Page 1 of 3

Jagveld Flaters!!

Posted: Wed Nov 30, 2011 2:51 pm
by Cobus(Cobb)
Kom vertel bietjie op die forum waar jy lekker bolle in die veld aangejaag het, moenie skaam wees nie, almal het al flaters begaan...

Ek begin sommer..

Ry op landy vir "spot and stalk" en sien groot vlakvark sog, klim gou af en gids maak stokke oop, maar te naby aan die landy.
Varke raak kwaai onrustig en ek weet ek moet gou skiet...met die Landy teen my rug, 'n geleende 30-06(my 308 het scope moelikheid gehad) en die sog nie 100% sigbaar nie, raak ek oorywerig en skiet, bo-oor haar en skiet die varkie agter haar, se agterbene heeltemal weg..(het hom nooit eers gesien nie)...Shame, ons het hom darm gou gekry en uitgehelp, hy het 8 kg uitgeslag..

Ek moes daai aand 'n paar lelike straf doppe afsluk en het tot vandag toe nognie 'n oordentlike vark gepiets nie.

Cheers

Re: Jagveld Flaters!!

Posted: Wed Nov 30, 2011 4:09 pm
by FE
Ek dink dit is 'n baie goeie idee!! Ons gaan almal lekker vir mekaar lag in goeie gees!!

Die eerste keer wat ek deel neem aan 'n pret skiet by die vereeniging, verstaan ek nie maar my teiken is leeg en dit is sommer op 'n kort afstand. Toe sou ek agterkom ek het die teikens verwar met die man langs my sin. Lekker gat gevoel!! ;D ;D Een van die ouer manne het vir my ges? ek moet nie te hard wees op myself nie, selfs die gesoute skuts kom dit soms oor.

Ek het dit wel met die laaste PMP skiet weer gesien hoe manne op mekaar se teikens skiet.

Re: Jagveld Flaters!!

Posted: Thu Dec 01, 2011 6:51 pm
by Cobus(Cobb)
FE,

Lyk my ek en jy is op die verkeerde forum...die lyk my na 'n plek met OF, manne wat nooit fouteer nie OF baie baie skaam kry oor hulle flaters...

Ek stel voor ons begin ons eie forum met gewone ouens... ;) ;)

Kom ouens, kom vertel bietjie....

Cheers

Re: Jagveld Flaters!!

Posted: Thu Dec 01, 2011 8:29 pm
by herley
Ek was een aand met n vriend na hul plaas toe om te jag en ons kry oe so 30m agter n bos en hy se toe dit lyk soos n luiperd, na vele gestaan en praat oor die luiperd staan die GROOTSTE gemsbok wat ek nog ooit gesien het op en ek le aan om te skiet, ek skiet daai bok heel mis, tot nou toe spook hy by my, dit was so 7 jaar gelede

Re: Jagveld Flaters!!

Posted: Thu Dec 01, 2011 8:38 pm
by PITSMIT
ek het saterdag wat verby is n massiewe vlakvark sog op +- 180 tree heeltemal mis geskiet ;D ;D

die ouens saam wie ek gejag het is gesoute oop visier varkjagters en hulle wou hulle doodlag vd "groot" vlakvark wat my scope tot teen my geweer getrek het en ek mis geskiet het ;D ;D :D :D

dit het niks gehelp dat ek hulle probeer verduidelik hou klein n vark se voorkop tussen die o? is nie en dat jy versigtig moet wees om hom nie in die snotboks te skiet nie :'(

het rakelings misgeskiet bo oor die kop en dit met my geliefde 270  ek skaam my dood :P

hulle al die pad terug van grahamstad af die lewendige mickey uit my uitgehaal ;D ;D

Re: Jagveld Flaters!!

Posted: Thu Dec 01, 2011 8:44 pm
by JOHANNIC
Wel as julle dan nou so aandring.....

Hierdie is meer n F%K%P as n flater gewees..........

Toe ek st 9 was het ek en 2 van my maters(1stespan stute) gou n springbokkie gaan skiet voor ons rugby toer na Hans Merensky rugby week sodat ons darem bitong en droe? vir die pad gehad het...

