Page 1 of 1

Gatvol, kort raad...

Posted: Sun Nov 24, 2019 9:44 am
by Sangoma (IAN)
Slim manne skuif nader asb.

Ek het n geweer wat baie bont skiet sodra hy warm word.
Na so 5-6 skote begin die roer vreeslik bont skiet.

Dit is n 26" varmint loop. Hy meet so 22mm by die kroon.

Ek vermoed die probleem kan moontlik met die bedding wees? Dalk is daar n hot spot as die geweer warm word?

Die loop is ook lekker free float, so hy raak nerens op die kolf nie. Spasie tussen die loop en kolf is ook genoeg, so hy raak ook nerens as hy warm word nie.

Die aksie skroewe is getorque, so glo nie die probleem is daar nie.

Ek luister graag

Re: Gatvol, kort raad...

Posted: Sun Nov 24, 2019 9:53 am
by Geno
Hoe styf is die skroewe getorque?
Is die loop heeltemal gefloat of is daar bedding onder die knox?
Waarmee is hy gebed en sit die aksie mooi in die bedding, maw ry die aksie nie wipplank in die bedding as die skroewe los is nie?

Sent from my SM-N975F using Tapatalk


Re: Gatvol, kort raad...

Posted: Sun Nov 24, 2019 10:56 am
by tripodmvr
Kaliber en koele gebruik?

Re: Gatvol, kort raad...

Posted: Sun Nov 24, 2019 10:59 am
by Schalk van Wyk
Geno wrote:Hoe styf is die skroewe getorque?
Is die loop heeltemal gefloat of is daar bedding onder die knox?
Waarmee is hy gebed en sit die aksie mooi in die bedding, maw ry die aksie nie wipplank in die bedding as die skroewe los is nie?

Sent from my SM-N975F using Tapatalk
Geno.

Verkies jy niks bedding onder die knox nie?




Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Gatvol, kort raad...

Posted: Sun Nov 24, 2019 11:02 am
by Geno
My roere is almal onder die knox gebed.

Sent from my SM-N975F using Tapatalk


Re: Gatvol, kort raad...

Posted: Sun Nov 24, 2019 11:03 am
by Schalk van Wyk
Ek bed my knox ook. Glo dit is nodig om n groot genoeg bedding oppervlak te skep en vermoed dan soos jy se “wipplank ry”.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Gatvol, kort raad...

Posted: Sun Nov 24, 2019 11:07 am
by Sangoma (IAN)
6.5x284
lapua doppe
147Eldm
2840fps.
Bartlein 5R 7.5 twist

Skiet bitter goed met die eerste klompie skote, daarna maak hy oop. Het sat n 100mm gong op 600m raak geskiet.
Aksie skroewe is redelik styf getorque. Kan nie die torque setting onthou nie.

Die geweersmid het die aksie net voor en agter gebed. Geen bedding die hele aksie se lengte nie. Ek weet ook nie wat hy gebruik het nie. En nee, geen bedding onder die knox nie.

Re: Gatvol, kort raad...

Posted: Sun Nov 24, 2019 11:11 am
by Schalk van Wyk
Ian. Om n vol bedding 100%reg te kry is baie moeilik. Om te keer dat jy stremming op jou aksie sit is dit beter om net voor en agter te bed.

Het daar nie dalk ‘n carbon ring in jou keel gevorm nie?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Gatvol, kort raad...

Posted: Sun Nov 24, 2019 11:51 am
by JPS
Wat maak jou spoed na so klompie skote so is jy dit noem?

Re: Gatvol, kort raad...

Posted: Sun Nov 24, 2019 11:52 am
by tripodmvr
Het jy dalk 'n foto van so groep?

Re: Gatvol, kort raad...

Posted: Sun Nov 24, 2019 11:59 am
by jdpretorius

Schalk van Wyk wrote:
Het daar nie dalk ‘n carbon ring in jou keel gevorm nie?
Jammer vir die hi-jack Ian

Schalk vertel asb. meer oor hoekom dit n geweer kan laat bond skiet.... jy het my nou niskurig.


Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk


Re: Gatvol, kort raad...

Posted: Sun Nov 24, 2019 12:06 pm
by Schalk van Wyk
Druk sommer die koel skeef wat dan beteken jou ronde begin skeef in die loop af gaan. As dit erg genoe raak kan dit jou nekspanning ook beinvloed.

Almal draai deesdae hulle nekke wat n goeie praktyk is maar moet versigtig wees om dit te oordoen. As mens dit oordoen seel jou dop te stadig jou kamer af en die blowback veroorsaak dan hierdie carbon rings.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Gatvol, kort raad...

Posted: Sun Nov 24, 2019 12:31 pm
by jdpretorius
Dankie Schalk
Met my niskurigheid het ek jou verduideliking op die net ook raak gelees
.....die een ou skryf "The ring forms, and becomes a bore obstruction. It swages the bullet down, which also stretches its length. Now you have a smaller than bore slug rattling down the bore, and you can only hope it is close to the same deformed amount as its predecessors, or groups get even wilder."

Ns. Ek't gister juis n paar snaakse spoed lesings gekry waar een koeël sommer 30 fps stadiger was as die res en by dit ook n flyer...dit maak nou sin
Met die skoonmaak vanoggend pla die carbon ring my toe teveel en skrop hom toe uit.

