Page 1 of 1

Howa 223's kry nou 1:8 twist loop

Posted: Mon Feb 10, 2020 5:43 pm
by Dumbluck
Ek het laas jaar April gehoor op 'n podcast dat Howa sy 223's nou met 1:8 twist loop gaan bou so ek hou my ore al oop van toe af.

https://www.podbean.com/media/share/dir ... ce=w_share

Ek blaai gister die nuutste Legacy Sports katalogus deur en sien meeste 223's word nou adverteer met 1:8 twist so dit is iets om na uit te sien.

Hulle is nog nie eers op Brownell's beskikbaar nie, maar ek sien meeste 1:9twist 223's wys "discontinued".

Weet nie wanneer ons hulle eendag hier gaan sien nie, kom ons kyk.

https://www.legacysports.com/wp-content ... df#page=12

Re: Howa 223's kry nou 1:8 twist loop

Posted: Mon Feb 10, 2020 6:06 pm
by Apie
Was dit 1 April...?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Howa 223's kry nou 1:8 twist loop

Posted: Mon Feb 10, 2020 7:11 pm
by Jurie Vermaak
RS Sport in Welkom het vandag Howa 223 met 1:8 lope adverteer

Re: Howa 223's kry nou 1:8 twist loop

Posted: Mon Feb 10, 2020 7:20 pm
by Jurie Vermaak
20200210_191806.jpg

Re: Howa 223's kry nou 1:8 twist loop

Posted: Mon Feb 10, 2020 9:00 pm
by Nico Harris
My mini aksie het ook 1in8” twist.

Re: Howa 223's kry nou 1:8 twist loop

Posted: Mon Feb 10, 2020 9:14 pm
by Dumbluck
Ek het nou net die ook gesien op FB, my hel, praat van die duiwel.
Natuurlik net 'n jaar of wat na ek 'n 1:9 gekoop het.

Re: Howa 223's kry nou 1:8 twist loop

Posted: Mon Feb 10, 2020 9:45 pm
by junglejulian
Is dit beter vir 70-80gr lang tpl koeels om die kort aksie of mini aksie te koop? Watter aksie is het die beter magasynkas lengte?

Re: Howa 223's kry nou 1:8 twist loop

Posted: Mon Feb 10, 2020 10:10 pm
by Dumbluck
junglejulian wrote: Mon Feb 10, 2020 9:45 pm Is dit beter vir 70-80gr lang tpl koeels om die kort aksie of mini aksie te koop? Watter aksie is het die beter magasynkas lengte?
As jy 'n kort aksie in 'n MDT/KRG/Warrior cassis/kolf kan jy MDT Polymer magasyn gebruik met 2.550" maks TPL

Ek weet ongelukkig nie wat die beperkings van die mini aksie magasyn nie (ek verstaan hy kom met 'n magasyn), ook nie die Howa plastiek bottom metal en magasyn vir hul kort aksies nie.

Re: Howa 223's kry nou 1:8 twist loop

Posted: Mon Mar 09, 2020 6:24 pm
by Piet Breedt
Ek het n 1/8 twist Howa .223 en sukkel my gat af om die 70gr Berger en die 75gr Berger en 75gr Hornady ELD M te kry om mooi te groep. Oom Kassie Kasselman se vir my dat die .223 hom nie vinnig genoeg stoot om mooi te stabiliseer, selfs met die 1/8 twist loop. Ek soek dus nou na 69gr Sierra TMK koeëls. Ek hoor hulle werk mooi. Ek het 69gr Nosler CC probeer en dit lyk of hulle gaan werk. Selfs die 70gr Nosler RDF's werk ook glad nie, Ek dink al die VLD koeëls is te lank en stabiliseer nie op die lae spoed nie. Ek weet van iemand wat die 75gr koeëls, en selfs 80.5gr Bergers mooi laat werk in sy .223, maar ek is nie bereid om teen daardie drukke te skiet nie

Re: Howa 223's kry nou 1:8 twist loop

Posted: Mon Mar 09, 2020 6:25 pm
by Piet Breedt
Ek het n 1/8 twist Howa .223met 26" loop en sukkel my gat af om die 70gr Berger en die 75gr Berger en 75gr Hornady ELD M te kry om mooi te groep. Oom Kassie Kasselman se vir my dat die .223 hom nie vinnig genoeg stoot om mooi te stabiliseer, selfs met die 1/8 twist loop. Ek soek dus nou na 69gr Sierra TMK koeëls. Ek hoor hulle werk mooi. Ek het 69gr Nosler CC probeer en dit lyk of hulle gaan werk. Selfs die 70gr Nosler RDF's werk ook glad nie, Ek dink al die VLD koeëls is te lank en stabiliseer nie op die lae spoed nie. Ek weet van iemand wat die 75gr koeëls, en selfs 80.5gr Bergers mooi laat werk in sy .223, maar ek is nie bereid om teen daardie drukke te skiet nie

Re: Howa 223's kry nou 1:8 twist loop

Posted: Mon Mar 09, 2020 8:16 pm
by Heinds
Piet ons skiet die 70gr rdf hier teen die kus uit ons 1:8 tikka en hulle loop mooi. 3050fps

Re: Howa 223's kry nou 1:8 twist loop

Posted: Mon Mar 09, 2020 10:20 pm
by Apie
Piet Breedt wrote:Ek het n 1/8 twist Howa .223met 26" loop en sukkel my gat af om die 70gr Berger en die 75gr Berger en 75gr Hornady ELD M te kry om mooi te groep. Oom Kassie Kasselman se vir my dat die .223 hom nie vinnig genoeg stoot om mooi te stabiliseer, selfs met die 1/8 twist loop. Ek soek dus nou na 69gr Sierra TMK koeëls. Ek hoor hulle werk mooi. Ek het 69gr Nosler CC probeer en dit lyk of hulle gaan werk. Selfs die 70gr Nosler RDF's werk ook glad nie, Ek dink al die VLD koeëls is te lank en stabiliseer nie op die lae spoed nie. Ek weet van iemand wat die 75gr koeëls, en selfs 80.5gr Bergers mooi laat werk in sy .223, maar ek is nie bereid om teen daardie drukke te skiet nie

Ek het ook gesukkel met 8 twist en gewig bo 70 grein(loop was ook gaar sondit kon bydra)

Die 68gr Hornady Match sal ook werk in 8 twist lope




Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Howa 223's kry nou 1:8 twist loop

Posted: Mon Mar 09, 2020 10:21 pm
by Apie
Kyk ook na die nuwe 53gr Vmaxe

Hulle het baie mooi BC en sal goed werk teen so 3200fps


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Howa 223's kry nou 1:8 twist loop

Posted: Thu Mar 12, 2020 2:16 pm
by Alwin
Die Howa 223 met die kort aksie (nie mini nie) het dieselfde lengte magasynkas as 'n 308 (maar smaller). As jy die spasiëer-plaatjie uithaal, kan jy na 72mm toe gaan, maar die volger kantel en die ding werk nie. Jy kan 'n 6 - 7mm dik plaat agter in die magasyn sit, dan voer hy die langer 223 patrone goed. Sodra jy seker is hy is die regte grootte, plak hom daar vas.