Page 1 of 5

Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Sun Dec 08, 2019 9:39 am
by Mellies
Manne,

Wat sou julle sê is die perfekte kaliber/punt/spoed vir n vlakte/bergjagroer? Vêr skote in die wind tot 450m op alles tot elandbulle.

Hou in gedagte die roer moet heeldag gedra word. Balans is belangrik so n silencer is uit.

Rakgeweer, recoil, looplewe en beskikbaarheid van komponente moet in ag geneem word. Rakgeweer wat jy Ackley is ook reg.

Rond jou combo af met glase van jou keuse vir hierdie toepassing.

Met n vleisie...

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Sun Dec 08, 2019 10:14 am
by jankraay
Ek het n kaliber verander gedoen op my 22-250 na 6.5-284 toe vir die rede. Punte gaan 147 ELD M’s wees en behoort so 2850vps te kry. Die geweer kry n 27” 1:8 twist loop.

Hy sou die Kahles 312 op hom gekry het maar die scope het ander werk gekry so nou moet ek maar weer dink.

Die kolf is n sintetiese kolf wat 2 verstelbare dele het en die bipod gaan n Tier One Tactical wees.

Meeste van die komponente is reeds aanmekaar maar soos julle sien kort hy nog n kyker.

Groete




Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Sun Dec 08, 2019 10:20 am
by tripodmvr
270Win 24 duim loop en 130 TTSX koeëls.

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Sun Dec 08, 2019 10:23 am
by Mellies
tripodmvr wrote: Sun Dec 08, 2019 10:20 am 270Win 24 duim loop en 130 TTSX koeëls.
Oopvisier oom? ++>:

Met n vleisie...

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Sun Dec 08, 2019 10:28 am
by Supacow
Stem Tikka hunter of lite in 270 met 'n z3 of z5 bt van jou smaak. Lig akkuraat en veelsydig

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Sun Dec 08, 2019 10:33 am
by jankraay
tripodmvr wrote:270Win 24 duim loop en 130 TTSX koeëls.
Ek hoop die is n grap...


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Sun Dec 08, 2019 10:39 am
by Capt. Yoda
Ons lewe tans in die grootste "boom" in die geskiedenis van nuwe kalibers en komponente, daar is so baie om van te kies jyt regtig nie nodig om n 270 te koop nie.

Van die rak af sou een van daai 260 Tikka tacs met die 20" lope koop wat nou op special was, as jy wil bou is jou opsies oneindig.

143gr Hornady eld en jys off to the races

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Sun Dec 08, 2019 10:44 am
by Mellies
Ek het 7mm 140-160gr @ >3000voete in my kop.

280AI of 7RM.

Z5 3.5-18x44 met kruis van jou keuse.

Met n vleisie...

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Sun Dec 08, 2019 10:48 am
by jankraay
Onthou net as jy AI gaan laat jy nie vashak met uit die mag uit voer nie. Jag geweer moet maklik voer(ek se nie alle AI’s sukkel nie).


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Sun Dec 08, 2019 10:50 am
by jdpretorius
Oom Tripod en Supacow is reg....270 is die mees veelsydigste kaliber wat hulle nog kon uitdink.....naas 338 natuurlik. Die enigste ander ding wat naaby kom is dalk die 7x64. Hoekom wil n ou dan nou peuter met perfeksie.....behalwe as jy n breinsel kan deel deur 6.5 dan kry jy darem 35% van sy werkverrigting

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk


Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Sun Dec 08, 2019 11:18 am
by Geno
Ek is besig met beplanning op dieselfde projek.
Ek beoog 'n 7lb (hopelik so lig sonder scope) geweer.
7-08Ackley
Rem700 aksie
Triggertech sneller
Proof Research carbon fibre loop
B&C Light Tactical kolf
March 2.5-25×42 scope.

