Page 1 of 1

Kersvader se verkyker

Posted: Wed Nov 30, 2011 2:11 pm
by Boesman
Middag manne

Kersvader het laat weet dat ek vir hom moet laat weet watter verkyker ek graag sal wil he as ek as soet sou deurgaan. Ek wil nou my bes probeer om hom te antwoord en dus as soet gemerk te word.

Ek soek julle raad.

Ek dra bril, so die verkyker moet bril-vriendelik wees, ek kan tog nie elke keer eers die bril afhaal om beter te kan sien nie.

Die ou bokker het laat weet sy begroting is so R1500-R2000.

Dit hoef nie 'n compact te wees nie, ek het mos 'n kar en 'n lyfwag, maar moet nou nie swaarder as die spaarwiel wees nie.

Roer julle, die ou oom wag.

Re: Kersvader se verkyker

Posted: Wed Nov 30, 2011 2:18 pm
by Gerhard
Dis nou gaaf van hom...

Loer maar gerus na die Nikon reeks van verkykers.

Re: Kersvader se verkyker

Posted: Wed Nov 30, 2011 2:48 pm
by MJK
Baie gaaf van die ou man

Ek het 'n Rudolph verkyker gewen by die Suid Kaap ope en is nogal beiindruk met die kwaliteit. Dink hulle gaan so R2200 by S&O. Kan hulle arm seker laat draai deur die ou man vir afslaggie

Beste gaan na die winkels en kyk watter een pas jou oge die beste...

Re: Kersvader se verkyker

Posted: Wed Nov 30, 2011 2:52 pm
by baboonstalker
Dit is jammer dat jy jou nie beter gedra het die jaar nie, anders kon jy dalk 'n Steiner gekry het. Toe ek laas deur die steiners gekyk het was ek baie beindruk met hulle en het sommer dadelik een begeer.
lyk my Steiner het net een model wat in jou budget gaan pas, maar miskien kan jy 'n las maak, of die ou perd herinner aan nog goeie dade waarvan sy/ hy al vergeet het???

Ek sit 'n link op van 'n winkeltjie wat nogal 'n groot verskeidenheid aanhou teen bargain pryse en ek is seker jy sal daar regkom.
http://www.safariandoutdoor.co.za/subca ... binoculars

BS

Re: Kersvader se verkyker

Posted: Mon Dec 05, 2011 2:50 pm
by Jeagermeister
Sjoe Boesman,

Daar by S&O se Pretoria winkel l? so 'n hopie Nikon Sporter EX 10x42 verkykers vir 1450 elk.. Kersspecial glo.. Ek het saterdag enetjie in die mandjie gesit daar vir 'n vriendin van my, sy soek ietsie vir die boogskiet...

EK het hom en die Steiner 10x42 daar van die balkon af gestaan en beloer... Mens kan sien hoekomjy so baie vir die Steiner moet betaal, maar daar is regtig niks fout met die Nikon nie...

Noudat ek terug is in die Namib is ek nogal spyt ek het nie vir myself ook so enetjie getrek nie...

Dalk as die Krismis bonus kom kan ek dalk daai Steiner onder die boom laat l?.. Aan Myself, van Myself...

Kyk regtig maar na die Nikon ook..

JM

Re: Kersvader se verkyker

Posted: Mon Dec 05, 2011 8:40 pm
by Chris101
BOESMAN

Hoop die ou boger bring vir my ook ietsie.
Die RUDOLPH is nogal hoog by my ook die brilvriendelike kwesssie hy pas my.

101

Re: Kersvader se verkyker

Posted: Mon Dec 05, 2011 9:22 pm
by tafjak
Chris

As die ou roker nie vir my iets bring nie, re?l en net-daar-en-dan 'n takbokjag oppie hys.

Hoop sommer hy lees hier, ek speel nie! :D

Re: Kersvader se verkyker

Posted: Mon Dec 05, 2011 9:30 pm
by Jagtersdok
Oom Taf
Dancer, dasher en blitzen sal in my kruis val ;D

Re: Kersvader se verkyker

Posted: Tue Dec 06, 2011 7:24 am
by Skolla
tafjak wrote: As die ou roker nie vir my iets bring nie, re?l en net-daar-en-dan 'n takbokjag oppie hys.
Laat my dink aan die stout seuntjie wat die Moeder Maria beeld uit die kerk gaan steel het en toe die briefie geskryf het;
Ek het jou Ma, stuur n rooi fiets. Of is dit nou n verkyker. ;D

Re: Kersvader se verkyker

Posted: Tue Dec 06, 2011 11:07 pm
by Boesman
Naand manne

Wat dink julle van Redfield?

Re: Kersvader se verkyker

Posted: Tue Dec 06, 2011 11:33 pm
by Francois Marais
Boesman

Glad nie sleg nie, en baie maklik binne jou prysklas,,,,,kyk daar na die 10X42 Rebel, baie lekker kompakte verkykr met baie duidelikke beeld vir sy prysklas, en n goeie waarborg oppi koop toe.....

Mooiloop
Francois

Re: Kersvader se verkyker

Posted: Wed Dec 07, 2011 12:22 am
by immelmanw
Francois Marais wrote: Boesman

Glad nie sleg nie, en baie maklik binne jou prysklas,,,,,kyk daar na die 10X42 Rebel, baie lekker kompakte verkykr met baie duidelikke beeld vir sy prysklas, en n goeie waarborg oppi koop toe.....

Mooiloop
Francois
Ek stem, maaar dan koop ek eerder die Nikon Sporter EX!

Re: Kersvader se verkyker

Posted: Wed Dec 07, 2011 7:25 am
by Francois Marais
Willem
Ek stem, maaar dan koop ek eerder die Nikon Sporter EX!
Jy kan heel moontlik reg wees, ek hou maar daarvan om aan te beveel wat ek ondervinding van/in het, en ken nie die Nikon verkykers nie, as hulle inni klas van hul teleskope is, is dit ook n goeie koop.....

Mooi loop
Francois

Re: Kersvader se verkyker

Posted: Fri Dec 30, 2011 1:33 pm
by Beretta
Manne
Wat dink julle van die Steiner verkykers nou maar een gekry 8x42 Ranger pro by SO
Beretta

Re: Kersvader se verkyker

Posted: Thu Jan 05, 2012 8:40 am
by Hugov
Ek het die Nikon Monarch 10x42 DCF gekoop en was nog nie n dag spyt gewees nie, lekker kompak en super tough.
Cheers H

Re: Kersvader se verkyker

Posted: Thu Jan 05, 2012 9:01 pm
by Freddie101
Beretta wrote: Manne
Wat dink julle van die Steiner verkykers nou maar een gekry 8x42 Ranger pro by SO
Beretta
Het 10 by 42 rangerpro Steiner gekry laas jaar en nog nie een dag spyt gewees nie
Groetnis Freddie

Re: Kersvader se verkyker

Posted: Thu Jan 05, 2012 9:26 pm
by viperian
Boesman
Kyk gerus na die NIKON Monarch
Dalk bietjie meer as R2000 maar beslis die moete werd.
Ek het my Nikon gebruik om met boogskiet vir die manne te spot en jy kan "line cutters" op 80 yards call.
Ook baie goed vir ons ouens met die brille
As KV nie instem nie dan kom spot ek vir jou as jy sy takkies omdop.
Ian ;D ;D