Nou ja, ons sien toe n blesbok op die grens draad staan(lees wildwering) ons het dadelik die cruiser plankdwars gedraai sodat ek met my pa se 243 die blesbok kon klits...maar voordat ek verder gaan laat ek eers die politiek rondom VENTERSDORP verduidelik in die tagtigs (voor die AWB :police:)
Jy was of KP  of NP.........(NOU JA IN ST 9 BETEKEN POLITIEK MOS NIE VEEL  ???)

dis mos n grootmens ding....

Terug by die storie...ons buurman was NP en immers in die parlement...

Toe ek die blesbok met een skoot pragtig morsdood skiet,skreeu ons van opgewondenheid dis mos n m%erse bok invergelyking met n karige ou springbokkie :-\

Dit was ook die verste skoot wat ek destyds geskiet het....
En ja die verdomde blesbok was so 40m in die buurman se kamp......

om met n 4 vergroting op 300m+ te skiet sien jy mos nie(lees wil nie sien nie) mos nie DRADE nie ;D

Nou ja...soos die duiwel dit wou h? was onse buurman omtrent 1500m van die blesbok af toe ek hom morsdood skiet,hy het die skoot gehoor en natuurlik gaan kyk of ons nie dalk sy bokke inplaas van ons bokke skiet nie.

Wel om die storie kort te maak nadat onse buurman n saak gemaak het oor die ou do$nerse blesbok en ons op daardie Vrydagaand
in die polisie kantoor gaan draai het...het ons drie geleer dat POLITIEK niemand se maat is nie

En nadat ons elkeen 6 van die bestes by die hoof gekry het en dat die dominee teenwoordig moes wees net om seker te maak dat POLITIEK se?vier het ek besluit...dat n n Nikko Sterling 4x vergroting die grootse onder die son is ;D ;D ;D

En ons het toe nog gaan toer met seer gate ook...........en sonder bitong ;D ;D ;D
Dit als a.g.v die KP

Re: Jagveld Flaters!!

Posted: Fri Dec 02, 2011 6:43 am
by Stefan764
Hahahahahahaha!!!

Goeies Johan!!! Myself nou ampe vrek gelag  ;D ;D ;D ;D

Re: Jagveld Flaters!!

Posted: Fri Dec 02, 2011 6:48 am
by Monrique (SJ)
Lekker kerels. Mooi man!

LOL


Groetnis

Re: Jagveld Flaters!!

Posted: Fri Dec 02, 2011 7:24 am
by GreyGhostGear
Nou nie met myself gebeur nie, maar lekker gelag.
Oppad terug van Suid-Wes af die jaar slaap ons oor daar naby Grunau. Daar is toe ook 'n paar manne van die Wes kus wat daar rond jag en hulle vertel stories soos net die Wes Kussers kan.
Nou hulle haal toe die een ou uit wat so mis skiet op die Sprinbokke die een dag, hulle reken die ou staan later so half lyf in die doppe, maar niks val nie! ;D

Re: Jagveld Flaters!!

Posted: Fri Dec 02, 2011 8:03 am
by Camo Joe
Dag se,

Ek en pa het so twee jaar terug in die suide van Namibia gaan jag,eerste skof het ek bestuur en my pa het gegooi met die 270,nie lank nie skiet my pa 2 gemsbokke bymekaar,eerste een bo op die duin ander een teen die voet van die duin,ons gaan haal toe eers die een wat hy bo op die duin geskiet het,kla gelaai ry ek onder toe,toe ons by die tweede bok kom toe staan sy hare al,goeie teken dat hy dood is,die boer by wie ons gaan jag het het net boesmans op sy plaas,so tweede bok op laai is ek en n boesman op die bakkie en my pa tel die kop op,ek trek aan een van die agter pote en die boesman het die bok se stert rondom sy arm gedraai,die agter poot wat los hang het so stadig terug geval en ek neem ma aan met daai laaste betjie styf trek met n spoed terug gekom,slaan die ou wat lang my staan vol op die mond,hele bo lip so te se oop geskeer,jy sien die arme ma se tande sonder dat hy sy mond oop maak,met koue water en lappe het ons darem die man kalmeer,ons het toe besuilt dat ons sal terug jaag plaas huis toe en dan sal ek die ander bakkie vat en jaag vir die dorp,wat Stampriet is so +- 50 km van die plaas af,ek moet se as dit ek was wat so geskop is deur n gemsbok so ek moontlik van die pyn gedood het,

