Page 1 of 1

223 trajek

Posted: Thu Nov 24, 2011 5:15 pm
by Pvdw
Manne ek kom nou net van die skietbaan af met my 223.

Huidiglik groep hy so 32mm bo die kol op 100m.

Ek het die inligtig wat nodig is in QL ingevoer en die volgende trajek gekry.

33mm hoog op 100
35mm hoog op 107
0mm  op 170m
35mm laag op 200m

Indien ek 3 Clicks ho?r gaan behoort die trajek as volg te lyk.

49mm hoog op 100m
53mm hoog op 114m
0mm op 200m
30mm laag op 220

Ek behoort nie maklik v?rder as 200m te skiet nie-glo nie eers dat ek so v?r kan skiet nie >:( ;D-

Wat sou julle aanbeveel vir algemene jak skiet, die 170m zero of die 200m zero.

Peet

Re: 223 trajek

Posted: Thu Nov 24, 2011 5:58 pm
by Triple2
Wat gebeur as die bok op 50m staan?? ???

Re: 223 trajek

Posted: Thu Nov 24, 2011 6:25 pm
by Pvdw
Dan skiet ek 22mm hoog volgens QL.

Peet

Re: 223 trajek

Posted: Thu Nov 24, 2011 7:10 pm
by tafjak
Peet

Al2 trajekte kan werk, ek verkies die 1ste(nommerpas) ene. Jongjakkalse op 107m(53mm hoog) kan sports wees, meer mis as raak.

O ja, en hou die vergrotings op 8x, sal jou die versoeking laat weerstaan om verder as 220meter te skiet.

Mooiloop

Ps, Groete vir ou Graham(Grumpy), moenie s? ek noem hom Grumps nie.

Re: 223 trajek

Posted: Thu Nov 24, 2011 7:21 pm
by Chris101
Pvdw

Dis waar wat SIR spreek moenie te hoog wees tog so maklik mis.
of jy skroei hom net so op rug hy val soos lap en optel tyd is hy weg.

101

Re: 223 trajek

Posted: Thu Nov 24, 2011 7:22 pm
by Pvdw
Dankie Tafjak, ek hou van daai raad oor die 8X, dis prakties en eenvoudig.

Vandag met Graham gesels, hy is so effe siek, hoes so dat hy sukkel om te slaap ???

Peet

Chris dankievir daai raad, ek sien ons het gelyk gepos toe sien ek nie joune nie.

Re: 223 trajek

Posted: Thu Nov 24, 2011 7:25 pm
by Sako75
Ek hou van die "Total Point Blank Range" metode.

As ek hulle so kyk lyk Nr 1 vir my reg en kan hy gemaklik nog enige hart-long area tref op 220, dalk 240m.

Ek weet net mens se "mid-range" trajek (sy hoogste punt in die trajek) moet net nie te hoog wees nie ander skiet mens baie maklik bo-oor..... veral op "maklike" naby skote.  Ek het al 'n ribbok se middelpaadjie mooi gekam omdat ek te slim wou wees en my "zero" te ver wou gehad het..... toe skiet ek bo-oor alles wat naby is  :-[.  Die 8x vegroting is ook goeie raad..... ek pas dit self toe.

Re: 223 trajek

Posted: Thu Nov 24, 2011 7:29 pm
by Pvdw
Ek kan amper nie glo dat daai 30m ekstra op die zero 20mm ho?r op die maksmum hoogte maak nie, in die geval 107 en 114m. Dis nogal baie.

Peet

Re: 223 trajek

Posted: Thu Nov 24, 2011 10:23 pm
by Boerseun123
Pvdw,

Ek persoonlik verkies die eerste van jou twee trajekte vir hier by ons, maar dit hang van elke ou se omgewing af dink ek. Nag skiet by ons is jou skote nie regtig so ver nie. Ek het ook al gesien dat mens jou afstande maklik oorskat in die nag, of ek altans. Het al springbokke uitgeskiet en gedink dit is 'n ver skoot en as jy hom "range" of aftree dan is dit sommer 30m plus minder as wat ek geskat het.

Nou ja dis my 2c

Groete
BS

Re: 223 trajek

Posted: Fri Nov 25, 2011 5:06 am
by Gerhard
Peet,

Hier op die Ho?veld en in die bosveld kan jy maar n duim hoog op 100m in stel.

Jy sal dan mooi skiet tot op 200m sonder om te begin kompenseer.

As jy bietjie verder moet skiet vat jy net bietjie hoer op die teiken.

Laas Saterdag aand n jakkals reun op n vars geploegde land geskiet op 270 tree met die 222.

Ek het die kruis net op die boonste gedeelte van die bors gesit...