.22 geweertjie vol geite oor ammunisie
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2157
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
.22 geweertjie vol geite oor ammunisie
Goeienaand, wat maak dat n geweer gevoelig is vir n sekere soort ammunisie?
Dit gaan oor n CBC Mod 122 met verkorte loop en knaldemper.
Die geweertjie het altyd ongeveer n duimnael op 25m geskiet.
Nadat ek die knaldemper laat opsit het, was die groepering ongeveer 20-25mm op 20m, gewoonlik met Swartklip Std.
Vandag het hy drie-skoot groepering van 5mm geskiet op 15m met Aquila High Speed.
Die groepering was aansienlik beter met hoë-spoed ammunisie met verskillende skuts.
Hoe werk dit?

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: .22 geweertjie vol geite oor ammunisie
Nodespoed. Hoër spoed is nader aan sy node.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2157
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: .22 geweertjie vol geite oor ammunisie
Goeienaand Oom Driepoot, baie dankie. Is daar n manier om n node te bereken? Dan kan ek n spesifieke ammunisie gaan soek wat redelik naby aan die node is.
Aquilla adverteer hulle 22 Super Extra vir 1255vps. Die Swartklip het gewoonlik ongeveer 1120-1190vps gelewer.
Aquilla adverteer hulle 22 Super Extra vir 1255vps. Die Swartklip het gewoonlik ongeveer 1120-1190vps gelewer.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: .22 geweertjie vol geite oor ammunisie
Jy sal maar oor 'n chrony moet skiet om spoed te kry.
My .22 skiet ook beter met hoë snelheid ammunisie.
Ek het gaan loer op QL, maar kon nie by iets sinvols uitkom nie. Sal verder kyk.
My .22 skiet ook beter met hoë snelheid ammunisie.
Ek het gaan loer op QL, maar kon nie by iets sinvols uitkom nie. Sal verder kyk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3126
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: .22 geweertjie vol geite oor ammunisie
Dis net 3 skote gewees op 15m.
Jy moet eintlik 10 skote op so 50m skiet om te sien watse patrone eintlik die beste vaar in die geweer. En oor die chrony sal ook wys wat is die mees konstant.
Jy moet eintlik 10 skote op so 50m skiet om te sien watse patrone eintlik die beste vaar in die geweer. En oor die chrony sal ook wys wat is die mees konstant.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2157
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: .22 geweertjie vol geite oor ammunisie
LUAN wrote:Dis net 3 skote gewees op 15m.
Jy moet eintlik 10 skote op so 50m skiet om te sien watse patrone eintlik die beste vaar in die geweer. En oor die chrony sal ook wys wat is die mees konstant.
Luan, jy is korrek - dit was net 15m.
Die geweertjie werk egter die meeste kere op daardie afstand om my kinders te leer skiet. Dit is dus wat ek realisties mee moet reken.
Die ander saak om in ag te neem is dat die geweertjie alreeds op 15m met hoe"spoed ammunisie heelwat beter geskiet het as enigiets anders wat ek tot nou toe probeer het.
Dus stop ek more by de geweerwinkel vir nog een of twee pakkies vinniger patroontjies.
As dit so aanhou het ek uiteindelik n wenplan.
- Theunodb
- Sr. Member

- Posts: 261
- Joined: Sun Oct 16, 2016 7:35 am
Re: .22 geweertjie vol geite oor ammunisie
Om nog ‘n spanner in die works te gooi, het ek al ervaar dat my geweer beter begin skiet met ‘n sekere tiepe ammunisie hoe meer ek skiet.
Amper asof die loop eers “ingeskiet” moet word as ek n nuwe tiepe koels probeer.
Die eerste boks sal sleg groepeer, en dan van die 2e boks aan skiet hy sommer baie beter.
Sent from my iPhone using Tapatalk

GUNR - Shooting and Reloading
https://onelink.to/56748m
https://onelink.to/56748m
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: .22 geweertjie vol geite oor ammunisie
Dit klink baie teen die grein, maar 'n "vuil" .22 is meer akkuraat as een wat se loop blinkskoon is
Ek skiet eers 'n paar algemene skote voordat ek kyk na groepperings, ens.
Groetnis!
Groetnis!
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: .22 geweertjie vol geite oor ammunisie
Sit vir jou 'n barreltunertjie op saam met die knaldemper. Dit sal 'n 100% positiewe invloed op jou groepies hê, want dan kan jy die loopfrekwensie/node aanpas by die ammunisie.
Kyk die video:
https://youtu.be/Xq2G2MubmuE
Kyk die video:
https://youtu.be/Xq2G2MubmuE
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)

- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: .22 geweertjie vol geite oor ammunisie
Ds die pinkie 22s is vol nonsens. My seun skiet SAJ se posliga disipine met syne. Ons moet standard snelheid pille gebruik. Die beste is maar, koop n pakkie an elke maak wat jou winkel verkoop, skiet 10 vir groepering en merk, skiet die volgende 5 van die nuwe pakkie om die loop te fowl, sommer in die wal, skiet dan 10 vir groep en merk, herhaal.
Dit het vir n paar van ons manne gewerk. Skiet op 50m.
Ons het op die manier die 22 se dieet uitgewerk. Dan vir fynere tweaking het ons met die aksieskroewe gespeel soos in Geno se artikel, het regtig die groeppe mooi toegemaak.
Ns. Daai speel met die skroewe het wondere op sy nekbreker ook gedoen!

"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2157
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: .22 geweertjie vol geite oor ammunisie
Jean / Andre,
Baie dankie. Ek beplan om ander ammunisie te toets en sal later na die kalibreerder ook kyk.
Ek het nie geweet hulle is so gevoelig met n korter loop NIE.

- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: .22 geweertjie vol geite oor ammunisie
Ek stem met Luan. As ek n nuwe brand skiet doen ek eers n loopdeurtrek so 10 keer en dan skiet ek 5 groeperings van 5 elk en ek merk hier van 15 af begin die groeperings kleiner raak.
Ds J ek het nou al oor die jare agtergekom korter lope gee beter groeperings met subsoniese koels.
Ek het al die vinniger en super vinnige 22 koels wat mens diekant van die draad kry al deur my 22 en op 50 m kry ek GEEN konstante groeperings nie. uit n 5 skoot groepering sal 2 of 3 mooi groepeer en dan n flyer of twee. Ek het dus oorgeslaan na 40gr subsonies en ek kry baie goeie groeperings daarmee op 50 - 70 m. Die beste groeperings is met Tennex maar hulle is ook die duurste hierdiekant. Ek sou as ek jy was vir my 2 of 3 verskillende subsoniese ppakkies gaan koop het en kyk wat gebeur op 30-50 m. Dalk word jy lekker verras

Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: .22 geweertjie vol geite oor ammunisie
'Cois daai Tennex is ook maar skaars en duur in SA. CCI Quiets werk ook lekkerFHM wrote:Ek stem met Luan. As ek n nuwe brand skiet doen ek eers n loopdeurtrek so 10 keer en dan skiet ek 5 groeperings van 5 elk en ek merk hier van 15 af begin die groeperings kleiner raak.
Ds J ek het nou al oor die jare agtergekom korter lope gee beter groeperings met subsoniese koels.
Ek het al die vinniger en super vinnige 22 koels wat mens diekant van die draad kry al deur my 22 en op 50 m kry ek GEEN konstante groeperings nie. uit n 5 skoot groepering sal 2 of 3 mooi groepeer en dan n flyer of twee. Ek het dus oorgeslaan na 40gr subsonies en ek kry baie goeie groeperings daarmee op 50 - 70 m. Die beste groeperings is met Tennex maar hulle is ook die duurste hierdiekant. Ek sou as ek jy was vir my 2 of 3 verskillende subsoniese ppakkies gaan koop het en kyk wat gebeur op 30-50 m. Dalk word jy lekker verras
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: .22 geweertjie vol geite oor ammunisie
Kry nie CCI's diekant nie Andre.andre007 wrote:'Cois daai Tennex is ook maar skaars en duur in SA. CCI Quiets werk ook lekkerFHM wrote:Ek stem met Luan. As ek n nuwe brand skiet doen ek eers n loopdeurtrek so 10 keer en dan skiet ek 5 groeperings van 5 elk en ek merk hier van 15 af begin die groeperings kleiner raak.
Ds J ek het nou al oor die jare agtergekom korter lope gee beter groeperings met subsoniese koels.
Ek het al die vinniger en super vinnige 22 koels wat mens diekant van die draad kry al deur my 22 en op 50 m kry ek GEEN konstante groeperings nie. uit n 5 skoot groepering sal 2 of 3 mooi groepeer en dan n flyer of twee. Ek het dus oorgeslaan na 40gr subsonies en ek kry baie goeie groeperings daarmee op 50 - 70 m. Die beste groeperings is met Tennex maar hulle is ook die duurste hierdiekant. Ek sou as ek jy was vir my 2 of 3 verskillende subsoniese ppakkies gaan koop het en kyk wat gebeur op 30-50 m. Dalk word jy lekker verras
So as ek deur die Tennex gewerk het sal ek seker weer n jaar moet wag voor Agra invoer.
Sal seker maar terugval Remington se sub-sonies toe - hulle groepeer ook goed in my Rem 597
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 959
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: .22 geweertjie vol geite oor ammunisie
Probeer gerus SK Standard Plus of SK Rifle Match. Dit is Lapua verpak onder 'n ander naam en is goedkoper.
By 'n onlangse SA Jagter posliga skiet het ek gehoor hoe die man langs my vloek. Sy geweer het soos 'n haelgeweer geskiet. Ek het vir hom so 5 SK Standard Plus rondtes gegee om te probeer en met die eerste probeerslag het hy 'n 10mm 5-skoot groepering op 50m geskiet. Die impakspunt was wel laer as die rondtes waarmee hy so gesukkel het. Geen 2 gewere is dieselfde nie, maar ek ken 'n paar ouens wat nogal glo in die SK's.

- Jurie Vermaak
- Full Member

- Posts: 209
- Joined: Sat Jun 29, 2013 9:51 pm
Re: .22 geweertjie vol geite oor ammunisie
Ek het ook n klomp verskillende vervaardigers probeer. SK standard en SK Match het ook die beste gewerk vir my.
Hier is die groeperings wat ek gekry het op 25m.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2157
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: .22 geweertjie vol geite oor ammunisie
Ek het SKS Std probeer en hulle het swak groepering gegee - ongeveer 25mm groepering op 15m.
Dit kan wees dat ek swak geskiet het, maar ek is nie heeltemal oortuig dat ek die enigste faktor is nie. Die groepering van die Aquila .22 Super Extra het my werklik verbaas, terwyl die Swartklip Std met n ander skut swakker gevaar het.
Ek het vandag CCI MiniMag HP en S&B HV HP gekoop. Dit sal ongelukkig n paar dae vat voor ek kan gaan toets.

Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: .22 geweertjie vol geite oor ammunisie
.22's is omtrent almal baie kieskeurig oor ammunisie, en elkeen het sy eie voorkeur. Kry waarvan joune hou en bly daarby. Dit beteken gewoonlik jy moet die ammunisie in grootmaat koop, want volgende week het niemand meer daardie spesifieke soort in voorraad nie.