Page 1 of 1
Somchem nuus
Posted: Mon Jan 20, 2020 9:15 am
by andre007
Manne, ek het n man gehelp met n SAJ takoorplasing, die man seg toe hy verhuis van GP na Somerset Wes, vra die man wat op aarde hy daar gaan maak. Hy sê toe dat hy in Manie by Somchem se plek aangestel is. Manie het Desember afgetree. Hy sê dat ons weer S365 gaan kry, nog hierdie jaar, hy praat van so Julie/Augustus.
Weet nou nie of dinge beter gaan loop nie, ek glo met al die nuwe toerusting en n nuwe besem behoort dit darem. Ek weet daars manne wat nooit weer Somchem produkte gaan gebruik nie, maar ek in kluis kan ook nie die ingevoerde kruit se prys betaal nie. SAJ skietbywoning het in on geweste kwaai afgeneem en almal praat uit 1 mond... kruitpryse.
Re: Somchem nuus
Posted: Mon Jan 20, 2020 9:24 am
by Flip Nel
Goeie Nuus
Dankie vir die deel
Re: Somchem nuus
Posted: Mon Jan 20, 2020 9:39 am
by Dolf014
Ek was laas jaar verbaas dat Somchem n stalletjie by Huntex gehad het.
Ek het die man wat die stalletjie beman het nogal jammer gekry.
Hy moes seker redelike skerp gesprekke hanteer.
Re: Somchem nuus
Posted: Mon Jan 20, 2020 9:40 am
by Apie
Dis goeie nuus!
Ek skiet al hoe laer nodes om my 365 langer te laat hou!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Somchem nuus
Posted: Mon Jan 20, 2020 10:04 am
by Grenslyn
Hou die man se nommer!
Re: Somchem nuus
Posted: Mon Jan 20, 2020 7:06 pm
by Armand Steenkamp
Dit is vir my goeie nuus. Ek skiet te veel onnodig op niks om heeltemal na ingevoerde kruit oor te gaan. Ek skiet net ingevoerde kruit op my hornet want dot is al waar dit die moeite werd is.
Groetnis
Re: Somchem nuus
Posted: Mon Jan 20, 2020 8:58 pm
by tripodmvr
Apie wrote: Mon Jan 20, 2020 9:40 am
Dis goeie nuus!
Ek skiet al hoe laer nodes om my 365 langer te laat hou!
Sent from my iPhone using Tapatalk
As jy so aangaan sal dit later beter wees om kettie te skiet.
Re: Somchem nuus
Posted: Mon Jan 20, 2020 9:16 pm
by Maroelas
Dis goeie nuus!
Re: Somchem nuus
Posted: Tue Jan 21, 2020 8:30 am
by Cobus(Cobb)
Julle kan maar regtig Lovex probeer....dis R550/blik en jy het geen lot nommer issues nie
Cheers
Re: Somchem nuus
Posted: Tue Jan 21, 2020 12:16 pm
by RUPERT
Dolf014 wrote: Mon Jan 20, 2020 9:39 am
Ek was laas jaar verbaas dat Somchem n stalletjie by Huntex gehad het.
Ek het die man wat die stalletjie beman het nogal jammer gekry.
Hy moes seker redelike skerp gesprekke hanteer.
Ek was een van daai manne watso met hom gepraat het. Nou nog moerig
Re: Somchem nuus
Posted: Tue Jan 21, 2020 1:43 pm
by Armand Steenkamp
Rupert, wat was die storie gewees? Nuuskurig wat die man tese gehad het
Re: Somchem nuus
Posted: Tue Jan 21, 2020 2:11 pm
by RUPERT
Het hom net n bietjie laat verstaan hoe hulle die verbruiker nou in die steek laat met die dat daar min of geen produksie is nie. Met hulle swak
diens en traagheid om weer die produksie weer op standaard te kry gaan daarna toe ly dat almal nou genootsaak is om eerder die duurder internasionale kruite moet gaan gebruik.
Maar ek het aan hom genoem dat hulle hoof nie daar oor te worry nie want eendag as hulle uiteindelik wakker skrik en begin produseer sal elke
herlaaier klaar ander internasionale kruite gebruik en nie hulle gemors weer wil gebruik nie wat hopenlik sal ly na nog werkloosheid.
maar met die se hy vir my dat ek hoof nie te bekkomert te wees nie want hulle behoort teen Augustus 2020 weer te kan produseer. My antwoord op dit
was toe nou nie wat hy verwag het nie en het vir my gese ek gebruik kras woorde.
Toe stap ek maar eerder verder.
Re: Somchem nuus
Posted: Tue Jan 21, 2020 4:16 pm
by Hein M.
