Page 1 of 2

-22 Hornet te koop of te ruil

Posted: Thu Nov 24, 2011 7:47 pm
by Blackie Swart
Manne Ek het besluit om my Anschutz .22 Hornet te verkoop of te verruil vir n goeie teleskoop.Vandat ek my 243 leer ken en skiet,gebruik ek nie meer die hornet nie.Wat kans mens vir so n geweer vra.Die geweer is al oud met n paar merkies op.Dit het n Bushnell 3-9x40 scope op.Baie akkuraat.Geen pitmerke in loop nie.Sal fotos opsit indien iemand sou belangstel.
Groete
Blackie

Re: -22 Hornet te koop of te ruil

Posted: Thu Nov 24, 2011 7:48 pm
by Cobus(Cobb)
Sit foto asb...

Cheers

Re: -22 Hornet te koop of te ruil

Posted: Thu Nov 24, 2011 7:52 pm
by Sako75
Blackie,

Watter tipe teleskoop het jy ingedagte?  Dit sal ook help met die waarde....

Re: -22 Hornet te koop of te ruil

Posted: Thu Nov 24, 2011 7:57 pm
by blaser
Ek stel belang hang net van die prys af
Waar is jy

Groete

Re: -22 Hornet te koop of te ruil

Posted: Thu Nov 24, 2011 8:04 pm
by Beretta
Blackie
Ek kan jou help met n Lynx scope
Beretta

Re: -22 Hornet te koop of te ruil

Posted: Thu Nov 24, 2011 8:10 pm
by blaser
Beretta

Gaan jy dan die geweer vir my gee

Re: -22 Hornet te koop of te ruil

Posted: Thu Nov 24, 2011 8:18 pm
by Beretta
remington
vir n paar skote nou jou geel gong anytime  ;D ;D ;D ;D
Beretta

Re: -22 Hornet te koop of te ruil

Posted: Thu Nov 24, 2011 8:23 pm
by Blackie Swart
Dankie alle belangstellendes.Sal more fotos opsit van die geweer.My kammera se batterye is vrek en hier in die klein plekkie sal ek eers more ander kan koop.
Baretta ons kan dalk gesels.Kyk na die fotos en dan praat on weer verder.
Groete
Blackie

Re: -22 Hornet te koop of te ruil

Posted: Thu Nov 24, 2011 8:24 pm
by Beretta
blackie
Dankie kom ons kyk
Beretta

Re: -22 Hornet te koop of te ruil

Posted: Fri Nov 25, 2011 3:52 pm
by Blackie Swart
Hier is die fotos van die hornet.Sal sien dat die gunblue al bietjie af is en dat een van die snellerbeul se skroefies weg is.Verder is die geweer baie goed en akkuraat.
[img width=560 height=420]http://i1087.photobucket.com/albums/j46 ... G_4414.jpg[/img][img width=560 height=420]http://i1087.photobucket.com/albums/j46 ... G_4413.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1087.photobucket.com/albums/j46 ... G_4412.jpg[/img][img width=560 height=420]http://i1087.photobucket.com/albums/j46 ... G_4411.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1087.photobucket.com/albums/j46 ... G_4406.jpg[/img][img width=560 height=420]http://i1087.photobucket.com/albums/j46 ... G_4405.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1087.photobucket.com/albums/j46 ... G_4404.jpg[/img][img width=360 height=480]http://i1087.photobucket.com/albums/j46 ... 4403-1.jpg[/img]
Groete
Blackie

Re: -22 Hornet te koop of te ruil

Posted: Fri Nov 25, 2011 3:56 pm
by BLOK
Prys wat jy in gedagte het???

Re: -22 Hornet te koop of te ruil

Posted: Fri Nov 25, 2011 4:17 pm
by Blackie Swart
Blok ek het geen idee wat gevra kan word nie.Sal maar kyk wat ek aangebied word.
Groete
Blackie

Re: -22 Hornet te koop of te ruil

Posted: Fri Nov 25, 2011 4:19 pm
by BLOK
Lyk my ons gaan n afslaer nodig kry ;D Ek begin op R2000

Re: -22 Hornet te koop of te ruil

Posted: Fri Nov 25, 2011 4:22 pm
by Cobus(Cobb)
So my R1500 tel nie......

