Page 1 of 1
Haal dripper
Posted: Tue Nov 26, 2019 8:03 pm
by jakkalspietersielie
Goeie dag almal.
Ek het die afgelope paar weke vir my n haal dripper gebou. En als werk soos dit moet behalwe dat my haal so bietjie ovaal uit kom en nie mooi rond nie.
Het enige iemand raad
Groete
Jacques
Re: Hael dripper
Posted: Tue Nov 26, 2019 8:27 pm
by thys308
Jakkals jy ht paar dinge wat jy mt kyk.
1. Jou haal moet nie verder as 6mm van die plaat af val tot by jou vloeistof nie.
2. Jy sal olie mt gebruik vir afkoel vloeistok hydraulic of somer kar olie gebruiktes is baie goedkooper.
3. Jou lood mt warm genoeg wees.
4. Jy kan jou valplaat met witbord kruit glad maak dat lood lekker rol.
Met daai paar dingetjies sal jy regkom.
Sent from my SM-A505F using Tapatalk
Re: Hael dripper
Posted: Thu Nov 28, 2019 8:37 am
by Sekelbos
jakkalspietersielie, wys bietjie fotos en beskryf wat jy gedoen en gebruik het?
Re: Hael dripper
Posted: Sun Dec 01, 2019 8:20 pm
by jakkalspietersielie
Goeie dag almal
Jammer ek kom nou eers trug maar gaan maar wild.
Ek het die raad gevolg en dinge lyk beter.
Hier is 'n paar fotos van begin tot waar ek nou is.
Re: Hael dripper
Posted: Sun Dec 01, 2019 8:30 pm
by jakkalspietersielie
Hier is die fotos van die hael van waar ek begin het tot nou
Die een ding wat ek geleer het is water werk gladnie. Anty-freez werk beter maar olie is beslus die pad om te gaan.
Die projek het baie veranderlikes. Die tempratuur van die lood, die tempratuur van die coolent. Die angle van die dripper.
Re: Hael dripper
Posted: Sun Dec 01, 2019 8:35 pm
by jakkalspietersielie
Hier is die foto van die beste sover.
Die pan se bodem is 5mm en die kante is 3mm. Onder dit is 'n spiraal stoof plaat. die drippers is M16 boude wat agter in geboor is met n 10mm gat. ek is nog besig om te kyk wat is die beste grote vir die drip gat.
Die een belangrikke ding is ook dat die lood baie skoon is en het ek aan die begin baie met dit gesukkel.
Re: Hael dripper
Posted: Sun Dec 01, 2019 9:24 pm
by thys308
Ok jy kom daar.
Jou val plaat voor is te lank en die angel is te skerp af om me te begin.
Vir nr 7 haal mt jy 0.5mm gaatjie boor in jou nozel en vir nr 3 haal 0.8mm gaatjie , duur boortjies daai.
Dan die lood smelt jy eers voor die tyd om al die vullis uit te kry en gooi in mini hertsog oond pannetjies. Die spiraal plaat sit jy onder jou dripper en direk op krag.
Jou olie bag mt dieper wees 5ltr of groter anders raak olie te vinnig warm. Wat gebeur is jou lood nog nie genoeg afgekoel as hy bodem tref nie en mis vorm. Jou lood moet 6mm na olie val om te vorm, te naby en jy kry eiers en te vêr en jy kry daai plat splertse.
Sent from my SM-A505F using Tapatalk
Re: Hael dripper
Posted: Sun Dec 01, 2019 9:33 pm
by thys308
Re: Hael dripper
Posted: Tue Dec 03, 2019 3:57 pm
by jakkalspietersielie
Baie dankie vir almal se advies. Ek kry nou hael wat baie rond is.
Thys, Hoe kry jy die olie van die haal af?
Weet iemand waar ek grafite kan kry?
Re: Hael dripper
Posted: Tue Dec 03, 2019 4:06 pm
by Gawie(13mm)
jakkalspietersielie wrote: Tue Dec 03, 2019 3:57 pm
Baie dankie vir almal se advies. Ek kry nou hael wat baie rond is.
Thys, Hoe kry jy die olie van die hael af?
Weet iemand waar ek grafite kan kry?
Ek so raai jy gooi dit in asetoon of selfs verfverdunner.
Hael dripper
Posted: Tue Dec 03, 2019 5:37 pm
by BeesBreet
jakkalspietersielie wrote:Baie dankie vir almal se advies. Ek kry nou hael wat baie rond is.
Thys, Hoe kry jy die olie van die hael af?
Weet iemand waar ek grafite kan kry?
Enige koperasie wat smeer middels vir planters aan hou. Talk poeier kan ook seker werk. Mens kry n 1.5kg grafiet poeier in n John Deere kannettjie...