Sent from my SM-N975F using Tapatalk


Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Sun Dec 08, 2019 11:20 am
by Mellies
jdpretorius wrote: Sun Dec 08, 2019 10:50 am Oom Tripod en Supacow is reg....270 is die mees veelsydigste kaliber wat hulle nog kon uitdink.....naas 338 natuurlik. Die enigste ander ding wat naaby kom is dalk die 7x64. Hoekom wil n ou dan nou peuter met perfeksie.....behalwe as jy n breinsel kan deel deur 6.5 dan kry jy darem 35% van sy werkverrigting Image

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Jyt nou jou blaaie oopgemaak... ++>:

Met n vleisie...

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Sun Dec 08, 2019 11:22 am
by Mellies
Geno wrote: Sun Dec 08, 2019 11:18 am Ek is besig met beplanning op dieselfde projek.
Ek beoog 'n 7lb (hopelik so lig sonder scope) geweer.
7-08Ackley
Rem700 aksie
Triggertech sneller
Proof Research carbon fibre loop
B&C Light Tactical kolf
March 2.5-25×42 scope.

Sent from my SM-N975F using Tapatalk
Dieët?

Met n vleisie...

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Sun Dec 08, 2019 11:24 am
by Geno
Kans is goed dat ek die 162gr ELDX gaan skiet.

Sent from my SM-N975F using Tapatalk


Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Sun Dec 08, 2019 11:27 am
by tripodmvr
Jaggeweer. Let op in die klas !!!!

Lig en hanteerbaar. Daardie 130 Barnes galop teen 3115vps op node met Norma URP.

Bewese rekord as dit by doodmaak kom.

Julle kaliber boom het maar min tevore gebring wat baie beter vaar met aanvaarbare terugslag. Die vervaardigers van die nuwe kalibers is die enigstes wat oppad bank toe glimlag.

Dink mooi oor die praktiese toepassing. Al die tactical kolwe en goepertjies wat aangeplak word het 'n hewige gewigs nadeel.

Die 270 is 'n baie goeie wegspringplek vir standaard kalibers. Koste van ammunisie en komponente is nou wel nie genoem nie, maar is tog relevant.

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Sun Dec 08, 2019 11:30 am
by Mellies
Geno wrote: Sun Dec 08, 2019 11:24 am Kans is goed dat ek die 162gr ELDX gaan skiet.

Sent from my SM-N975F using Tapatalk
Raai ek reg, @ 2800voete rond?

Met n vleisie...

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Sun Dec 08, 2019 11:36 am
by Frederik
Howa in 300 wsm 165gr TTSX met 'n stewige maar ligte plastiek kolf wat stampe en stote kan vat.
Ja die recoil is dalk bitejie meer maar as jy op diere skiet vole jy dit nie en met die ligte roer gaan jy al die pad smile met die berg op en af en meer as genoeg slaankrag he vir enige berg dier en uit amper enige hoek die vitals te kan skiet.

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Sun Dec 08, 2019 11:41 am
by jdpretorius
Mellies wrote:
jdpretorius wrote: Sun Dec 08, 2019 10:50 am Oom Tripod en Supacow is reg....270 is die mees veelsydigste kaliber wat hulle nog kon uitdink.....naas 338 natuurlik. Die enigste ander ding wat naaby kom is dalk die 7x64. Hoekom wil n ou dan nou peuter met perfeksie.....behalwe as jy n breinsel kan deel deur 6.5 dan kry jy darem 35% van sy werkverrigting Image

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Jyt nou jou blaaie oopgemaak... ++>:

Met n vleisie...
.....boom vol uile....en as die bojane pla dan deel ons pampoene uit Image

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk



Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Sun Dec 08, 2019 3:09 pm
by Capt. Yoda
Wat is die impak spoed van n 130gr ttsx op 450m as hy uit n 270 begin teen 3100fps?

Daai 7-08 wat Geno van praat klink amper soos die perfekte ding, ongelukkig kan ons almal nou nie proof lope kry nie.

Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Sun Dec 08, 2019 3:21 pm
by BeesBreet
Myne is dalk nie die beste nie maar ek besit hom.