Cheers

Re: -22 Hornet te koop of te ruil

Posted: Fri Nov 25, 2011 4:26 pm
by BLOK
Bid or Buy, wonder moet ons afsny tyd opsit. ;D ;D ;D

Re: -22 Hornet te koop of te ruil

Posted: Fri Nov 25, 2011 4:31 pm
by Beretta
blackie
as ek mag vra waar bly jy ek neem aan in die kaap as ek so na die kreef kyk ek sal wag voor ek my bod insit ;D ;D
Beretta

Re: -22 Hornet te koop of te ruil

Posted: Fri Nov 25, 2011 4:35 pm
by Hein M.
So 'n Hornet is darem maar net 'n dassie / kolgans se moses.  Verlang sommer terug plaas toe...

Hein

Re: -22 Hornet te koop of te ruil

Posted: Fri Nov 25, 2011 5:54 pm
by tafjak
H?l manne

Hier kom sports! :D Hier l? reeds 'n Diavari in die kluis en in ongebruik.

Blackie, sit bietjie die ding aan die gang man!

Voorspoed

Re: -22 Hornet te koop of te ruil

Posted: Fri Nov 25, 2011 6:43 pm
by Dawid
Blackie maak nou n prys man. My vrou wil graag die familie in die Kaap loop kuier en as ek haar nou "treat" en soontoe vat kan ek mos maar "per ongeluk " skielik op jou afkom wat die ding vir n bargain verkoop.... ;D n Man met n plan.... :angel:

Re: -22 Hornet te koop of te ruil

Posted: Fri Nov 25, 2011 6:59 pm
by Blackie Swart
Ek het nie gedink dat die kaliber so gewild is nie.Ek bly egter amper teen die Namibiese grens.Die plekkie se naam is Port Nolloth.
Tafjak watter vergroting is daai diavari.My 243 het maar net 6x42 Leopold op en sal graag iets wil opsit wat se lens tot 56mm gaan.Mens se oe raak nie beter nie en sal later my scope moet vervang met iets sterker.Ek weet regtig nie wat om vir die geweer te vra nie.Julle sal my nie glo nie maar het self met die geweer 1 kudu ,3 gemsbokke en n klomp springbokke in Suidwes geskiet.Ek praat dan nie eens van alle steenbokke en duikers nie.Nog net goeie diens gekry en sal maar hartseer wees om dit te laat gaan.
Groete
Blackie

Re: -22 Hornet te koop of te ruil

Posted: Sun Nov 27, 2011 9:34 pm
by Armand Steenkamp
Blackie,

Is goed om te sien hier is nog mense van my wereld op die forum! Ek is van springbok, was laas naweek in die port!

Groetnis

Re: -22 Hornet te koop of te ruil

Posted: Sun Nov 27, 2011 9:49 pm
by Blackie Swart
Naand Armand.Ja nee ek wou al voorheen gevra het waar jy boer.Ek skiet gereeld daar by oom Weigh van Niekerk springbokke.Het jy ook in s/bok skoolgegaan.Dalk vorentoe bietjie bymekaar kom en so bietjie die rooi honde piets.
Lekker aand
Blackie

Re: -22 Hornet te koop of te ruil

Posted: Sun Nov 27, 2011 10:41 pm
by baboonstalker
Ek het self laasjaar so 'n hornet "opgetel". Myne is nog nat nuut en ek self het ook nog nie 'n skoot met hom geskiet nie.
Beter vinger trek en doppe kry sodat ek hom aan die gang kan sit!

Hier is beter foto's
Image
Image
Image

Wil nie Blackie se post hijack nie, net so bietjie julle manne terg  :angel:

Re: -22 Hornet te koop of te ruil

Posted: Sun Nov 27, 2011 11:09 pm
by Dawid
Janee BS jy terg behoorlik, my hart vreet tjoklits oor so n Hornet.

Darem maar n ougat en baie onderskatte geweertjie.

Weetnie waneer blackie sy mind gaan opmaak nie maar eks heelvoor in die ry. ;D ;D

Re: -22 Hornet te koop of te ruil

Posted: Sun Nov 27, 2011 11:31 pm
by baboonstalker
Darem maar n ougat en baie onderskatte geweertjie.
Ja Dawid, en op 'n match 54 aksie kan hy mos net mooi gooi! daardie geweertjies se lock time is bitter vinnig en die snellers is ook van die beter fabriek snellers wat ek nog teegekom het.
Ek het vir my 'n paar honderd 35gr v-maxe laat kom en sy collet die set l? al meer as 'n jaar in die kas. Ek kort net doppe en 'n scope (kan seker eers sonder laasgenoemde klaarkom) en dan is dit sulke tyd!
Wie weet, miskien trek ek hom Desember nog uit die kas!

Ek het al gewonder of ek hom moet k-hornet, maar ek dink hy moet bly soos hy van sy ma af gekom het - of hoe voel julle ook die k-hornet?
P