Nog op pad plaas huis toe nie ver van waar ons die bokke geskiet het nie,klop die die boesman op die bakkie se dak,ek en my pa is onder in druk dat daar dalk iets fout is en dat die man dalk erger af is,toe my pa uit klim om hom te vra wat fout is toe se hy: SSsssss meneer die trop gemsbokke staan net teen da teen die randtjie,skiet nog ene,

Ek en my pa grap nou nog daoor,nie dat die man geskop is nie ma dat as dit een van ons was sou ons beslis nie gestop het om nog n bok te skiet nie,

Re: Jagveld Flaters!!

Posted: Fri Dec 02, 2011 8:23 am
by henried
My 2de jag met die boog was ek baie gelukkig om n 2de skoot op 'n blesbok te kry...

Ek was in 'n elevated hide met 4 skietgate. Die blesbokke het om die hide beweeg, so ek moes oop en toe maak soos hulle beweeg. 'n Mooi ram het by die krip gaan staan, ek het die skiet gat se deur oop gemaak, maar nie in gehak nie. Ek was op full draw en het die sneller getrek toe die wind die deurtjie toe waai. Dit het geklink soos 'n geweer skoot in die hide...

Ek het 'n 2de pyl genock en die skiet gat stadig oop gemaak, en ingehak, die blesbok het nog net daar gestaan, my 2de skoot was mooi. Die 2 pyle was so 50cm uit mekaar in die nat grond langs die krip. Die eerste pyl moes net voor die bok verby gegaan het.

Re: Jagveld Flaters!!

Posted: Fri Dec 02, 2011 8:43 am
by tafjak
Ja

Lyk my die Kapenaars sukkel om te skiet/jag. Daar is 'n ou wat gereeld van Caledon/Elgin kom jag by 'n maat van my. Hy moes later jare die jagter se dagfooie aanpas(positief) om geld uit hom te maak. O ja, sy geskiete wild is nou verniet, maar betaal R2500/dag. Het glo ook nog nie vir die laaste 7jaar iets raak geskiet nie. :D

Ja nee, 'n plan moet gemaak word!

Re: Jagveld Flaters!!

Posted: Fri Dec 02, 2011 8:56 am
by VdWalt
;D Ek het die jaar op 'n plaas gejag wat 100% van bok se geld vra vir mis skote!!
Mens leer gou om mooi te dink voor jy aan die sneller raak.

Re: Jagveld Flaters!!

Posted: Fri Dec 02, 2011 9:25 am
by DawieKotze
Ek was std 7 (nou graad 9). Oorlede Oom Wouter Hugo se plaas Kais, daar duskant Aroab in Suidwes - oop visier 308 en een van sy stoet dorper ramme  :-[ :-[ :-[

Eish - die storie maak te seer om oor te vertel!! :-X :-X :-X

Re: Jagveld Flaters!!

Posted: Fri Dec 02, 2011 10:55 am
by Born2Late
More Manne.
Die het nou nie in die jagveld gebeur nie maar was vir my n groot les in vuurwapen veiligheid.Ek was deel van n groep wat n klomp transito rowers hof toe moes begelei.Die pompaksie haelgeweer het net ingekom en ons was nog besig met opleiding.Elkeen is uitgereik met n 9mm en n pompaksie.Ek het my pompaksie gespan maar nie gelaai nie en die patrone in my sak gedra aangesien ek meer op my 9mm vertrou het.Terug van die hof af het ek my geweer vir n ou gegee om vas te hou terwyl ek my pistool afhaal.In die arsenaal het ek alles terug geteken en die pistool veilig gemaak.Ek het onthou die pompaksie was nog gespan en het die loop in die lug gehou(gelukkig)en die sneller gedruk.Het julle al n haelgeweer skoot in n 4mx4m kamertjie gehoor?Ek het n helse gat in die sement dak geskiet en n venster heeltemal uitgehaal tot in die vogende kantoor.Die ou vir wie ek my geweer gegee het om vas te hou het sy gelaaide geweer vir my terug gegee.Uit dit het ek geleer om ALLE vuurwapens as gelaai te beskou totdat ekself seker gemaak het,en om nooit weer n ding te hanteer as ek nie 100% weet hoe hy werk nie.Ons was gelukkig.Die arsenaal kontroleur was vol wit sement stof,ons almal was lam geskrik en ek was in my lewe nog nooit so geskel nie.Tot vandag toe maak vuurwapens in vreemde ouens se hande my vrek senuweeagtig.
Groete
C.B

Re: Jagveld Flaters!!