Re: Hael dripper
Posted: Tue Dec 03, 2019 6:33 pm
by jakkalspietersielie
Hier is hoe die hael lyk met n paar klein veranderings.
Re: Hael dripper
Posted: Wed Dec 04, 2019 7:22 am
by Askari
Ek gebruik cutting oil met water verdun as "coolant". Dit spoel redelik maklik af met water waarna ek die korrels op paar lae koerantpapier in die son laat lê tot hulle droog is. So halwe teelepel grafiet per "somchem dryfmiddel blik volume" korrels werk goed vir my.
Re: Hael dripper
Posted: Wed Dec 04, 2019 8:00 am
by william007
Goeie more mane
jammer ek breek nou in hier. Maar hierdie lyk baie intresant. Ons jag ook heelwat voels hier by ons , en ek sal nou daarvan hou om my eie goed ook te laai en maak.
As ek kan vra die hael gooi masjien kry n mens so iets te koop , as nie kry n mens van die heal los te koop as jy wil herlaai op 12ga.
En dan nog n vraag is daar iewers n plan of step by step om so iets te bou.
Want dit lyk lekker intresant.
Groete.
Re: Hael dripper
Posted: Wed Dec 04, 2019 8:18 am
by alecjohnson
Ek het planne om een te bou op internet gekry, daai boute met die gate wil ek van eBay af bestel(so R750 vir 7 boute klaar geboor) eerder as om self deur 'n klomp klein boorpunte te gaan. Ek het nog nie 'n plan vir vir hitting nie, gedink om maar lee smeltpot te koop, dan wil ek ook sommar begin om vir die 9mm en 45 ook te giet, maar ek wag nog, en volg hierdie een.
Re: Hael dripper
Posted: Wed Dec 04, 2019 9:20 am
by Plaashaas
Koop net welder nozzles vir die drippers. Hul kos seker maar R30? elk.
(Jy kry baie verskillende grootes)
Re: Hael dripper
Posted: Wed Dec 04, 2019 8:02 pm
by jakkalspietersielie
william007 wrote: Wed Dec 04, 2019 8:00 am
Goeie more mane
jammer ek breek nou in hier. Maar hierdie lyk baie intresant. Ons jag ook heelwat voels hier by ons , en ek sal nou daarvan hou om my eie goed ook te laai en maak.
As ek kan vra die hael gooi masjien kry n mens so iets te koop , as nie kry n mens van die heal los te koop as jy wil herlaai op 12ga.
En dan nog n vraag is daar iewers n plan of step by step om so iets te bou.
Want dit lyk lekker intresant.
Groete.
Goeie naand.
Soos ek rond gekyk het is daar plekke wat die dripper in bring van amerika af maar hulle gaan vir so R15 000.
Daar is ook n Paar manne wat hael drip en verkoop. Ek weet Rudi hier op die forum doen dit.
Re: Hael dripper
Posted: Wed Dec 04, 2019 8:08 pm
by jakkalspietersielie
Net iets wat ek vir almal van wil waarsku voor jy be sluit jy gaan begin haelgeweer her laai. Ek is nie altyd seker of dit regtig geld spaar nie.
Hier is n lys wat als kos
Primers R600 vir 800
Wads R300 vir 1000
Kruit R580 vir 454g (7000gr)
Dit werk dan uit na R2.70 n ronte voor jy die hael gemaak het of gekoop het.
Dit werk na R675 n kas
Dit maak my self 2 keer dink
Re: Hael dripper
Posted: Thu Dec 05, 2019 7:18 am
by Geno
william007 wrote: Wed Dec 04, 2019 8:00 am
Goeie more mane
jammer ek breek nou in hier. Maar hierdie lyk baie intresant. Ons jag ook heelwat voels hier by ons , en ek sal nou daarvan hou om my eie goed ook te laai en maak.
As ek kan vra die hael gooi masjien kry n mens so iets te koop , as nie kry n mens van die heal los te koop as jy wil herlaai op 12ga.
En dan nog n vraag is daar iewers n plan of step by step om so iets te bou.
Want dit lyk lekker intresant.
Groete.
Ou kyk na R13,500.00 vir hierdie shot maker:
LITTLETON SHOT MAKER MK65 SHOT SIZE 7.5 (7 DRIPPERS)
Re: Hael dripper
Posted: Tue Dec 17, 2019 6:25 am
by thys308
Sorry ek kom nou eers terug, ek was my lood met enjien cleaner om olie af te kry en was dit af daar na met water en los dit dan in die son om drood te raak.
Daai lood lyk mooi ou maat.
Dit gn nie altyd oor die goed kooper herlaai nie mr ook vir die afskakeling en ontlaai v stress.
Sent from my SM-A505F using Tapatalk