Page 1 of 1

22 Magnum of standaard .22

Posted: Mon Nov 28, 2011 8:28 am
by Frederik
Julle manne moet vir my se as ek die kat aan die stert beet het maar 'n mens kan mos standaard .22 patrone in 'n .22 magnum gebruik of nie ?
Dink daaran om .22 te kry en gewonder of dit net nie beter gaan wees om van die begin af 'n .22 Magnum te kry nie ?

Dankie

Re: 22 Magnum of standaard .22

Posted: Mon Nov 28, 2011 8:34 am
by herley
Frederik
Jy is reg jy kan die klein patrone in die Magnum gebruik maar glo my jy sal nie die selfde skiet as met die magnum patrone nie. dis amper soos om n paar adidas tekkies by Edgars te koop en n paar amidas by n chinese shop ;) ;)

Re: 22 Magnum of standaard .22

Posted: Mon Nov 28, 2011 11:06 am
by baboonstalker
Frederik,
Ek glo ook die 22 gaan verdwaal voor hy by die magnum se lands uitkom.
Mense praat egter met baie lof van die .22magnum.

Re: 22 Magnum of standaard .22

Posted: Mon Nov 28, 2011 3:34 pm
by fanie17
Ek het een van elk,is vir totale verskillende aanwending.Ek het nog nie gekyk hoe akuraat n gewone .22 patroon in die magnum is nie.Ek weet egter dat magnum patrone met lood punte nie groepeer nie.My .22 is n Bruno en baie akuraat.My gevoel is dat die tipe/kaliber gewere moet goed skiet om tot hulle reg te kom.Daar is geen manier om duiwe te skiet met die magnum nie,met n onakurate .22 sal jy jou net frustreer.

Re: 22 Magnum of standaard .22

Posted: Mon Nov 28, 2011 4:23 pm
by Frederik
Dankie manne dan sal ek maar by die gewone .22 bly.

Enige iemand wat weet van 'n werkende .22 wat hulle van ontlsae wil raak ? 

Re: 22 Magnum of standaard .22

Posted: Mon Nov 28, 2011 4:25 pm
by fanie17
Probeer n Bruno kry,al betaal jy meer, dit is net die moeite werd.

Re: 22 Magnum of standaard .22

Posted: Mon Nov 28, 2011 5:26 pm
by Pvdw
Frederik ek het 'n gewone 22 maar een van die ouer ooms by ons klub het 'n Magnum. Man wat 'n lekker geweer!!!

Soos reeds ges? kan jy geweone 22's in hom skiet maar akuraatheid ly defnitief daaronder :P :P

Die gewone 22 se doppies bars ook soms in die Magnum se kamer.

As jy mooi gaan kyk sal jy opmerk dat die Magnum se doppie effe grootter deursnee het, dis min maar dis daar.

Die gewone 22's skiet teen so 1100-1200ft/s en die magnums teen so 1500- 1700ft/s.

Lekker gewere beide van hulle.

Peet

Re: 22 Magnum of standaard .22

Posted: Mon Nov 28, 2011 7:06 pm
by Gerhard
Fred,

Kry vir jou n Magnum as jy die kaans kry.

Dit is die geld en moeite werd.

Re: 22 Magnum of standaard .22

Posted: Mon Nov 28, 2011 8:46 pm
by Christo
Gerhard wrote: Fred,

Kry vir jou n Magnum as jy die kaans kry.

Dit is die geld en moeite werd.
Ek stem.

Het beide en teen vandag se .22Lr pryse kan jy maar die Magnum koop. Hy skiet 'n bars hou. Daar waar 'n .22LR se fut uit is roer hy nog sommer.

Re: 22 Magnum of standaard .22

Posted: Tue Nov 29, 2011 9:42 am
by Rambo
Frederik... Ek weet van 'n tweedehandse BRNO model 1 vir R2000 Die hout kort 'n skuur en Olie... Laat weet as jy nie regkom nie!