Posted: Fri Dec 02, 2011 11:31 am
by Dewie
Halo Forumlede

My laaste jag, het ek 'n Rooibokram vir 500m gestalk
todat ek 'n oop skoot op die bok gehad het, die 308
op die skietstokke gesit, en die sneller getrek.
Die ram het hoog gespring...en ek het gedog ek het hom!
Toe ons daar kom waar die Rooibok gestaan het,
het ek en my pa, en die gids geen bloed gevind nie.
Dit was my eerste bok wat ek heeltemal misgeskiet het.
Ek wonder tot vandag toe wat daar verkeerd gegaan het :P :-\ ???

Dewie

Re: Jagveld Flaters!!

Posted: Fri Dec 02, 2011 11:54 am
by PITSMIT
ou dewie

hulle roep hom bokkoors hahahaha ;D ;D ;D

nee spot net  ek het soos ek se saterdag ook misgeskiet en dis met my snoeisker gewees  dit gebeur maar jong

Re: Jagveld Flaters!!

Posted: Fri Dec 02, 2011 12:49 pm
by Camo Joe
Hierdie het nou nie self met my gebeur nie,ma die boere by wil ons altyd gaan jag het in die suid het my vertel van sy oupa,daar was glo 3 manne wat by hulle op die plaas kom jag het en oupa sou hulle die dag uit vat,die aand voor die tyd is mooi geverduidelik hoe dit werk,en ook die goue reel van springbokke in die suide jag is met hulle gedeel,as die bakkie tot stilstand kom bo op die duin het jy 5 sekondes dan moet die skoot klap,

Oggend vroeg op en hulle is na die wild kamp toe,die 3 jagters agter op en oupa bestuur,op die eerste duin kom stop,springbok trop wat in die straat staan,na 5 sekondes het die bokke begin hardloop en da is nie eens een skoot geskiet nie,voordat hulle aan gaan het die oom hulle mooi verduidelik dat hulle moet wakker wees hulle gaan nie heel die sulke geleenthede kry nie,by die tweede duin gekom en selfde storie,bokke staan,gee skoot is geskiet en die bokke is oor na die volgende duin,

Nou kyk,suide boere is mense wat maklik inval by die program,met groot harte en goeie maniere,MAAR moenie hulle tyd mors nie,op daai tweede duin het oupa vir hulle mooi laat verstaan dat as daar nie teminste n skoot klap by die volgende duin nie,draai hulle om en gaan huis toe,want so kan hy nie aan gaan nie,

Toe daai bakkie op daai derde duin stil hou,toe klink dit soos oorlog wat hier van agter af kom,die manne gooi lood dat dit goed gaan,maar daar is nie n bok in sig nie,die oom se na dit kom hy nie anders om te lag nie,

Die 3 jagters het kalmeer en aan gegaan om n suksesvolle jag te he,

Re: Jagveld Flaters!!

Posted: Fri Dec 02, 2011 12:49 pm
by marno
Ek het so maand of wat terug op ons plaas ga jakke jag.  Als het mooi geloop, 3 jakke in 'n redelik kort tydjie gekry.

Nou ja, na ander staan plek toe en daar geroep.  Ek sien toe in die lang gras op so 120m daar kom kat aan. nou ja daar is redelik rooikatte by ons.  Dog toe dis 'n jong rooikat.  Sien hy is mooi oppad na die springhaas toe wat so in distress is.

Laat loop toe die 22-250 met 'n 55gr vmax.  Doep mooi en ek is baie in my skik met die rooikat wat ek so in die lang gras geskiet het.  Toe ek gaan optel sien ek die pragtigste groot................HUIS KAT!

Lekker poepol gevoel.   Dit was nie eers naby 'n huis nie so nie gedink daar sal 'n huis kat opdaag nie.

Re: Jagveld Flaters!!

