Page 1 of 1

S361 in 243

Posted: Tue Nov 12, 2019 7:30 pm
by Raakskiet
Met die tekort aan 365 kruit sal ek ladings met 361 moet uitwerk.

Hoe vaar 361 met betrekking tot akkuraatheid ? Enige raad sal opreg waardeer word.

My geweer is n Winchester mod 70 extreme weather.....

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: S361 in 243

Posted: Wed Nov 13, 2019 10:32 pm
by B Five
Wat van 341
Werk goed in my 22-250, Creed en was ook heel goed un 243?

Re: S361 in 243

Posted: Thu Nov 14, 2019 6:07 am
by tripodmvr
24 duim loop en hoogste veilige node bereken

100gr koeël
S341 Dopvulling 80% en spoed 2870vps
S361 Dopvulling 93% en spoed 2885vps

55gr koeël
S341 Dopvulling 87% en spoed 3550vps
S361 Dopvulling 100% en spoed 3490vps

S361 meer geskik vir swaarder en S341 weer vir ligter projektiele.

Re: S361 in 243

Posted: Thu Nov 14, 2019 6:16 am
by Raakskiet
Dankie, my loop is 22" en ek gaan 100gr skiet.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: S361 in 243

Posted: Thu Nov 14, 2019 7:31 am
by tripodmvr
Ek het Hornady 100 BTSP gebruik en met die 22 duim loop is daar 'n node met S361baie naby aan maks druk, so wees versigtig. Spoed in die orde van 2900vps. Ontbranding 96%.

Met S341 spoed van 2890vps en 100% ontbranding. Dopvulling 82%. Druk is effens laer maar wees nog steeds versigtig. Laai op in 1 gr inkremente en jy behoort dan te kan sien wat die tendens is.

Re: S361 in 243

Posted: Thu Nov 14, 2019 7:56 am
by tripodmvr
Beginlading vir S341 = 35gr