nou net nie sê ek skiet te min om carbon build up in die dempers te kry nie.

Re: Skoonmaak van staal demper.

Posted: Fri Feb 21, 2020 8:52 pm
by Heinz Petersen
Ek het by Envirochem goed gekry wat ek gebruik op my dempers. Ek het ook daar by hulle apteker seker gemaak dat dit nie die staal sal vreet nie.
Die naam is " smokeout". Ek gebruik dit ook om my stainless braai plaat skoon te maak.

Re: Skoonmaak van staal demper.

Posted: Tue Mar 03, 2020 12:27 pm
by OJM
As al die cleaners die koolstof so goed sagmaak en verwyder dan behoort dit mos ook koolstof en 'n harde koolstofring in jou loop sag te maak en op te los. Het iemand al die kans gevat en dit in jou loop gebruik?

Re: Skoonmaak van staal demper.

Posted: Fri Mar 06, 2020 9:28 am
by Jean Marais
Gideon S wrote: Fri Feb 21, 2020 5:45 pm
Riebeeker wrote: Fri Feb 21, 2020 4:04 pm Nou hoe gemaak met die aluminium AIM Sonic dempers?
Ek het 'n slegte ondervinding gehad met 'n Aimzonic demper wat ek gereeld in sonic cleaner skoongemaak het met kombinasie van warm water, Cleangreen en Tartaric Acid. Die geanodiseerde aluminium het bietjie korrosie gewys waaraan en my nie baie gesteur het nie. Het maar altyd goed met water uitgespoel en ligte lagie Q20 aangesmeer.
Een dag op die baan het die demper met die 2de skoot vir die dag vanuit 'n 260AI gedisintegreer in heel paar stukke. Een groterige stuk het omtrent 50m baan-af vanaf hoog uit die lug geval. Ek het baie groot geskrik. Gelukkig was daar niemand naby nie - indien dit op 'n besige skietbaan gebeur het was die gevolge heel moontlik baie sleg.
Ek het die skielike drukverhoging wat die demper moet verduur geheel onderskat. In groter kalibers met meer gas kan dit net erger wees.
Ek probeer nou dempers vermy en glo veral dat ons chemikaliee moet weghou van die aluminium weergawes af.
Ek sien op hierdie webblad van "The silencer shop" dat jy gladnie alluminium dempers in 'n sonic moet skoonmaak nie. Hier is die skakel: https://www.silencershop.com/blog/post/ ... -silencer/

Re: Skoonmaak van staal demper.

Posted: Fri Mar 06, 2020 1:32 pm
by Jean Marais
Yogi wrote: Fri Feb 21, 2020 11:11 am Ek het ander minder "corosive" manier probeer.
Ek sit 'n prop aan die een kant van die demper, gooi hom so half met stainless tumble media en selfde mengsel wat ek die doppe mee skoon maak.
Skroef 'n bout by die ander kant in en plaas dit in die plek van my tumbler se drom. Laat loop hom vir 'n uur en gooi als uit. Jy kan nie glo hoeveel gemors kom los nie. As dit vir die doppe kan werk hoelkom nie vir die silencer nie.
So ja, seker maar nog 'n manier.
Hoe maklik kry jy daai pennetjies weer uit die demper uit? Dit kan mos 'n hengse gesukkel afgee.

Re: Skoonmaak van staal demper.

Posted: Sat Mar 07, 2020 6:54 pm
by Johan Nel
Heinz Petersen wrote: Fri Feb 21, 2020 8:52 pm Ek het by Envirochem goed gekry wat ek gebruik op my dempers. Ek het ook daar by hulle apteker seker gemaak dat dit nie die staal sal vreet nie.
Die naam is " smokeout". Ek gebruik dit ook om my stainless braai plaat skoon te maak.
Heinz,
Ek bevestig net daai produk se naam, ek kry nie 'smokeout' onder hulle produkte lys nie.

Re: Skoonmaak van staal demper.

Posted: Sun Mar 08, 2020 8:16 am
by Hansieslim
Na als wat hier gesê is, hoe maak mens dan 'n aluminium demper soortgelyk skoon? Is daar chemiekalië wat soortgelyk aan Gawie se rioolsop kan werk sonder om die demper van binne af weg te vreet?

Re: Skoonmaak van staal demper.

Posted: Sun Mar 08, 2020 9:31 am
by jankraay
Beste raad sat ek vir so iets het is dat n mens solank moet begin begroot vir n ander KD en die bestaande een skiet tot hy gaar is. Koop dan net n nuwe een. Dit is soos ander goed n consumable in my oë...

Sent from my iPhone using Tapatalk