Page 1 of 1

300 Norma mag improve

Posted: Fri Dec 06, 2019 6:28 pm
by Heinz Petersen
Dit het lank geneem, maar die wag werd. Ek het vir my n 300nm I gebou en is opsoek na data om te begin skiet.
Ek sal met FF begin, so ek wil hoor waarmee julle FF doen.
So ook watter punte julle skiet en kruit oud of nuwe kruit.
Deel maar julle kennis dat ek ook êrens kan kom.
Ek luister by die bigscreen

Re: 300 Norma mag improve

Posted: Fri Dec 06, 2019 7:22 pm
by Diesel Dog
Heinz ek het nie persoonlike ondervinding met die kaliber nie maar het baie navorsing gedoen en dit is nog op my to do list.Dit wil voorkom of dit korter neem om die loop uit te skiet as wat dit neem om hom te bou,dus so ek vir my n fireforming die maak en met hydroliese vorming of met pistool kruit my doppe vorm en dan met die koeel wat ek die ruimer mee ontwerp het skiet. Ek sou ook met N570 begin.

DD

Re: 300 Norma mag improve

Posted: Fri Dec 06, 2019 7:56 pm
by jankraay
N570 werk nie lekker in daai dop nie. Oom Heinz moet hom n 225 ELD M voer met Retumbo of N565 in daai dop. N570 is ook mo@r vuil.

FF het die manne 385/B12.7 gebruik met enige 30 Cal punt. Die lading sal Oom by Eugene of DJ kry.

Ek het vir Oom n paar .30 Sierras wat ek nie gaan gebruik nie.

Hoop dit help

Groete




Sent from my iPhone using Tapatalk