Interessant dat SOMCHEM reeds sedert Desember 2019 sy volle reeks kruite in tydskrifte adverteer asof dit reeds op die winkelrakke beskikbaar is...
As my voorrad op is sal ek maar oorskakel en nie weer terugkyk nie…
Groetnis!
Re: Somchem nuus
Posted: Tue Jan 21, 2020 6:42 pm
by narp
Die grooter verassing gaan wees hoe vinnig the ingevoerde kruit se pryse val sodra Somchem eers weer vrylik beskikbaar is.... Maar so gelukkig sal ons seker nie wees nie, Somchem gaan waarskynlik verkoop teen ingevoerde pryse

Re: Somchem nuus
Posted: Tue Jan 21, 2020 8:19 pm
by dehacked
Ek het gelukkig baie kruit vir my 223 maar moes nou vir die 270 IMR kry. Teen die prys van IMR gaan die geweer nou redelik min vir enige iets anders as jag gebruik word. As IMR werklik die ekstra fps gee soos die boeke sê, is ek klaar met somchem.
Re: Somchem nuus
Posted: Wed Jan 22, 2020 6:28 am
by jdpretorius
dehacked wrote: Tue Jan 21, 2020 8:19 pm
Ek het gelukkig baie kruit vir my 223 maar moes nou vir die 270 IMR kry. Teen die prys van IMR gaan die geweer nou redelik min vir enige iets anders as jag gebruik word. As IMR werklik die ekstra fps gee soos die boeke sê, is ek klaar met somchem.
Dehacked wat se IMR het jy gekoop ? Die rede hoekom ek vra is dat die 4350 se dop vul maar laag is.
Re: Somchem nuus
Posted: Wed Jan 22, 2020 6:34 am
by dehacked
7977. Veronderstel om so 3000fps met 140gr te gee teen 59500psi. Ek sal probeer om die naweek te skiet en terugvoer op 'n nuwe draad te gee.
https://imrpowder.com/imr-enduron-7977/
Re: Somchem nuus
Posted: Wed Jan 22, 2020 8:54 am
by jdpretorius
Sal verseker uit kyk vir daai draad......wil self nog H4831 toets, maar jaag nie spoed nie
Re: Somchem nuus
Posted: Wed Jan 22, 2020 9:34 am
by Plaashaas
nardusp wrote: Tue Jan 21, 2020 6:42 pm
Die grooter verassing gaan wees hoe vinnig the ingevoerde kruit se pryse val sodra Somchem eers weer vrylik beskikbaar is.... Maar so gelukkig sal ons seker nie wees nie, Somchem gaan
VERSEKER NIKS verkoop teen ingevoerde pryse
Ek het hom vir jou reg gemaak

Re: Somchem nuus
Posted: Wed Jan 22, 2020 3:58 pm
by Andre308
Ek sien daar is nogsteeds mense wat hulle asem ophou vir Somchem om weer kruit te maak.
Ja, die ingevoerde kruit is duurder as Somchem se kruit, maar het julle al die som gemaak?
As ek nou n kortaksie 308-boltface kaliber as voorbeeld gebruik:
Koele kos so R7 per koel.
Dop kos R13 per dop...dus R1 per skoot
Somchem kruit kos R350 per blik...dus R2 per skoot
Primer kos R1 per skoot
Totaal kos dit jou R11 per skoot.
Ingevoerde kruit kos tot R800 per blik...dus R4.80 per skoot.
Totaal met ingevoerde kruit is dan R13.8 per skoot. Dit is maar 25% per skoot meer.
Nou, met Somchem kruit het ons soos mal goed na die winkels toe gejaag en 4 blikke kruit op n slag gekoop en so probeer stock opbou. Kom by die huis en doen eers weer so ligte lading aanpassing. Daardie ladinge aanpassing was elke keer as jy oorgaan na nuwe lot kruit toe. As dit 15 skote per lading aanpassing is, dan moet jy daardie koste by reken. Dus 15 skote tee R11 per skoot is R165. Dit laat lyk die ingevoerde kruit nog beter.
Ek skiet IMR se 4350 en is al oor 4 lotte kruit, en nognie eers gekyk na n lading aanpassing nie. Daar is miskien n verskil im die spoed, maar dit is so klein ek sien nie eers dit raak op my dope nie.
Dan is daar nog n ander kant ook. Die S365 carbon aanpaksel op die kroon het ek so 2 dae geneem om af te kry na n skiet sessie. En net Boretec het dit relatief maklik afgehaal. Nou met IMR kruit is dit n 10min maks storie met die selfde Boretec produk.
Vir my is daar steeds n plek vir Somchem kruit, maar dit is slegs in die kalibers wat ek min skiet en nie gebruik vir komp skiet nie.
Goete
Andre