Page 1 of 1
Geweer koop
Posted: Fri Dec 13, 2019 2:49 pm
by Kubus
Ek is aan het soeke na n nuwe geweer.
So Kersgeskenkie vir myself.
In die Oos Kaap kry ek niks waarin ek belangstel nie.
Was al by Humansdorp Ko-op ook, hulle kon my nie help nie.
My budget is R20 000 en ek wil weer n 30.06, of dalk 300 Winmag koop.
Beste opsie lyk na die CZ 550 of 557, houtkolf (Ek nou maar eenmaal nie n man vir sintetiese kolf nie - persoonlike smaak)
Gaan volgende week kaap toe.
S&O Stellenbosch sien ek het CZ in 550 en 557 (Contolled feed vs Pushfeed)
En dis hier waar ek twyfel, my huidige 30nul kwes is Musgrave K98, maar al aan die ou kant (Controlled feed)
Nie eers een 300 by S&O binne my budget nie.
CZ 30-06 blyk my oplossing te wees, maar watter een, of het julle ander voorstelle!!!
Re: Geweer koop
Posted: Fri Dec 13, 2019 3:01 pm
by Mellies
Kubus,
As ek nou n roer moet koop met n houtkolf sal dit n Winchester Super Grade wees. Hulle is gewoonlik >20k. <20k vat ek dieselfde roer, die model 70 sporter.
Lg. is 17k by Zimbi in 30-06 en by die Skietwinkel in 300WM. Vanaf 16.5k sê hulle.
Tikka Hunter is seker ook n opsie maar ek hou nie van daai plastiek dele nie. Dis net n persoonlike ding...
Met n vleisie...
Re: Geweer koop
Posted: Fri Dec 13, 2019 3:03 pm
by Toxxyc
Vraag is waarvoor. Ver skiet, bosveldjag, goedkoop op die baan speel, ultra-ver kompetisie, ens?
Hoe voel jy oor 'n gelamineerde kolf? Dis so tussen die hout en die plastiek, met die voordele van beide.
Re: Geweer koop
Posted: Fri Dec 13, 2019 4:45 pm
by OosKaapJagter
Re: Geweer koop
Posted: Fri Dec 13, 2019 5:23 pm
by Dale SH
It remains your choice if you want a push feed (CZ 557) or controlled feed (CZ550)
Both are good solid reliable rifles, just make sure you get the correct barrel length and stock you want.
The 550 and 557 Lux have the hogsback drop down stock and you have a choice of 20.5 inch and 24.0 inch barrels.
A lot of shooters don't like the hogsback drop down stock and if this is the case for you, you would need find the "American" straight stock.
I have a feeling we will not be seeing the CZ550 around for much longer as both the CZ America and CZ Czechoslovakia website do not list them anymore (except for the magnum and exclusive ebony edition).
Re: Geweer koop
Posted: Fri Dec 13, 2019 5:34 pm
by Sako75
Baie nuwe goed is tans onsinnig duur.
Ek sou v gebruikte geweer in goeie toestand soek en of adverteer.
Re: Geweer koop
Posted: Sat Dec 14, 2019 5:46 am
by Raakskiet
Koop n Tikka t3 hunter met n hout kolf. Beste kwaliteit vir jou rand en jy weet hys akkuraat.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Geweer koop
Posted: Sat Dec 14, 2019 7:58 am
by 6.5/284Norma
Kyk na die Sauer 100 Classic vir R21k. Baie geweer vir die geld.
Re: Geweer koop
Posted: Sat Dec 14, 2019 8:00 am
by 6.5/284Norma
Sauer 100 Classic in .30-06 nou op special by Habitat vir R15 999.
Re: Geweer koop
Posted: Sat Dec 14, 2019 12:52 pm
by JPS
Raakskiet wrote: Sat Dec 14, 2019 5:46 am
Koop n Tikka t3 hunter met n hout kolf. Beste kwaliteit vir jou rand en jy weet hys akkuraat.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
stem saam hiermee
Re: Geweer koop
Posted: Sat Dec 14, 2019 3:47 pm
by Mellies
6.5/284Norma wrote: Sat Dec 14, 2019 8:00 am
Sauer 100 Classic in .30-06 nou op special by Habitat vir R15 999.
Hollow Point in Delmas
Met n vleisie...
Re: Geweer koop
Posted: Sat Dec 14, 2019 4:38 pm
by OosKaapJagter
'n Vriend van my het onlangs so Sauer 100 Classic in .243 aangeskaf. Die kolf is van beukhout (beechwood) wat donker gekleur is. Ek is ook nie mal oor die plastiek magasyn nie.
Daarteenoor wou ons nog lading ontwikkeling doen, maar sommer met die eerste probeerslag met 100gr bruinboks PMP fabrieksammunisie het die wapen 'n 12mm groepering op 100m gegee.
Ek glo ook die 30-06 sal 'n goeie wapen wees.
Re: Geweer koop
Posted: Sun Dec 15, 2019 6:30 pm
by Hein M.
Sako75 wrote: Fri Dec 13, 2019 5:34 pm
Baie nuwe goed is tans onsinnig duur.
Ek sou v gebruikte geweer in goeie toestand soek en of adverteer.
Goeie raad. Spandeer liewer die eksta geld op 'n goeie glas. Daar is soveel puik tweedehandse 30-06 gewere…
Mooi week almal!
Re: Geweer koop
Posted: Wed Dec 25, 2019 9:07 pm
by Kubus
Ek het na n hele paar gewere en pryse gekyk en hierdie Winchester Model 70 Pre 64 met Zeiss scope het net reg gevoel, toe koop ek maar.
Quenetts op Worcester, en toe verras my vrou my en koop dit vir my as Kersgeskenk.
Ek heg n paar fotos aan.
Geweer 1.jpg
Geweer 2.jpg
Geweer 3.jpg
Re: Geweer koop
Posted: Wed Dec 25, 2019 9:11 pm
by Kubus
Nog n paar fotos:
Geweer 4.jpg
Geweer 5.jpg
Geweer 6.jpg
Re: Geweer koop
Posted: Wed Dec 25, 2019 9:31 pm
by Kubus
Ek het vergeet:
Kaliber: 30.06
Scope: Zeiss Conquest 3-12 x 50
Re: Geweer koop
Posted: Wed Dec 25, 2019 10:23 pm
by Blitzzz
Baie geluk. Lekker geweer daai. Ek geniet my Winchester in 30-06 baie. Skiet n bars hou en het goeie slaan krag.
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Re: Geweer koop
Posted: Thu Dec 26, 2019 11:14 am
by Capt. Yoda
Daai is nou n lekker geskenkie, jy moet maar vir ma ook mooi dankie se...
Geluk