Page 1 of 1

Boog vir kind

Posted: Mon Feb 10, 2020 10:43 am
by Capt. Yoda
Yes Manne, n man by die werk se meisiekind geniet nou vreeslik boog skiet die laaste tyd en hy wil graag vir haar n boog koop om naweke te sksiet.

Hy wil nou nie vol uit gaan en n hele nuwe boog koop nie want soos kinders is weet mens ook nie regtig hoe lank die nuwe liefde vir n boog gaan hou nie en met die 2nd mark vir boe wat nie regtig kook nie sit hy dan met n duur speelding by die huis.

Watse tiepe boog kan hy 2nd na kyk?

Daar is n baan waar hulle skiet waar die man taamlik 2nd boe verkoop maar met die bq werk wat hulle al op die internet gedoen het voel hulle die pryse vir daai boe is bq hoog.

Ek ken glad nie boe nie en het nie n idee waar na mens kyk nie, ek neem aan die boog sal elk geval vir die kind moet op getsel word maar mens kan seker taamlik aan die compound boe verander?

Re: Boog vir kind

Posted: Mon Feb 10, 2020 10:53 am
by Malan123
Kaptein. PM my jou nommer, ek het dalk iets wat mooi kan werk

Re: Boog vir kind

Posted: Mon Feb 10, 2020 11:39 am
by Jake1
Kyk na Diamond infinite edge boë 2e hands, hy kan baie mooi treklengte en ponde stel vir klein tot groot mense

Re: Boog vir kind

Posted: Mon Feb 10, 2020 11:47 am
by Malan123
Ek het 'n pienk bowtech razor edge wat net in my kluis le. Hy stel sommer gemaklik met die hand en hy trek baaaaie maklik. Het hom 2dehands gekoop vir my vrou net om agter te kom sy skiet links. Bygese ek weet niks van boe af nie so dit kan 'n baie swak boog wees, maar hy doen die job.

Re: Boog vir kind

Posted: Mon Feb 10, 2020 12:56 pm
by J le Roux
Dag Cappie

Jou kollega en sy dogter pak nou 'n lekker stokperdjie aan. Ek en my dogter het lekker 3Di geskiet voor haar skedule te vol geraak het.

Saam met die Diamond hierbo is die effens ouer Mission Craze of Craze II ook 'n baie veelsydige beginnersboog vir iemand wat nog gaan groei (trek lengte) of sterkter word (trek ponde).So S0 R1500 tot R3000 afhangende wat als saam kom, release trigger en sight is noodsaaklik. Daar is top in klas boe wat bitter min kan stel.

Weet maar indien sy vir langer as 'n jaar gaan skiet, gaan sy graag wil opgradeer, maar 2de handse winskope is volop.
Alhoewel dit 'n baie lekker sport is, verg dit disipline en volharding, en ek glo 90% van alle nuwe boe wat gekoop word le in kaste (myne in kluis).

OLX, Gumtree en Facebook is vol winskope, maar onvanpaste treklengte en trekkrag kan jou 'n kat in die sak laat koop. Pasop ook vir party boe wat verstelbaar is, maar selgs deur die cams te verander. Die gevolg is dat jy soms die cams ten duurste moet laat invoer.

Die man kan my kontak as hy wil gesels, PM my sy nr gerus. Ons trek nou al op boog nr 5. (2 vir my dogter en 4 vir my ;) )

Re: Boog vir kind

Posted: Mon Feb 10, 2020 1:48 pm
by sPRINGHAAS
Sal afhang van haar ouderdom, maar soos genoem is die infinite edge van diamond n baie goeie opsie. Lig en baie verstelbaar. My vrou skiet huidiglik met een. Jy kan van kind tot groot man man met hom laat skiet.