Re: 22 Magnum of standaard .22

Posted: Tue Nov 29, 2011 12:30 pm
by Frederik
Lyk my julle manne is vinnig sal geldjies bymekaar moet skraap.  ;D

Re: 22 Magnum of standaard .22

Posted: Tue Nov 29, 2011 5:18 pm
by fanie17
Koop daai Bruno.Jy kan altyd later n Magnum koop

Re: 22 Magnum of standaard .22

Posted: Sun Dec 04, 2011 12:59 am
by suid wes
Ek sou se,,wat wil jy met die geweere doen,,skuif skiet,voels skiet,jakkals skiet,n springbok of rooi bok skiet,dalk n bees vi biltong,of by n pos wag om n vark of gemsbok teskiet ??????
.22 ja,petroone goedkoop en duiwe,skuifskiet 50m,,MA DIE MAG,,,,KAN JY ALLES DOEN TOT OP 100M,,EK WEET KAN FOETOES WYS, cci 40g solid 1865fps,,gemsbok 70m voor kop geskiet nie n tree,net daar opgtel,,kudoe bul 170kg tussen oor en oeg,net daar opgetel.Dan moenie die 17Hornet vir geet 3x die .22mag,,,dis die moeitewerd om vir die geweer tewag,40g, 3600fps.

Re: 22 Magnum of standaard .22

Posted: Sun Dec 04, 2011 1:03 am
by fanie17
Elke geweer man moet n gewone .22 he glo maar

Re: 22 Magnum of standaard .22

Posted: Sun Dec 04, 2011 8:00 am
by Francois Marais
Oom Fanie
Elke geweer man moet n gewone .22 he glo maar
Ek stem......

Mooi loop
Francois

Re: 22 Magnum of standaard .22

Posted: Sun Dec 04, 2011 8:33 am
by Witpietskiet
suid wes wrote: Ek sou se,,wat wil jy met die geweere doen,,skuif skiet,voels skiet,jakkals skiet,n springbok of rooi bok skiet,dalk n bees vi biltong,of by n pos wag om n vark of gemsbok teskiet ??????
.22 ja,petroone goedkoop en duiwe,skuifskiet 50m,,MA DIE MAG,,,,KAN JY ALLES DOEN TOT OP 100M,,EK WEET KAN FOETOES WYS, cci 40g solid 1865fps,,gemsbok 70m voor kop geskiet nie n tree,net daar opgtel,,kudoe bul 170kg tussen oor en oeg,net daar opgetel.Dan moenie die 17Hornet vir geet 3x die .22mag,,,dis die moeitewerd om vir die geweer tewag,40g, 3600fps.
suid wes,

Die manne is braaf om groot wild met n .22mag te skiet ???, ek persoonlik sal nie daai kans vat nie want dinge kan baie vinnig baie skeef loop.

Oom Fanie, ek stem nogal saam met FM oor die .22 en as oom iets soek met bietjie meer oemf dan is daar nog altyd n 204 of 223. ;D

Mooi loop

Re: 22 Magnum of standaard .22

Posted: Sun Dec 04, 2011 9:09 am
by ThinusS
Witpietskiet

+1

Re: 22 Magnum of standaard .22

Posted: Sun Dec 04, 2011 9:53 am
by Francois Marais
Morne (suid wes)

Stem nie saam met jou data nie.......
.Dan moenie die 17Hornet vir geet 3x die .22mag,,,dis die moeitewerd om vir die geweer tewag,40g, 3600fps
Daar bestaan nie n 40gr 17cal koeel nie.....17, 20, 27 en 37, wel sover ek weet, hier is n paar quotes van manne wat die gun het........
20gr VMax @3650 fps.
My 17 Ackley Hornet (3880 fps with 20 gr V-Max)
Dis die Ackley version....

http://bulletin.accurateshooter.com/201 ... 17-hornet/
Vanaf die SAVAGE site.....

http://www.shootingnews.com.au/news/111 ... hornet.php

Mooi loop
Francois

Re: 22 Magnum of standaard .22

Posted: Tue Dec 06, 2011 8:35 am
by suid wes
JY IS REG,SORY!!    :-[  :-[  :-X
MA kan n ou meer vra op soo n klien kalieber.