Posted: Fri Dec 02, 2011 4:31 pm
by tripodmvr
Born2Late - kan my indink hoe julle geskrik het.

My storie gaan oor die enigste keer wat my oorlede pa my na Ellisras vergesel het om te gaan jag. Hy was toe 65. Ons het vroegoggend uitgegaan en die son het net begin kop wys. Ons kry rooibokke en 'n ooitjie staan met die son agter haar. My pa het jare laas geskiet en knyp los met my 303 sporter. 'n Pragskoot en sy val net daar. Met die naderstap word ons ontnugter - dit is toe waarlik 'n November lam wat groot vertoon het teen die opkomende son. Die plaaseienaar het darem afslag gegee.

Ek loop verder en kry nog 'n trop rooibokke wat oor 'n pad hardloop. Een van die bokke steek vas en ek sien horings. Soos mes toe l? hy!!! By hom gekom is hy nog kleiner as die ooitjie wat my pa geskiet het.

Die ongeduld van die jeug is al wat ek kan s

Re: Jagveld Flaters!!

Posted: Fri Dec 02, 2011 7:18 pm
by Flip Nel
Was nog op skool en ry op die plaas om iets te gaan doen, die kamp waarin ek ry is so 1000 hektaar met geen mak diere nie, soek Eland vir biltong, dis nie jag nie, soek net vleis, wel ry ingedagte en sien iets tussen die bosse, briek en al wat ek kan sien is die grys skouer tussen die takke, kan sien dis 'n volwasse Eland koei, net reg vir vars vleis.  Laat loop en skiet agter die blad, en toe bars daar 'n donkie uit, een van die werkers se donkies het deurgekruip, gelukkig het die krokedil plaas hom kom haal.  En ja vir jare het ek gehoor van die donkie skieter

Re: Jagveld Flaters!!

Posted: Tue Dec 06, 2011 4:06 pm
by baboonstalker
Dit is nou wel nie 'n jagveld flater nie, maar julle waardeer hom dalk tog:

Laasjaar Oktober en November is mammie Parys toe, en as die kat weg is, is pappa baas! man daardie twee maande het dit lekker gegaan en ons het baie geskiet, snags varke gejag en ek het gemaak soos die muis moet as die kat weg is.

Ek en my jagmaat besluit ook dit is tyd vir wors maak en ek flans toe sommer vinnig een Saterdag middag my "worsmasjien" aan mekaar. Ouma word ontbied om die aand na die kinders te kom kyk want hier gaan gewors word.
Nou die worsmasjien is nie 'n konfensionele masjien nie, dit is 'n outomatiese pneumatiese  uitvidsel wat derms vinniger kan volstop as wat jy hulle kan voer. Om die affere bietjie meer gebruikersvriendelik te maak is hy ook toegerus met 'n versneller (presure regulator) om dinge so 'n bietjie oemf te kan gee indien nodig.

Toe alles reg is en die Brannas en Coke gegooi is, stel ons op in die kombuis en die skottels vol vleis staan gereed vir die groot stop. Aanvanklik sukkel ons so bietjie om die spoed reg te kry, maar met een man wat derm voer en die ander een wat die regulator beheer begin dit na besigheid lyk. Toe ons net mooi op dreef is staan ouma ook nader om te kom kyk. Net daar gebeur dit toe dat 'n blokasie so effens terughou op die vry vloei van vleis en met die dat die druk so bietjie opbou (ek vermoed die regulator man het hom ook so 'n bietjie aangedraai) glip daar so 'n "knertsie" wind by die piston verby en daar klap die skoot.
Ons skiet met een skoot vir ouma toe onder die vleis! sy het selfs vleis onder haar klere gehad. Verder het die kombuis ook redelik deurgeloop onder die vleis en selfs die mure, mikrogolf en yskas was vol vleis.

Gelukkig was mammie v?r weg en ouma het 'n goeie sin vir humor, want vir die 3 van ons (ek, my pel en die brannas) was dit moer snaaks!

Re: Jagveld Flaters!!

Posted: Tue Dec 06, 2011 4:36 pm
by BLOK
Terwyl ek nog op skool was seker so stander 7 of 8 boer ons tussen Bray en Vorstershoop, nou Watersend militere basis was maar so klipgooi van ons af maw 308 ammo was volop. Alles was met daai geweer geskiet van muisvoels tot kudus patrone is mos fo free.

