Page 1 of 1

Nuwe aansluiting

Posted: Mon Dec 23, 2019 8:37 am
by Evan94Skilla
Goeie Môre Jaracal,

Ek is Evan Macdonald, maar van skool af het ek die bynaam van Skillie/Skilla gekry.

Bietjie Agtergrond:
Ek is al van jong ouderdom van 3 jaar al bloodgestel aan jag en die natuur lewe wat daarmee gepaart gaan. Ek het 'n groot passie vir jag asook die natuur lewe hetsy dit nou boer by die skoon ouers, visvang, gholf of wildtuin vakansies is saam die familie. Ons jag die afgelope 20 jaar elke jaar in die noorde van Namibia, het ook in die Laeveld groot geword, waar 'n naweek jag in Hoedspruit omgewing ook altyd 'n opsie was om bietjie uit die stad uit te gekom het. Tydens my Universiteit loopbaan het ons as 'n groep vrinde ook 'n naweek jag in die Karoo begin.

Ek lees graag bietjie meer van julle kennis en insette op die forum.

Geniet die Feestyd en voorspoed vir die jaar van 2020.

Groete,
Die Skilpad

Re: Nuwe aansluiting

Posted: Mon Dec 23, 2019 9:21 am
by Draegan
Welkom!

Re: Nuwe aansluiting

Posted: Mon Dec 23, 2019 9:52 am
by tripodmvr
Welkom na amper 'n jaar. Sien jy het al 15 Jan aangesluit.

Re: Nuwe aansluiting

Posted: Mon Dec 23, 2019 10:11 am
by Mellies
Welkom Skillie.

Vertel ons van jou roere?

270 en wat nog?

Met n vleisie...

Re: Nuwe aansluiting

Posted: Mon Dec 23, 2019 10:30 am
by Evan94Skilla
Askies tripodmvr ek vra nederig om verskoning vir my laat bekendstelling het aan gesluit en toe het die jaar van 2019 maar gebeur. ;D

Dankie Mellies, ek besit huidiglik nog net 'n paar erf stukke:

.22LR Harrington & Richardson
.303 Lee Enfield (bietjie sportie gemaak)
12 Ga Miroku haelgeweer
.30-06 BRNO (wag vir lisensie)
Glock G17 Gen 5 (aansoek ingedien)

Maar ek het ongelukkig nog nie daai 270 waarvan jy praat nie ;D :laugh:

Re: Nuwe aansluiting

Posted: Mon Dec 23, 2019 10:59 am
by Smitstertjies
Welkom Skilpad. Ek glo jy gaan dit geniet hier by ons.