Page 1 of 1
Kursus gehou in Cradock distrik
Posted: Wed Nov 30, 2011 10:58 am
by Dawie D
More manne
Ek wil net vir Taffie n pluimpie gee vir die kursus wat hy hier in Cradock aan gebied het, dit was die mees leersaamste kursus waarop ek nog was(niks negatief oor die ander kursus aanbieders nie).Al die ander manne op die kursus was net so positief oor sy raad, kennis en ondervinding wat hy met ons mee gedeel het.
Die manne wat erinstig is oor probleem dier beheer, julle kan maar moeite doen om vir Taffie te kry om vir julle n kursus te kom aandied dis uit en uit die moeite werd.
Dit was puik Taffie hou so aan
Groete Dawie
Re: Kursus gehou in Cradock distrik
Posted: Wed Nov 30, 2011 4:51 pm
by JACQUES BOTHA
MOOI TAFFIE..
ONDERVINDING KAN NIE GEKOOP WORD NIE..
EEN VAN DIE HONDE JAGTERS OP EEN KURSUS HET EENKEER VIR N AMERIKANER WAT N LEGENDE IS GEVRA HOE KRY HY SY HONDE SO GOED AFGERIG EN GELEERD-- TOE ANTWOORD HY JY JAG EN JY JAG EN JY JAG EN JY JAG HULLE ..EK DINKL TAFFIE IS OOK IN DIE KLAS HY JAG EN JAG EN JAG EN JAG EN JAG EN LUISTER EN LEER... EN HY HET WAS OOK BEREID OM AS BAKIEDDRYWER TE BEGIN EN TE LEER.
DIE OESTERS SAL OOK VIR JOU VERTEL DAAI MAN WAT BEGIN BOKKE OPTEL EN LATER TOT BY DIE LIG VORDER MM HY IS DIE MAN WAT WEET...
ONDERVINDING...SO GETROU LEERMEESTER OOR TYD?
gROETE EN STERKTE
JACQUES
Re: Kursus gehou in Cradock distrik
Posted: Wed Nov 30, 2011 8:22 pm
by Dawid
As ek die dinge so opsom:..... na Jaques, Heinrich en Taffie se kursusse behoort n man redelik teoreties op die ball te wees.....al wat dan kort om n goeie Rooihond jagter te wees ondervinding in die veld.( Reg of verkeerd?)
Dankie vir julle manne wat graag die kursusse vir ons aanbied en daardeur jul eie tyd opoffer,ek glo daars Baie van ons wat dit hoog op prys stel.
Re: Kursus gehou in Cradock distrik
Posted: Thu Dec 08, 2011 6:22 pm
by Izak H
Naand manne
Ek kan maar net Dawie se woorde beaam. Ek en Taffie kom al 'n paar jaar saam, eers begin met jakkalse, toe 'n bike rally, en nou goeie pelle ! Daar is in my beskeie mening nog een ding beter as 'n kursus saam met die manne, gaan 'n paar aande uit saam met hulle, dan leer jy nou eers !
Izak H
Re: Kursus gehou in Cradock distrik
Posted: Thu Dec 08, 2011 7:10 pm
by Boertjie
Izak
Vetel ons so bietjie meer van die bike rally,asb.
Boertjie
Re: Kursus gehou in Cradock distrik
Posted: Thu Dec 08, 2011 7:21 pm
by Louis102
Verbeel ek my, of het ek so 'n foto'tjie gesien in die verre verlede? Ge-rally dat die skuim spat? Of is ek nou by die verkeerde rally?
Re: Kursus gehou in Cradock distrik
Posted: Thu Dec 08, 2011 7:36 pm
by Boertjie
Louis
Dit lyk vir my daar is iets agter die storie,Izak antwoord nie eers nie en hy is online.
Of moet ons nou vir Taffie wag?Maar wat gaan ons dan hoor?
Boertjie
Re: Kursus gehou in Cradock distrik
Posted: Thu Dec 08, 2011 7:37 pm
by Izak H
Einste ! Daar was al weer 2 na daai een, maar ek kon nog nie weer een van my 3 kamerade naby kry nie ! Dis elke jaar die eerste naweek van Desember, Cradock Lions Rally
Re: Kursus gehou in Cradock distrik
Posted: Thu Dec 08, 2011 9:19 pm
by Frikkie Coetzee
Sakkie
My pad is reggemaak.....
Frikkie
PS ek hoor die jakkalse was slimmer as jy die week
Re: Kursus gehou in Cradock distrik
Posted: Tue Dec 13, 2011 6:31 am
by Izak H
Dag s?
Ons maak 'n date vir vrydag aand ?
Izak
Re: Kursus gehou in Cradock distrik
Posted: Wed Dec 14, 2011 8:22 am
by Frikkie Coetzee
Sakkie
Vrydag aand klink goed.
EK is van more af al op die plaas en die pad is nou reg die berg in. Ek moet reeds die draadmaker opvat om gou nuwe hekke op te sit en paar plekke reg te maak.
Frikkie
Re: Kursus gehou in Cradock distrik
Posted: Wed Dec 14, 2011 8:28 am
by Dawie D
Sakkie
Ek hoop jy het genoeg koeltjies vir jou roer. Ek dink jy gaan hulle nodig kry daar by Frik

Re: Kursus gehou in Cradock distrik
Posted: Wed Dec 14, 2011 3:54 pm
by Frikkie Coetzee
Dawie
Ek is net bang ons laai daai bakkie so vol dat ek moet huistoe loop......
Minstens sal my vaalribokke dit wardeer.
Frikkie
Re: Kursus gehou in Cradock distrik
Posted: Wed Dec 14, 2011 4:29 pm
by Dawie D
Frikkie
Laai sakkie jou op sy bakkie?

So n braawe man

Sterkte Frik ek hoop julle kry hulle
Re: Kursus gehou in Cradock distrik
Posted: Wed Dec 14, 2011 4:56 pm
by Triple2
Smaak my die jagseisoen het 1992 in Cradock oopgemaak, en toe nooit weer toe nie!

Groete
D
Re: Kursus gehou in Cradock distrik
Posted: Thu Dec 15, 2011 8:54 am
by Frikkie Coetzee
Ek het nie geweet daar is n jag seisoen vir jakkalse nie
Frikkie