Page 1 of 1

243 - 57

Posted: Fri Nov 25, 2011 2:57 pm
by Danie01
Het enige van julle al van hierdie kaliber gehoor?

Hier n wapensmid in KImberley wat hierdie kaliber bou. Hy s? dat jy n 100gr koeel teen 3500 ft/sec kan skiet. Mens gebruik die gewone 243 dies en als.

Dit lyk presies soos .243 dop maar die dop is 57mm lank ipv 52mm lank.

Die oom skiet 107gr punte lekker in hom en het selfs n 115gr koeel daar, ek nie eers geweet jy kry n 115gr koeel vir 6mm of 243 nie

Luister wat julle manne dink en te s? het

Groete
Danie

Re: 243 - 57

Posted: Fri Nov 25, 2011 3:09 pm
by baboonstalker
Dit is 'n 6mm remington (gewoonlik 1/9 twist in fabrieks gewere of sy ander naam is .244Rem (het uitgekom met 1/12" loop en so die stryd teen 243 win verloor omdat hy nie die 100greiners kon stabliiseer nie.
Ek sal later sy pedigree inscan en hier post.

Peter Mesarich (spelling) is baie lief om so met standaard dies te speel om die snaakse goed mee te laai, maar ek self glo nie heeltemaal daarin nie (nie uit ondervinding nie, net uit beginsel)

P

Re: 243 - 57

Posted: Fri Nov 25, 2011 3:19 pm
by Danie01
Ja dit oom Peter, sal nog meer wil hoor. Ek het nou onlangs my .243 laat ackley en hy diep teleurgesteld dat ek nie eerder die 243 - 57 laat doen het nie. Mens kan dit dan seker n 6 x 57mm ook noem?

Groete

Re: 243 - 57

Posted: Fri Nov 25, 2011 3:25 pm
by Triple2
7x57 dop afgenek tot 6 mm?
Groete
D

Re: 243 - 57

Posted: Fri Nov 25, 2011 3:59 pm
by Danie01
Tripl 2

Ek dink ook dit is 7 x 57 afgenek en soos baboonstalker se, lyk dit maar na die 6mm remmington.

Dink net die oom het dit op stadige twist om swaarde koele te skiet wat 6mm remmington nie kon stabiliseer nie.

Groete

Re: 243 - 57

Posted: Fri Nov 25, 2011 4:49 pm
by baboonstalker
Hier is die inligting soos uit "Cartridges of the World"

[img width=560 height=463]http://i261.photobucket.com/albums/ii62 ... 6mmrem.jpg[/img]

Re: 243 - 57

Posted: Mon Nov 28, 2011 10:11 am
by JACQUES BOTHA
DANIE
Ek is alles behalwe n kenner van die 243 maar aS DAAI MAN N 100GR TEEN 3500 KAN SKIET ...is dit n rowwe ruwe  kalibertjie daai hoor...
Dis nie sommer enige aksie el n loop wat daai spoed gaan genereer nie, maar ek kan 10 teen een verkeerd wees, met die ligter punte ja ..
Maar help ma reg asb
JAcques

Re: 243 - 57

Posted: Mon Nov 28, 2011 11:03 am
by baboonstalker
Jaques,

Ek het al 3500fps uit 'n 95 berger op die 6mm rem imp gekry (3660fps uit 'n 88, maar met druk :o) Jy sal moet kruit gooi, maar kan dalk tog naby daardie spoed kom op 'n 100gr'er.
Jou loop gaan egter pak vat as jy my vra.

Re: 243 - 57

Posted: Mon Nov 28, 2011 11:54 am
by Danie01
Jacques,

Dit nie wat ek gesien of gekry het nie, maar wat die oom gese het en dit kan seker ook n afgeronde spoed wees en nie presies nie bv 4800 ft/sek dan praat 'n mens mos van amper 5000ft/sec. As baboonstalker naby kon kom, kon die oom ook seker?

Die oom het gese dat looplewe glad nie lank is nie, maar dit is te verstane.

Groete