Page 1 of 1
Nagemaakte (Fake) Leopold teleskoop
Posted: Wed Feb 19, 2020 1:07 pm
by knipmes
Ek lees onlangs dat n mens versigtig moet wees vir "Fake" Leopold en Bushnell teleskope. Hoe sal jy die verskil kan sien? Is daar sekere kenmerke wat die oorspronklikes het en die nagemaakte produkte nie het nie?
Groete
Re: Nagemaakte (Fake) Leopold teleskoop
Posted: Wed Feb 19, 2020 1:24 pm
by sPRINGHAAS
Die algemeenste wat ek nog gesien het is die serial nommer onder op die teleskoop.

Re: Nagemaakte (Fake) Leopold teleskoop
Posted: Wed Feb 19, 2020 1:54 pm
by Maroelas
Jy kan jou Leupold teleskoop registreer op Leupold se website met sy serial nommer, behoort jou te wys as dit 'n fake is.
Re: Nagemaakte (Fake) Leopold teleskoop
Posted: Wed Feb 19, 2020 3:07 pm
by Capt. Yoda
As jy n bushnell scope wil koop koop hom by n winkel wat jy ken en vertrou die res behalwe die top tier Bushnells gaan fake wees. As hy enige groen en rooi illumination in het kan jy maar weet dit is n china tasco met n ander sticker op
Re: Nagemaakte (Fake) Leopold teleskoop
Posted: Wed Feb 19, 2020 3:30 pm
by knipmes
Baie dankie vir die inligting. Dit help met gemoedsrus
Groete
Re: Nagemaakte (Fake) Leopold teleskoop
Posted: Wed Feb 19, 2020 4:13 pm
by JCR
Jy kan op Leupold se website gaan kyk daar is 'n link na goed om voor te kyk vir die fakes. Groete
Sent from my CLT-L09 using Tapatalk
Re: Nagemaakte (Fake) Leopold teleskoop
Posted: Wed Feb 19, 2020 6:09 pm
by knipmes
Ek het Leupold in die VSA per e-pos genader, die besonderhede van die teleskoop voorsien en gevra of hulle dit kan bevestig dat dit nie n namaaksel is nie.
Binne n paar uur het hulle geantwoord." Based off that SN I have no reason to believe that it is a couterfeit."
Dit is nou goeie, vinnige diens.
Re: Nagemaakte (Fake) Leopold teleskoop
Posted: Thu Feb 27, 2020 9:32 am
by JCR
So dan sê hulle dit is nie 'n counterfeit nie.
Sent from my CLT-L09 using Tapatalk
Re: Nagemaakte (Fake) Leopold teleskoop
Posted: Thu Feb 27, 2020 9:41 am
by knipmes
JCR wrote: Thu Feb 27, 2020 9:32 am
So dan sê hulle dit is nie 'n counterfeit nie.
Sent from my CLT-L09 using Tapatalk
Dit is reg ja. Hy bedoel dit is n oorspronklike Leupold teleskoop. Nie een wat in China vevaardig is nie.
Re: Nagemaakte (Fake) Leopold teleskoop
Posted: Thu Feb 27, 2020 10:01 am
by toxicsox
Ek het 'n e-mail gestuur na Leupold - ek wou kyk of wat die winkel vir my gesê het Leupold saamstem.
Ek het die volgende dag my antwoord terug gekry.
Re: Nagemaakte (Fake) Leopold teleskoop
Posted: Sat Feb 29, 2020 3:12 pm
by JCR
Goeie diens. Dankie.
Sent from my CLT-L09 using Tapatalk