300wm tikka t3 hunter

Hy het n Limbsaver recoil pad by gekry en recoil is nou heeltemaal hanteerbaar.

178gr eld-x.
Z5 met bt


Geno se 7-08 klink ook na n mooi plan.

6.5 is bietjie lig in die broek na my mening vir daai Eland bul. ( ja dit is al gedoen, en kan gedoen word, ek self het al, maar as daar ver gestap of geklim word en daar word vinnig geskiet sonder bipods/dooierus etc dan soek man bietjie meer energie op teiken)

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Sun Dec 08, 2019 3:30 pm
by Mellies
Capt. Oblivious wrote: Sun Dec 08, 2019 3:09 pm Wat is die impak spoed van n 130gr ttsx op 450m as hy uit n 270 begin teen 3100fps?

Daai 7-08 wat Geno van praat klink amper soos die perfekte ding, ongelukkig kan ons almal nou nie proof lope kry nie.
Bedoel jy lope gewrap met CF?

Met n vleisie...

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Sun Dec 08, 2019 3:37 pm
by Mellies
BeesBreet wrote: Sun Dec 08, 2019 3:21 pm Myne is dalk nie die beste nie maar ek besit hom.

300wm tikka t3 hunter

Hy het n Limbsaver recoil pad by gekry en recoil is nou heeltemaal hanteerbaar.

178gr eld-x.
Z5 met bt


Geno se 7-08 klink ook na n mooi plan.

6.5 is bietjie lig in die broek na my mening vir daai Eland bul. ( ja dit is al gedoen, en kan gedoen word, ek self het al, maar as daar ver gestap of geklim word en daar word vinnig geskiet sonder bipods/dooierus etc dan soek man bietjie meer energie op teiken)
Ek gebruik ook my 300WM vir bergjag met 180gr Accubonds. Alhoewel hy eintlik te swaar is vir hierdie toepassing met sy 27.5” loop.

Soos jy tereg noem is kleiner dalk nie die beste roep vir elandbulle nie. Dan gebruik ek n 270AI met 130gr Accubonds @ 3250voete.

Met n vleisie...

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Sun Dec 08, 2019 3:43 pm
by alecjohnson
Ek is maar weer bevooroordeeld maar 375H&H maar as mjy lig soek is daar min mo van te kies soos sako, dink iets soos 'n 338WM kan ook baie mooi werk vir die doel, maar as jy sensetief is vir terugskop sou ek se 260 of 308 hou dit eenvoudig en leer net trajek ken.

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Sun Dec 08, 2019 6:50 pm
by Malan123
BeesBreet wrote: Sun Dec 08, 2019 3:21 pm Myne is dalk nie die beste nie maar ek besit hom.

300wm tikka t3 hunter

Hy het n Limbsaver recoil pad by gekry en recoil is nou heeltemaal hanteerbaar.

178gr eld-x.
Z5 met bt


Geno se 7-08 klink ook na n mooi plan.

6.5 is bietjie lig in die broek na my mening vir daai Eland bul. ( ja dit is al gedoen, en kan gedoen word, ek self het al, maar as daar ver gestap of geklim word en daar word vinnig geskiet sonder bipods/dooierus etc dan soek man bietjie meer energie op teiken)
Ek skiet dieselfde as Erhard. Het 'n aftermarket turret gekoop vir die Z5. Hys gezero op 100m. Turret laat my toe om 200m, 250m, 300m, 350m en 400m te merk so ek stel lekker maklik. Daai 178gr ELDX teen 2910fps sit meeste goed net daar neer.

Die limbsaver is seker die beste ding wat jy op so ligte roer kan sit. As ek jag, pla recoil my nie. Ek dra en skiet daai roer heel dag

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Posted: Sun Dec 08, 2019 7:26 pm
by Smitstertjies
Steyr Mannlicher maak n lekker ligte stap geweer in 300wsm...


Sent from my iPhone using Tapatalk