Re: Boog vir kind

Posted: Mon Feb 10, 2020 2:43 pm
by Capt. Yoda
Manne dankie vir al die raad, ek weet meer van vrouens af as van boe...
Malan123 wrote: Mon Feb 10, 2020 11:47 am Ek het 'n pienk bowtech razor edge wat net in my kluis le. Hy stel sommer gemaklik met die hand en hy trek baaaaie maklik. Het hom 2dehands gekoop vir my vrou net om agter te kom sy skiet links. Bygese ek weet niks van boe af nie so dit kan 'n baie swak boog wees, maar hy doen die job.
Malan, ek het jou my nommer gestuur vroer as jy dink om daai boog te verkoop watsap my paar fotos asb

Re: Boog vir kind

Posted: Mon Feb 10, 2020 2:47 pm
by Malan123
Siebert stuur asb weer. Daar is niks in my inbox nie

Re: Boog vir kind

Posted: Mon Feb 10, 2020 10:21 pm
by Zuku
Gaan eers na n boogwinkel en laat sy n paar verskillende boê skiet wat afgestel is na haar trek krag en lengte. Dan sal julle n goei idee kry wat is n lekker boog en wat nie, Party is so sag soos n veer en ander skop soos n donkie met dieslfde trek krag.
\
Koop in boog wat so laag as 20 pond kan stel met vesrtelbare treklengte sonder om die nokke (cams) om te ruil anderste gaan jy verskillende modules nodig hë soos sy groter word met n boog "press" om die nokke af te haal.

Die Razor Edge Is so n goeie verstelbare boog en as sy nie eendag wil skiet nie kan dit maklik gestel word vir die volgende skut.
Gaan die eerste keer na n boog kenner dat hulle die boog vir haar spesifikasie kan stel sodat sy gemaklik kan begin skiet.

Re: Boog vir kind

Posted: Tue Feb 11, 2020 8:38 am
by SakoTrippel2
Hoor by Geno of hy nog van sy "Kiddies" lyn van boë oor het.

Groete
Frans

Re: Boog vir kind

Posted: Tue Feb 11, 2020 9:31 am
by Capt. Yoda
SakoTrippel2 wrote: Tue Feb 11, 2020 8:38 am Hoor by Geno of hy nog van sy "Kiddies" lyn van boë oor het.

Groete
Frans

Die man soek nie n speel boog nie, hy soek net n boog vir n kind. Sy is 13 en ek dink sys langer en weeg heel moontlik ook meer as jy

Re: Boog vir kind

Posted: Tue Feb 11, 2020 2:33 pm
by Geno
Hier is n lekker boog vir kinders (wat wel lank en sterk is hahahaha)
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=19&t=76332

Re: Boog vir kind

Posted: Fri Apr 16, 2021 4:03 pm
by Ds J
Goeiedag Jaracal, ek oorweeg om n speelboog vir my seun te kry. Hy is amper agt jaar oud en wil af en toe met n "pyl-en-boog" speel.
Kan ek een van die kinderstelletjies by Makro kry, of waarna kyk n mens?

Re: Boog vir kind

Posted: Fri Apr 16, 2021 4:51 pm
by Zuku
Capt Oblivious

Koop n boog wat vestelbaar is vir treklengte en ponde sonder om "cams" om te ruil of om boog in n boog "vice" te sit. So kan jy sommer boog by huis stel sonder enige spesiale gereedskap. Soos die kind groter en sterker word, word die boog gestel om aan te pas. As die kind eendag nie meer wil skiet kan die boog maklik aan iemand anders verkoop word en gestel om aan te pas by nuwe eienaar.

Doen maar die moeite en besoek n spesialis om treklengte te bepaal. Baie boog winkels het 2de handse boê en sal al die regte advies gee.
Koop jy n boog wat se "Cam" omgeruil word om treklengte te stel soos kind groei, gaan jy dalk nie die"cams" kry nie of baie geld betaal en nog iemand betaal om dit om te ruil.

Re: Boog vir kind

Posted: Fri Apr 16, 2021 4:56 pm
by Zuku
PS. as jy m boog koop, vat dit eers na n kundige om te inspekteer en betaal maar die inspeksie fooitjie anderste kan die koop jou duur te staan kom om "Limbs" of "string" te vervang

Re: Boog vir kind

Posted: Fri Apr 16, 2021 6:07 pm
by Nella
Stem saam met die diamond...daai kan stel van 15lb tot 70lb en trek lengtes ook van baie jong kind tot groot man se lengte toe.
My seun se boog se standaard "biscuit rest en sght" afgehaal en beter goed op gesit en die jongman maak my skaam met sy "goedkoop" boog.

Re: Boog vir kind

Posted: Fri Apr 16, 2021 6:10 pm
by Nella
Askuus let nou eers oo na die oorspronklike plasing se datum