Page 1 of 1
Help met roes in loop
Posted: Wed Dec 04, 2019 6:28 pm
by Lamtjop
Jis manne ek het met teslong borescope nou roes in my geweerloop gekry, waarmee haal ek dit uit. Ek is te dom om fotos optelaai. Ek is nie seker hoe diep die roes gaan nie, het nog nie begin skoonmaak nie. Ek wil eers hoor wat gaan die beste werk. Weet nie hoe die roes daar gekom het nie want hier in die karoo reen dit mos nie meer nie. Ek gebruik boretech se carbon en copper remover dan lappie balistol as hy in kluis staan. Voor ek skiet stoot ek lappie met lighter fluid deur om olie uit te haal dan 2 droe lappies. Geweer nog net n jaar by my, het hom wel in George nuut gekoop. Laat weet maar wat werk asb. Groete
Re: Help met roes in loop
Posted: Wed Dec 04, 2019 6:37 pm
by Malan123
Lamtjop, ek het dieselfde oorgekom. Ek het maar redelik baie van die boretech eliminator in die loop gegooi en ordentlik met nylon borsel gewerk. Daarna het ek so 5 droe lappies deur getrek. Na die 3de rondte toe blink hy weer mooi
Re: Help met roes in loop
Posted: Wed Dec 04, 2019 7:18 pm
by Armand Steenkamp
Lamtjop ek het ook al met roers in n loop gewerk. J&B borepaste is wat vir my gehelp het. As die loop erg geroes is en daar is pitmerke is daar nie wlveel wat jy kan doen nie.
Re: Help met roes in loop
Posted: Thu Dec 05, 2019 6:44 am
by Lamtjop
Die loop is nou mooi blink maar daar is so paar pit merke, ek sal maar gaan skiet en kyk hoe lyk akuraatheid. Ek het eers Q20 gespuit en toe met balistol op n vgk pellet geskuur. Met Iosso na die tyd geskuur tot hy blink. Nou n ander vraag, kan keel al fire cracking wys op 220 skote. Dis n 243 en ek skiet 55gr teen 3550vps. Groete
Re: Help met roes in loop
Posted: Thu Dec 05, 2019 7:31 am
by swc-tr
Sit maar eers daai borescope weg, hy gaan jou mal maak met al die "foute" wat jy sien.
As die roer mooi skiet, is daar nie fout nie "If it ain"t broken, don"t fix it" geld altyd.
Re: Help met roes in loop
Posted: Thu Dec 05, 2019 7:58 am
by BigBoreFanatic
swc-tr wrote: Thu Dec 05, 2019 7:31 am
Sit maar eers daai borescope weg, hy gaan jou mal maak met al die "foute" wat jy sien.
As die roer mooi skiet, is daar nie fout nie "If it ain"t broken, don"t fix it" geld altyd.
Stem.
Re: Help met roes in loop
Posted: Thu Dec 05, 2019 9:17 am
by MrFive
Hi BigBoreFAnatic,
I also have a rifle that has some rust damage with some bad pitting in the barrel. I now call that rifle "Rusty Rifle" but it still shoots very very well. Even still hits gongs out to 1000m, so the damage really does not affect its accuracy in my case.
Only real problem with rusty is that it takes significantly more effort to clean compared to a completely smooth and un-pitted barrel. It is because the Carbon and other fouling gets trapped in the pits and is really not so easy to remove.
One last thing I also had to do when I got "Rusty" on my name was to re-cut the crown because the carbon from the silencer (which was never removed when it was stored) also damaged the crown, but besides that it is now one of my favorites and I really do enjoy shooting it.
Regards,
Andre
Re: Help met roes in loop
Posted: Thu Dec 05, 2019 10:44 am
by Kallie Fernhout
Lamtjop wrote: Wed Dec 04, 2019 6:28 pm
Jis manne ek het met teslong borescope nou roes in my geweerloop gekry, waarmee haal ek dit uit. Ek is te dom om fotos optelaai. Ek is nie seker hoe diep die roes gaan nie, het nog nie begin skoonmaak nie. Ek wil eers hoor wat gaan die beste werk. Weet nie hoe die roes daar gekom het nie want hier in die karoo reen dit mos nie meer nie. Ek gebruik boretech se carbon en copper remover dan lappie balistol as hy in kluis staan. Voor ek skiet stoot ek lappie met lighter fluid deur om olie uit te haal dan 2 droe lappies. Geweer nog net n jaar by my, het hom wel in George nuut gekoop. Laat weet maar wat werk asb. Groete
Dit sal nogal interessant wees om die foto's van die roes te sien.
