Page 1 of 1

Cutting Edge 22LR

Posted: Tue Feb 04, 2020 10:24 pm
by Francoisv
Ek lees hierdie raak. CE is besig om 30, 40 en 50gr Koper mono ammo te ontwikkel. Nogal 'n oplewing in die 22 mark. ImageImage

2 daughters. Plenty guns.


Re: Cutting Edge 22LR

Posted: Wed Feb 05, 2020 6:02 am
by Apie
Dit lyk mooi, ek wonder nogal wat die koste gaan wees


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Cutting Edge 22LR

Posted: Wed Feb 05, 2020 7:39 am
by Finder20
More manne as hulle so aan gaaan sal hulle moet begin om die 22 se twist vinniger te maak haha :)

Re: Cutting Edge 22LR

Posted: Wed Feb 05, 2020 7:56 am
by HunterB
Ek neem aan dit is die NRL22 wat al die nuwe .22 ammo so laat groei.

Ek was onder die indruk dat die idee agter die NRL22 n platvorm is om die speelveld gelyk te maak en goedkoop aan NRL deel te neem. Nou skiet die manne met .22 geweer/chassis/scope combos wat ek nie eers in die Elite klas sal kan bekostig nie. Nie eers te praat van wat daai ammo sal kos nie, dink dit sal meer kos as senterslag ammo.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is bitter jaloers op al daai mooi roere. Ek dink net hulle gaan maar weer met die selfde groep skuts sit wat by die gewone NRL skiet. Ek gaan nou nie my naam gaan plank met my erfstuk BRNO en Remington Thunderbolts nie.

Re: Cutting Edge 22LR

Posted: Wed Feb 05, 2020 8:06 am
by Rudi Fischer
Vandat ek die nuwe ammunisie gesien het, het ek begin wonder ... hoe hard is die ammo op n .22 loop.

Ek het nog nooit gehoor van iemand wat n .22 loop uit skiet nie, maar begin wonder of dit gaan begin gebeur ?

Re: Cutting Edge 22LR

Posted: Wed Feb 05, 2020 8:26 am
by Arnold
Rudi Fischer wrote: Wed Feb 05, 2020 8:06 am Vandat ek die nuwe ammunisie gesien het, het ek begin wonder ... hoe hard is die ammo op n .22 loop.

Ek het nog nooit gehoor van iemand wat n .22 loop uit skiet nie, maar begin wonder of dit gaan begin gebeur ?
Ek het het hoeka laasweek gelees van Dan Lilja wat skryf van een die werknemers by hom wat nou 'n .22LR se loop uitgeskiet het na meer as 200 000 skote.

HunterB, hierdie is nie vir NRL bedoel nie maar langafstand. ELR met .22 wat die ouens nou ook begin doen.
Die 30gr sal jy uit jou gewone .22 kan skiet maar die langer koeëls gaan 'n vinniger twist kort volgens cutting edge.

Re: Cutting Edge 22LR

Posted: Wed Feb 05, 2020 9:43 am
by airhunter
Apie wrote: Wed Feb 05, 2020 6:02 am Dit lyk mooi, ek wonder nogal wat die koste gaan wees


Sent from my iPhone using Tapatalk
Nog n vraag is wat die effort en koste gaan wees om sê n 1:6 twist loop te kry en installeer om die 50grein te kan stabiliseer?
Ek het bedenking dat selfs die 40grein sal werk in 'n 1:16 twist wat deurgaans maar die standaard is.
Die 30grein gaan maar swaar trek agv gebrek aan gewig.
Vir ons (meeste armgat ++>: ) Suid Afrikaaners met ons taai loop vervangings regulasies is hierdie dalk maar n pipe dream?

Re: Cutting Edge 22LR

Posted: Wed Feb 05, 2020 1:03 pm
by Capt. Yoda
Ek sal maar by een van julle 22 snipers n lekker 222 Tikka oor koop sodat julle daai 28" 1/6 twist HV SS .22 loop kan befonds
EK kan nou regtig nie aan meer tydmors dink as om n mono koel in n .22 op 600m te wil skiet nie maar to each his own soos hulle se

Re: Cutting Edge 22LR

Posted: Wed Feb 05, 2020 3:43 pm
by Armand Steenkamp
Dit is hoogtyd dat daar iets gebeur met die piskriek gewere. Dit sal net n plaas se geld kos as dit hier aankom.

Re: Cutting Edge 22LR

Posted: Wed Feb 05, 2020 4:28 pm
by Francoisv
As jy kyk wat die Eley's 22lr en ook Cutting Edge punte kos gaan dit nie goedkoop wees.

Daar is 'n ding soos small bore f-class tot 200m.dan het Ruger RPR en Bargara ook nou volgrootte trainers in 22lr.

2 daughters. Plenty guns.


Re: Cutting Edge 22LR

Posted: Wed Feb 05, 2020 5:12 pm
by WitWillem (Charl)
Boys,

Kry solank julle .22's reg. (rails / elevasie / beste koeels)

Send IT, ELR Shooting het reeds 'n baan beplan en die gongs staan al by my. Alles is nou net bietjie op "hold" tot na Mei maand.

Die eerste .22 ELR sal in die tweede helfte van die jaar gebeur - 35km buite Durbanville, Kaapstad.
- Afstande tussen 160 en 430 meter.
- Daar is ook 'n plan om .22's beskikbaar te maak vir die wat nie het nie.

Ons behoort die informasie in Junie beskikbaar te stel ... daar is die aap nou uit die mou...
C

Re: Cutting Edge 22LR

Posted: Wed Feb 05, 2020 11:11 pm
by Apie
Lui ‘n gong darem as daai .22 hom op 400meter tref?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Cutting Edge 22LR

Posted: Thu Feb 06, 2020 8:06 am
by airhunter
Apie wrote: Wed Feb 05, 2020 11:11 pm Lui ‘n gong darem as daai .22 hom op 400meter tref?


Sent from my iPhone using Tapatalk
Apie

Jy sal nie glo hoe hard daai klein loodjie nog daardie gong klap daar vêr nie. Dit is ongelooflik.