Page 1 of 1
Gemsbok jag in die Kalahari - watter koeëltipe?
Posted: Thu Nov 21, 2019 5:38 pm
by win270
Naand almal,
Ek beplan om vlg jaar gemsbokke in die Kalahari te gaan jag met my .308 Musgrave. Het geen ondervinding van daardie betrokke terrein en omstandighede nie.
Is Sierra Game King Spitzer in 165 grein die koeël wat julle ook aanbeveel hiervoor? Ek wil ook nie noodwendig met die duurste tipe skiet nie.
Enige ander koeëltipes, deel asb jou aanbeveling en motivering asseblief. Mens kry min kans vir so 'n trippie en ek wil darem daar arriveer met geskikte ammunisie.
Hoor graag verder wat julle hieroor sê.
Dankie by voorbaat.
Re: Gemsbok jag in die Kalahari - watter koeëltipe?
Posted: Thu Nov 21, 2019 6:04 pm
by tripodmvr
Ek sou kyk na 'n mono in 130gr. Barnes, Kriek ens. sal 'n lekker plat trajek gee en binne 300m sal dit vleis huis toe bring - ook nie te veel vol bloedswamme nie. Al kos dit R20-25 per skoot spaar jy dit op vleis wat afgesny word vir die honde.
Re: Gemsbok jag in die Kalahari - watter koeëltipe?
Posted: Thu Nov 21, 2019 7:39 pm
by JK
Afstand dalk, maar skoot plasing dalk meer belangrik met n gemsbok.
Re: Gemsbok jag in die Kalahari - watter koeëltipe?
Posted: Thu Nov 21, 2019 7:44 pm
by Mellies
Enige 150-165/168gr wat jou roer verkies. 308 se spoed is gemiddeld so vleisskade behoort nie n faktor te wees nie.
Ek persoonlik verkies n Accubond. Interbond/Scirocco soortgelyke opsies.
Met n vleisie...
Re: Gemsbok jag in die Kalahari - watter koeëltipe?
Posted: Thu Nov 21, 2019 8:11 pm
by Raakskiet
Moenie karring aan dit wat vir jou gewerk het in die verlede nie.
Gaan skiet hulle met wat jy gewoont is om mee te skiet.
Niks fout met n Sierra nie!! Stel hom 2" hoog op 100m en gaan kyk op die baan waar jy moet vat op 300m.
Geniet die rooi duine.....
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Gemsbok jag in die Kalahari - watter koeëltipe?
Posted: Thu Nov 21, 2019 8:16 pm
by Askari
Voor ek 'n 9.3 aangeskaf het, het ek hele paar gemsies met my 308/150gr Gamekings geskiet. Nooit probleme gehad nie, maar ek het seker gemaak ek vermy groot bene.
Re: Gemsbok jag in die Kalahari - watter koeëltipe?
Posted: Thu Nov 21, 2019 9:11 pm
by Dewitt
Mellies wrote: Thu Nov 21, 2019 7:44 pm
Enige 150-165/168gr wat jou roer verkies. 308 se spoed is gemiddeld so vleisskade behoort nie n faktor te wees nie.
Ek persoonlik verkies n Accubond. Interbond/Scirocco soortgelyke opsies.
Met n vleisie...
Plus 1
Accubond/Interbond/Nosler Partition
Re: Gemsbok jag in die Kalahari - watter koeëltipe?
Posted: Fri Nov 22, 2019 6:57 am
by Malan123
As jy gewoond is aan daai sierras, skiet hulle. Meer as genoeg vir 'n gemsbok. Gaan oefen eerder meer met wat jy ken, want skote in die kalahari kan soms lekker ver raak. Skootplasing baaaie belangriker as koel keuse en mens se kop kan lekker met jou praat in die veld as jy onlangs komponente verander het
Re: Gemsbok jag in die Kalahari - watter koeëltipe?
Posted: Fri Nov 22, 2019 7:01 am
by tripodmvr
My rede hoekom ek met koper skiet.
Lead 1.jpg
Re: Gemsbok jag in die Kalahari - watter koeëltipe?
Posted: Fri Nov 22, 2019 9:00 am
by Capt. Yoda
Daai 165 sierra sal 100% werk
Re: Gemsbok jag in die Kalahari - watter koeëltipe?
Posted: Fri Nov 22, 2019 10:40 am
by Ds J
Die heel belangrikste is dat die koeël die teiken moet bereik, anders het jy n kwesbok.
Maak gereed om op lang(er) afstande te skiet, en pas jou koeël daarby aan. Die soort koeël is nie so drasties belangrik nie. Ek het met Sierra ProHunters in my 308 goed reggekom: koedoe op 340m, gemsbok op 120m en springbokke redelik naby.
Re: Gemsbok jag in die Kalahari - watter koeëltipe?
Posted: Fri Nov 22, 2019 12:40 pm
by TOKELOS
Dewitt wrote: Thu Nov 21, 2019 9:11 pm
Mellies wrote: Thu Nov 21, 2019 7:44 pm
Enige 150-165/168gr wat jou roer verkies. 308 se spoed is gemiddeld so vleisskade behoort nie n faktor te wees nie.
.
Met n vleisie...
Plus 1
Accubond/Interbond/Nosler Partition
Plus 2
Re: Gemsbok jag in die Kalahari - watter koeëltipe?
Posted: Thu Jan 02, 2020 8:30 pm
by Dash431
As jy vertroud is met die 165gr SGK, sal ek daarby bly. As jy rerig lus is om iets anders te probeer, sou ek die 130gr of 150gr Barnes TTSX probeer.