Page 1 of 1

Laaistasie voorstelle

Posted: Mon Jan 06, 2020 3:58 pm
by WicusdP
Middag almal

Voorspoed vir die nuwe jaar!!

Het paar veranderinge gemaak by my huis en my laaikamer is nou slaapkamer.....so ek het nou beperkte laaispasie. Wil vir my ‘n laaitafel/stasie laat bou van ongeveer 1 meter lank en 50cm in breedte.

Is hier dalk paar manne wat kan fotos oplaai van jul speelplek vir voorstelle?
Moet my asb nou nie jaloers maak met jou instapkluis met laai area wat lyk soos ‘n geweerwinkel nie....my spasie is effe beperk.....aangesien my vrou die rondte gewen het;)

Groetnis,
W

Re: Laaistasie voorstelle

Posted: Mon Jan 06, 2020 4:39 pm
by THOMAST
WicusdP wrote: Mon Jan 06, 2020 3:58 pm my spasie is effe beperk.....aangesien my vrou die rondte gewen het;)
Klink soos die storie waar die man 'n boerboel wou hê en vroulief wou 'n kat hê.
Toe skik hulle en kry 'n kat ;D

Wicus, toe ek begin het was spasie ook maar beperk, Ek het plan gemaak en my ou pers op 'n stewige plank (400x400 x30 mm) gemonteer. Die stelsel kon ek op enige werksvlak tydelik monteer met 'n paar G klampe. Skaal was op aparte vlak.
Wat ek daaruit geleer het is dat dit 'n goeie idee is om spasie aan beide kante van jou pers te hê vir herlaai blokke en koeëls en 'n afsondelike oppervlakte (verkieslik oog hoogte vir 'n balkie skaal) vir jou skaal

Re: Laaistasie voorstelle

Posted: Mon Jan 06, 2020 4:53 pm
by Geno
Myne is n losstaande staal bench. My 2x Chargemasters, Harrell en NHB staan net op n ander tafel.
So kan ek enige tyd, enige plek laai, selfs op die skietbaan met Harrell kruitgooier of Scalerite Micro NHB skaal wat ingeboude battery het.

Image

Image

Re: Laaistasie voorstelle

Posted: Mon Jan 06, 2020 5:30 pm
by Vleisie
Hier is my herlaai setup, niks fancy nie. Hy is 110cmx60cm, die rakke aan die bo kant help my baie, daar is nog 2 bo die matryse maar as gevolg van die nuwe lig wat ek daar gesit het is als tans bietjie deurmekaar.