Page 1 of 1

Black Moose Teleskope teen 'n winskoop!

Posted: Mon Feb 17, 2020 11:39 am
by Geno
More julle.
Ons het die volgende deal wat ons op albei vergrotings Black Moose scopes kan doen:

Vir R3,000.00 kry jy 'n teleskoop afgelewer op jou lessenaar (binne RSA).
R500.00 van die aankoopbedrag gaan na die droogtehulpfonds van jou keuse.

Jy spaar dus R800 op die aankoopprys sowel as R130 vir die koerierbedrag!

Stuur my asb 'n e-pos op geno@ggvarminting.co.za of Whatsapp (Nie bel nie asb, ek jag meeste aande so ek slaap in die dag) op 0825354100

Image

Re: Black Moose Teleskope teen 'n winskoop!

Posted: Mon Feb 17, 2020 12:51 pm
by Frederik
Goeie koop teen lekker prys plus jy kry iemand gehelp.

Re: Black Moose Teleskope teen 'n winskoop!

Posted: Tue Feb 18, 2020 1:06 pm
by Geno
Groot dankie aan die manne wat sover 'n paar scopes gekoop het!

Re: Black Moose Teleskope teen 'n winskoop!

Posted: Tue Feb 18, 2020 1:23 pm
by tripodmvr

Re: Black Moose Teleskope teen 'n winskoop!

Posted: Tue Feb 18, 2020 2:51 pm
by airhunter
Hi Geno

Wat is die eye relief op die 1-6x24?

Re: Black Moose Teleskope teen 'n winskoop!

Posted: Wed Feb 19, 2020 10:12 am
by tripodmvr
Betaal gister 13h00 vir so scopie en epos na Geno. Stuur later opspoornommer van die koeriers - 16h23.

Op de kop 10h00 word dit afgelewer.

Puik diens van Geno en die koeriers. Komplimente is aan die orde van die dag.

Velen dank.

Nou vir die opsit en instel.

Re: Black Moose Teleskope teen 'n winskoop!

Posted: Wed Feb 19, 2020 10:21 am
by Frederik
Oom Marius jy gaan lekker speel en verbaas wees wat die scope kan doen vir sy prys.

Re: Black Moose Teleskope teen 'n winskoop!

Posted: Wed Feb 19, 2020 10:29 am
by Geno
airhunter wrote: Tue Feb 18, 2020 2:51 pm Hi Geno

Wat is die eye relief op die 1-6x24?
Ek het nou die een op my .416 gemeet.
Op 6x kry ek dat die beeld mooi is vanaf 75mm en 125mm
Op 1x kry ek die beeld mooi vanaf 75mm tot +-150mm

tripodmvr wrote: Wed Feb 19, 2020 10:12 am Betaal gister 13h00 vir so scopie en epos na Geno. Stuur later opspoornommer van die koeriers - 16h23.

Op de kop 10h00 word dit afgelewer.

Puik diens van Geno en die koeriers. Komplimente is aan die orde van die dag.

Velen dank.

Nou vir die opsit en instel.
Plesier Oom Marius. Ek glo Oom sal tevrede wees!

Re: Black Moose Teleskope teen 'n winskoop!

Posted: Tue Feb 25, 2020 7:50 am
by Geno
So op payday is dit altyd 'n goeie idee om eers 'n paar rand op 'n nuwe teleskoop te spandeer ;)

Re: Black Moose Teleskope teen 'n winskoop!

Posted: Tue Feb 25, 2020 8:25 am
by tripodmvr
Baie maklik die Moose ingestel gekry na aanvanklike opstel met Lynx kollimator. Senterkolletjie is effe kleiner as 1 duim op 100m. Help met die inskiet.
Beeld is mooi duidelik en vir jag gaan hy baie goed werk. Verligting van die kol sal baie help in swak lig toestande.

Re: Black Moose Teleskope teen 'n winskoop!

Posted: Sat Mar 07, 2020 5:02 pm
by tripodmvr
Vandag weer met die Moose geskiet. Met Highland 175gr ingestel en 3 skote vandag in en om die kol met so 1,5 duim groep. Zero het dus nie geskuif nie. Die helder beeld help om fyn te kan mik.

Re: Black Moose Teleskope teen 'n winskoop!

Posted: Sun Mar 08, 2020 5:11 pm
by tripodmvr
Skoot links onder was uit 'n skoon loop. Biltong sou huis toe gekom het !!!!
7x64 Highland 175gr Groep Klein.jpg

Re: Black Moose Teleskope teen 'n winskoop!

Posted: Sun Mar 08, 2020 5:12 pm
by tripodmvr
Beeld het self gedraai. High is bo teiken geskryf.