Re: Gatvol, kort raad...

Posted: Sun Nov 24, 2019 12:34 pm
by Schalk van Wyk
Goeie beskrywing. Het nou twee ouens gesien wat 6.5x47 skiet. Elke keer by omtrent 400 skote gebeer dit. Dan sukkel jy baie om daainring uit te haal. Ek maak nou maar my gewere se kelenvoorkomend skoon.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Gatvol, kort raad...

Posted: Sun Nov 24, 2019 4:24 pm
by Capt. Yoda
As jy n carbon ring in jou loop/keel het wat jou koel kan skeef druk het jy n pyp bom want jou dop se nek sal nooit die koel kan los met so carbon aan paksel nie.

N carbon ring sal nie n geweer 5 of 6 mooi skote laat skiet en dan begin bond skiet nie

Re: Gatvol, kort raad...

Posted: Sun Nov 24, 2019 4:31 pm
by Capt. Yoda
Ian haal die loop en aksie uit en kyk of niks erens vas druk nie en moenie die ding torque laat die spanner buig nie. Kyk ook of niks erens bind by jou magasyn/vloerplaat nie. Met daai kolf van jou let bq op of die geweer dit doen as dit warmer word deur die dag, as daai kolf enigsins flex soos hy in die son le is dit nag.

Re: Gatvol, kort raad...

Posted: Sun Nov 24, 2019 4:47 pm
by jankraay
Capt. Oblivious wrote: Sun Nov 24, 2019 4:24 pm As jy n carbon ring in jou loop/keel het wat jou koel kan skeef druk het jy n pyp bom want jou dop se nek sal nooit die koel kan los met so carbon aan paksel nie.

N carbon ring sal nie n geweer 5 of 6 mooi skote laat skiet en dan begin bond skiet nie
Hier stem ek saam. Dit sal n Carbon ring van n paar mm moet wees om aan toe koeël te raak en hom skeef te druk. Carbon ring kan net jou geweer laat bont skiet as hy die tension verander wat maak dat jou spoed verander.

Re: Gatvol, kort raad...

Posted: Sun Nov 24, 2019 4:57 pm
by PWV
Ian, hier is baie slimmer manne as ek wat raad gee. Ek noem maar net wat ek met my geweer ondervind het.
Al is die skroewe vas en die geweer is nie behoorlik gebed sodat daar geen spanning op die aksie is nie, sal die bontskietery voortgaan.

Hou jou geweer vertikaal met jou een hand bo, om die kolf en loop. Maak die boonste skroef los en voel As jy kan voel hoe die loop noemenswaardig van die kolf padgee, is dit 'n aanduiding dat die aksie onder spanning was. Geweer is dan nie reg ge-bed nie.

Daar mag egter 'n ander probleem by jou geweer wees. Ek noem maar net wat ek ondervind het.

Treur die manne daar nog oor die beker?

Re: Gatvol, kort raad...

Posted: Sun Nov 24, 2019 6:53 pm
by junglejulian
Ek vermoed dit is maar net die eerste bier se effek wat eers na 6-7skote begin inskop Ian.

Re: Gatvol, kort raad...

Posted: Mon Nov 25, 2019 8:11 am
by tau
So die geweer skiet bitter fyn skoot 1-5/6 en as jy hom helemal laat afkoel skiet hy weer so?

Koue geweer groepe is altyd goed?

Re: Gatvol, kort raad...

Posted: Mon Nov 25, 2019 10:28 am
by Sangoma (IAN)
Ekt die probleem opgespoor.

Pragtige groot donuts!!!

Nou die volgende vraag. Sukkel ek met inside neck reamers etc of druk ek n reamer in die loop en kamer na iets wat nie donuts maak nie.

Wat stel julle voor in 6.5? Creed?

Re: Gatvol, kort raad...

Posted: Mon Nov 25, 2019 11:13 am
by Gerhardu
Voor jy enige sny werk aan die binne kant doen. Laat daai punte eers uit die donut of bo die bonut en kyk hoe groepeer hy.

Re: Gatvol, kort raad...

Posted: Mon Nov 25, 2019 11:24 am
by JacquesT (Stompe)
Nee man sny die doughnuts uit die doppe en gaan aan met die lewe. Meet die deursnee van 'n gevuurde dop en kry jou 'n metaal boor punt wat net in jou nek sal pas, met elke nuwe helraai druk jy die boorpunt in en gee hom 'n draai of twee.

Wanneer jy 'n nuwe stel doppe kry skil die nekke en sny hom in die skouer in. Daai help so effe met die voorkoming van doughnuts.

Groete,
Jacques

Re: Gatvol, kort raad...

Posted: Mon Nov 25, 2019 11:32 am
by tripodmvr
6,5 PRC

Re: Gatvol, kort raad...

Posted: Mon Nov 25, 2019 11:48 am
by Capt. Yoda
Ian, hoe skiet jy laat die geweer mooi skiet en soos hy warem word begin hy bond skiet en dan kom jy agter jy het donuts in jou doppe?
Jy wyn gevat toe jy die eertse keer oor die probleem dink of wat?

Sny die donut net uit dit is nie so groot werk nie