Page 1 of 1

Vuurwapen kaliber sertifikaat

Posted: Thu Feb 20, 2020 5:14 pm
by finch
Ek was vanoggend by my DFO om papiere op te tel vir hernuwing van 2 X vuurwapen lisensies.

DFO sê toe ek moet die een vuurwapen na handelaar/geweer smid (ek het nie geluister watter een nie) neem om die kaliber te bevestig en n sertifikaat te kry want tans op die stelsel is die kaliber verkeerd (slegs 9.3mm ipv 9.3x62).

Nou het ek twee vrae:
1) Omdat ek soos my dinges geluister het kan iemand my dalk net help met of dit n handellaar of n smid moet wees? Ek vermoed ek weet die antwoord en dit gaan nie die een wees wat ek wil hê dit moet wees nie...

2) Niks is deesdae verniet nie, so ek neem aan die sertifikaatjie kos n paar rand. Die Jood binne my vra in die orde waarvan kyk mens? En hoekom moet ek betaal omdat die geweer met die vorige lisensie uitreik net 9.3mm sê in pleks van 9.3X62?

Byvoorbaat Dank

Re: Vuurwapen kaliber sertifikaat

Posted: Thu Feb 20, 2020 5:47 pm
by Blink Stefaans
Jy kan die roer na enige smid toe vat.
Ek kan nie onthou wat dit kos nie maar dit is kleingeld

Re: Vuurwapen kaliber sertifikaat

Posted: Thu Feb 20, 2020 6:56 pm
by Armand Steenkamp
Ek het R120 betaal. Ek het die met 2 kalibers al gedoen en daar het niks van gekom nie. Is nog die selle op die stelsel en die kaarte

Re: Vuurwapen kaliber sertifikaat

Posted: Thu Feb 20, 2020 7:13 pm
by BenJacobs
Oom, ek is nie 100%seker nie, maar ek het 'n soortgelyke probleem gehad met my 22. Die handelaar, waar die wapen gestoor word het sommer so sertifikaat(brief) getik en gestuur. Hulle het my niks gevra nie. Ek weet nie of dit dalk is omdat ek hulle reeds betaal het vir stoor kostes nie. Hoop dit help
Groete Ben

Re: Vuurwapen kaliber sertifikaat

Posted: Thu Feb 20, 2020 8:30 pm
by alecjohnson
Enige smid wat werklik jou wil help sal dit gratis doen, dis letterlik 5 minute se werk, ek is al paar keer daardeur. Dit verander nie iets op my lisensies nie.

Bel maar paar manne daar om jou ek is seker daar moet 'n smid(NIE HANDELAAR) in kaap wees wat dit gou vir jou sal doen.

Re: Vuurwapen kaliber sertifikaat

Posted: Thu Feb 20, 2020 9:13 pm
by Fanta300
Die vorm is SAPS 521(g). Handelaar kan ook teken.

Re: Vuurwapen kaliber sertifikaat

Posted: Thu Feb 20, 2020 10:20 pm
by Armand Steenkamp
Fanta300 wrote: Thu Feb 20, 2020 9:13 pm Die vorm is SAPS 521(g). Handelaar kan ook teken.
Oom Fantie dit is net die form, maar hy moet saam met n wapensmidsverslag ingege raak

Re: Vuurwapen kaliber sertifikaat

Posted: Fri Feb 21, 2020 7:45 am
by Fanta300
Armand, jy is reg. Die wapensmid verslag moet saamgaan.

Re: Vuurwapen kaliber sertifikaat

Posted: Fri Feb 21, 2020 8:37 am
by finch
Nou sien dis my pyn, wapensmid in die kaap... Weet enige iemand van n wapensmid naby aan Somerset-Wes wat my sal kan help (behalwe vir die groot winkel in Stellenbosch) ?

Re: Vuurwapen kaliber sertifikaat

Posted: Fri Feb 21, 2020 8:56 am
by tripodmvr
Geoffrey Barraball ? Waar is die Weskaap manne?

Re: Vuurwapen kaliber sertifikaat

Posted: Fri Feb 21, 2020 10:08 am
by Gian_dP
finch wrote:Nou sien dis my pyn, wapensmid in die kaap... Weet enige iemand van n wapensmid naby aan Somerset-Wes wat my sal kan help (behalwe vir die groot winkel in Stellenbosch) ?
Geoffery Barrabal is by Wildman, Cape Gate. Hy het myne verniet gedoen, hy doen al my geweersmidwerk. Hy sal dit binne 5min kan doen.

Bel net voor die tyd om te bevestig dat hy tyd het en by winkel is.

(021)9818180 Wildman Cape Gate

Sent from my SM-G920F using Tapatalk


Re: Vuurwapen kaliber sertifikaat

Posted: Fri Feb 21, 2020 11:17 am
by finch
Dankie almal. Ek sal seker maak my bakkie se tenk is vol, my verlof is ingesit by die werk en dat ek n kosblik pak om dan maar n daguitstappie moet maak na een van die handtjie vol geweersmede.

Re: Vuurwapen kaliber sertifikaat

Posted: Fri Feb 21, 2020 1:18 pm
by Forester
Gian_dP wrote: Fri Feb 21, 2020 10:08 am
finch wrote:Nou sien dis my pyn, wapensmid in die kaap... Weet enige iemand van n wapensmid naby aan Somerset-Wes wat my sal kan help (behalwe vir die groot winkel in Stellenbosch) ?
Geoffery Barrabal is by Wildman, Cape Gate. Hy het myne verniet gedoen, hy doen al my geweersmidwerk. Hy sal dit binne 5min kan doen.

Bel net voor die tyd om te bevestig dat hy tyd het en by winkel is.

(021)9818180 Wildman Cape Gate

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Ek moes hom R150 kontant betaal het vir dieselfde stukkie papier, dit was wel direk na die Desembervakansie...

Re: Vuurwapen kaliber sertifikaat

Posted: Fri Feb 21, 2020 2:20 pm
by tripodmvr
Ek is nie al dag mooi by met besluite van die DFO's nie. Vat 'n dop saam wat afgevuur is in jou geweer. Agterop staan daar gewoonlik 9.3x62. Is dit nie dan genoeg bewys nie. Selfs 'n beedigde verklaring van jou af behoort ook voldoende te wees. Jy gaan jouself nie benadeel sodat jy nie ammunisie kan aankoop nie.

Eish!!!!!!!