Re: Help met roes in loop
Posted: Thu Dec 05, 2019 11:48 am
by OosKaapJagter
Hierdie borescope ding raak vir my soos iemand wat vir elke denkbare mediese toets gaan, die uitslae analiseer en dan doodgaan van bekommernis daaroor.
Skiet die geweer en geniet dit. Die dag as akkuraatheid pla, maak die loop ordentlik skoon en probeer weer. As alle ander aspekte nagegaan is, kan jy laat 'n wapensmid wat sy storie ken die ding met 'n borescope bekyk.
As dit my geweer is, gaan skiet ek net eenvoudig daarmee, maak dit agterna skoon en jaag 'n olielappie deur. Dit is maar soos 'n motor se remskywe. As die ding staan, dan roes dit. Ry 'n entjie en dit is weer reg. Die probleem lĂȘ dus eerder by te min skiet.
Re: Help met roes in loop
Posted: Thu Dec 05, 2019 12:13 pm
by Malan123
Kerels, nie almal het 'n sielkundige breakdown oor hulle iets raakgesien het met die borescope nie. Ek het self gedink ek maak my roere nogal mooi skoon totdat ek die roes aanpaksel daar binne gesien het. As mens mos nou weet daar is roes dan wil jy dit natuurlik uithaal of hoe?
Ek persoonlik het die borescope gekoop oor my doppe baie stuiwer as gewoonlik eject het teen 'n voorspelde 52k psi druk. Ek het oorspronklik gedink ek het dalk 'n carbon ring en wou seker maak. Ek het toe roes raak gesien en verander nou my skoonmaak metode en intervalle so klein bietjie om toekomstige roes te voorkom.
My punt is, ons kani elke borescope topic dieselfde hanteer nie.
Re: Help met roes in loop
Posted: Thu Dec 05, 2019 1:25 pm
by swc-tr
Soos Kallie Fernhout noem, sal dit nice wees om die fotos van die roes te sien.
Dalk word roes met copper fouling verwar?
Re: Help met roes in loop
Posted: Thu Dec 05, 2019 2:49 pm
by Lamtjop
As iemand so gaaf sal wees om fotos vir my te plaas sal ek dit whatsapp of email. PM my net. Groete
Re: Help met roes in loop
Posted: Thu Dec 05, 2019 3:29 pm
by Draegan
Lamptjop se fotos voor skoonmaak (1/2)
IMG-20191205-WA0014.jpg
IMG-20191205-WA0013.jpg
Re: Help met roes in loop
Posted: Thu Dec 05, 2019 3:29 pm
by Draegan
Lamptjop se fotos voor skoonmaak (2/2)
IMG-20191205-WA0016.jpg
IMG-20191205-WA0015.jpg
Re: Help met roes in loop
Posted: Thu Dec 05, 2019 3:31 pm
by Draegan
Lamptjop se fotos na skoonmaak (1/2)
IMG-20191205-WA0018.jpg
IMG-20191205-WA0017.jpg
Re: Help met roes in loop
Posted: Thu Dec 05, 2019 3:32 pm
by Draegan
Lamptjop se fotos na skoonmaak (2/2)
IMG-20191205-WA0020.jpg
IMG-20191205-WA0019.jpg
Re: Help met roes in loop
Posted: Thu Dec 05, 2019 3:35 pm
by swc-tr
Dankie.
Skiet die geweer nou beter?
Re: Help met roes in loop
Posted: Thu Dec 05, 2019 6:03 pm
by Lamtjop
Nog nie kans gehad nie, sal moreoggend probeer.
Re: Help met roes in loop
Posted: Fri Dec 06, 2019 10:32 am
by Capt. Yoda
Julle moet in julle silincers begin kyk met die borescopes....
Re: Help met roes in loop
Posted: Fri Dec 06, 2019 4:53 pm
by Flip Nel
Capt. Oblivious wrote: Fri Dec 06, 2019 10:32 am
Julle moet in julle silincers begin kyk met die borescopes....

Jy wil nou rerig he die manne moet nie slaap nie