Page 1 of 1
Howa 22-250 1:9
Posted: Sun Dec 15, 2019 12:21 am
by jacques85
Naand almal. Weet julle of die bogenoemde nog in die land is? Ek soek n klein kaliber om te oefen/speel.
Groete
Jacques
Sent from my LYA-L09 using Tapatalk
Howa 22-250 1:9
Posted: Sun Dec 15, 2019 8:22 am
by Heinds
Nee lankal nie meer nie. Was 'n fout van howa af.
Re: Howa 22-250 1:9
Posted: Sun Dec 15, 2019 8:28 am
by Izak H
1:8 is beste vir swaar punte in 22-250
Sent from my VOG-L09 using Tapatalk
Re: Howa 22-250 1:9
Posted: Sun Dec 15, 2019 9:58 am
by BeesBreet
Izak H wrote:1:8 is beste vir swaar punte in 22-250
Sent from my VOG-L09 using Tapatalk
Die “van die rak af gewere” het nooit met 1:8 gekom nie maar wel met 1:9 in plaas van 1:12. Dit is waarvan Jaques85 praat
Re: Howa 22-250 1:9
Posted: Sun Dec 15, 2019 10:02 am
by Izak H
Jip mar dai 1:9 was ni rerig suksesvol nie
Sent from my VOG-L09 using Tapatalk
Re: Howa 22-250 1:9
Posted: Sun Dec 15, 2019 10:36 am
by jacques85
Soos bees se, het een van daai rak gewere gesoek. Maar sal maar kyk wat ek gaan maak. Gehoop hulle kan dalk weer van hulle inbring.
Sent from my LYA-L09 using Tapatalk
Re: Howa 22-250 1:9
Posted: Sun Dec 15, 2019 4:46 pm
by Alwin
Daar het onlangs 'n paar Howa 223 standard gewere in die land in gekom met 1:8" groefdraai. Dis nie fratse nie, want die loop is ook so gemerk.
Wanneer ons dieselfde groefdraai in 223 dikloop en 22-250 gewere gaan sien is 'n ope vraag. Ons kan net hoop...
Re: Howa 22-250 1:9
Posted: Sun Dec 15, 2019 5:57 pm
by tripodmvr
Vir lekker speel met die ertjiepit gewere is 'n 223 een van die lekkerste. Goedkoop om te herlaai en skiet akkuraat.
Re: Howa 22-250 1:9
Posted: Sun Dec 15, 2019 6:31 pm
by jacques85
Alwin wrote:Daar het onlangs 'n paar Howa 223 standard gewere in die land in gekom met 1:8" groefdraai. Dis nie fratse nie, want die loop is ook so gemerk.
Wanneer ons dieselfde groefdraai in 223 dikloop en 22-250 gewere gaan sien is 'n ope vraag. Ons kan net hoop...
Dit sal self n lekker geweertjie wees. Soek iets wat tussen 50-70gr gemaklik so 3400fps loop om te oefen en speel. Sal 223 ook in gedagte hou.
Sent from my LYA-L09 using Tapatalk
Re: Howa 22-250 1:9
Posted: Sun Dec 15, 2019 6:50 pm
by tripodmvr
Daardie is nie 223 se spoed nie. Met 55gr so 3250vps met S321. Alles swaarder sal dus stadiger wees met 70gr so by 3000 vps.
Re: Howa 22-250 1:9
Posted: Mon Dec 16, 2019 11:55 am
by Alwin
jacques85 wrote: Sun Dec 15, 2019 6:31 pm
Dit sal self n lekker geweertjie wees. Soek iets wat tussen 50-70gr gemaklik so 3400fps loop om te oefen en speel. Sal 223 ook in gedagte hou.
Ek sien die manne wat weet skiet 75 - 77gn koeëls teen +/-3300 fps uit hulle 22-250's met 1:8" groefdraai. Looplengte sal bepaal waar die maks spoed en akkurate nodes is.
Met 'n 223 en 24" loop behoort jy omtrent 2950 fps te kan haal met die regte kruit. Heel skaflike trajek en loopkoste.
Re: Howa 22-250 1:9
Posted: Mon Dec 16, 2019 2:13 pm
by Capt. Yoda
Min dinge wat so lekker van n bakkie af skiet soos n vinnige 22
Re: Howa 22-250 1:9
Posted: Mon Dec 16, 2019 2:15 pm
by Izak H
Ek het 1:8 24" loop gehad, 75gr hornady match punte met S365 teen 3400 geskiet
Sent from my VOG-L09 using Tapatalk
Re: Howa 22-250 1:9
Posted: Mon Dec 16, 2019 2:16 pm
by Izak H
Hierdie is die kombinasie waarmee Piet Breedt skiet, dink net hy gebruik Berger punte en ander kruit
Sent from my VOG-L09 using Tapatalk
Re: Howa 22-250 1:9
Posted: Mon Dec 16, 2019 3:17 pm
by jankraay
Ek het n 26” loop gehad en het 75gr Amax’e teen 3403 geskiet met 365. Was die lekkerste 1300 skote ooit.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Howa 22-250 1:9
Posted: Mon Dec 16, 2019 3:20 pm
by Capt. Yoda
Hahaha
Re: Howa 22-250 1:9
Posted: Tue Dec 17, 2019 7:43 am
by tau
Heinds wrote: Sun Dec 15, 2019 8:22 am
Nee lankal nie meer nie. Was 'n fout van howa af.
Beste fout ooit. Nosler 69gr CC uit die standaard Howa roer is darem Springbok kos op langer afstande.