Elkgeval so het ek altyd met die geweer tussen my en die bakkie se deur gery met sy loop na onder was n dubbel kajuit so ek trek net die kolf terug stoot die loop by die ruit uit en gooi. So het ek al die dag n paar skote geskiet en ek nader n plaashek met die briek trap weet ek nie wat gebeer nie maar daar gaan n hengse ontploffing in daai bakkie af,

Daai klank is so kliphard dat my ore skoon toe geslaan is en dan weergalm dit boonop nog ook. Julle sal nie glo hoeveel jaar se kalahari stof kan so bakkie opgaar nie en julle sal seker ook nooit weet hoe dit lyk as al daai stof op een slag binne in die bakkie in die lug hang nie, dis so erg jy kan nie eers die bakkie se bonnet sien nie. Na alles gaan le het en ek nog so doodstil sit van die skrik kom ek tot die besef waar daai koel in is. Reg tussen die briek en clutch pedaal nou kyk op Tom & Jerry flieks wys hulle altyd as daai koel n gat gemaak het krul die voorwerp wat getref is altyd sulke groot krulle terug, ek het altyd gedink daai is n bogstorie maar kom ek julle vertel daai comics sit nie aan nie dit lyk werklik so.

Ek sit weer nog so en bewonder die masiewe bekleedsel gat met sy perfekte terug krulle toe slaat dit my weereens "waar is daai koel heen nadat hy deur die bekleedsel is." Ek het so loop langs gekorrel en onmiddelik die koudste gevoel oor my rug gekry "seker reguit ratkas toe" Ek klim toe maar met n swaar hart uit want hier is moeilikheid en onder die bakkie in. Julle sal nie glo die verligting nie By die bakwerk uit bo in die chassis in en een helse duik aan die onderkant van die chassis. Julle weet nie watse verligting dit is nie.

Nou moet ek nog net plan maak met die gat in die mat hoe gaan ek dit vir my pa verduidelik. Terug by die huis reguit stoor toe en n stuk konveyor gesny op die grote van die plekmat om sommer goed Gemkem gegooi en nog met so ses boute ook vasgetrek. Pa was maar skepties oor die plan van my oor die mat wat nou nie meer so gaan rondskuif nie maar het later erken dit werk nie sleg nie.

So paar jaar terug een aand toe ek en hy vleisie op die kole het en n glasie in die hand vertel ek hom van die storie agter die matjie. Het ek en hy nou lekker gelag daaroor. Hy het ook al die jare nooit onraad gedink nie.

Re: Jagveld Flaters!!

Posted: Tue Dec 06, 2011 4:48 pm
by Skolla
Ek en n maat van my ry een saterdag namiddag al teen die lyndraad af.
Daar anderkant die draad staan een van daai draad baklei springbok ramme wat sulke lekker gate in die jakkalsproef draad maak.
Sommer oor die bakkie se spieel, op die kop, en daar l? hy.
Nou klim ons oor die draad en gaan haal hom, omtrent so 120m weg.
Terug by die draad gooi ons hom oor die draad, en daar vlieg die ram op en harloop weg, tot vandag toe.
Ons het maar net anderkant die draad gestaan, ____verstom, en vir mekaar gekyk sonder om n woord te s?.
Gelukkig het ons toe darem nie nog slagwerk gehad nie en ek hoop hy het die bokker gekry met wie hy altyd so deur die draad baklei het.

Re: Jagveld Flaters!!

Posted: Tue Dec 06, 2011 5:12 pm
by Flip Nel
is in Standerd 6, ouers gaan kuier by my sister in die klein karoo, my swear s? kan springbok skiet, bokke mak gewoond aan bakkie wat altyd deer die kamp ry om water te gaan versit, gee vir my .22, ek maar bang vir kopskoot skiet die bok in die nek, bok slaan neer en laai op, ons het mes vergeet, ry toe af om water te gaan versit, sy 5 jarige staan tussen ons en kyk agter toe, skielik begin hy lag, kyk terug, die bok staan regop agter die bakkie, toe ons briek spring hy af, gelukkig is hy nog dronk, ek skiet hom nog 'n skoot in die kop.  Senuwees was bietjie gaar daarna