Page 1 of 1

Print van lisensie.

Posted: Wed Nov 23, 2011 12:36 pm
by molopohunter
Ek het gister gehoor my lisensie is reg en alles in orde, gister niemand by die stasie nie en hulle se toe die vuurwapen manne is weg om kaartjies te gaan haal.
Toe ek vandag ewe windgat instap en vra waars my kaartjie? Eish, its steel in pranting.
Hoe lank vat die druk nou? Die ou in pta het vir my gese dit gaan dalk maande vat voor ek my kaartjie het.
Ek het n lys van name en nommers en niemand in pta antwoord hulle fone nie.
Iemand dalk raad?

Dankie,
Groete,
Peet

Re: Print van lisensie.

Posted: Wed Nov 23, 2011 2:48 pm
by ablm468
Peet

Ek het ongeveer 3 weke gewag vandat ek gehoor het ek's goedgekeur tot die lisensies by my plaaslik SAPD was.

Re: Print van lisensie.

Posted: Wed Nov 23, 2011 3:07 pm
by Pvdw
Die agterstand is glad nie meer so erg nie.

Meeste manne op die forum kry hul kaartjies tussen 2en 3 weke na goedkeuring.

Moet egter s? dat daar wel die uitsonderings is wat vinniger EN stadiger is.

Peet

Re: Print van lisensie.

Posted: Wed Nov 23, 2011 4:10 pm
by Christo Els
in Upington wag ons maande myne is 14/julie/2011 goedgekeur maar nog geen kaart

Re: Print van lisensie.

Posted: Wed Nov 23, 2011 4:22 pm
by DWB
Ek het so ewe in laas week gebel om te hoor of myne al gedruk is.
Toe s? hulle hy is nog nie eers ingelees nie. En Vrydag sien ek in die koerant dat my naam op die lys is vir kaartjies wat moet afgehaal word by die polisie

Re: Print van lisensie.

Posted: Wed Nov 23, 2011 11:48 pm
by Theo E
My neef wag al 5 maande vir sy kaartjie en is nog nie gedruk nie !

Re: Print van lisensie.

Posted: Mon Nov 28, 2011 9:05 am
by molopohunter
Dankie manne,

Ek het toe 2 dae later gehoor hy is gedruk.
Het toe gebel om seker te maak en hulle se toe hy is in potch. Ek reel toe om hom te gaan haal en toe ek daar kom het pta hom nooit vir potch gegee nie, hy le nog in pta.
Daar was darem n baie behulsame man, en se toe hy sal sorg dat die lisensie die week kom, so hopelik kan ek die naweek wat kom skiet.
Dit voel nou soos n seuntjie wat n radar kar vir kersfees sonder batterye, en nou weet ek hoe voel dit om potch toe te ry (360 km) om n koeldrank by die garage te koop.

Nogmaals dankie manne. Wat ek hier uit geleer het was om maar baie op hulle te le en probeer maar met n supervisor te praat.

Re: Print van lisensie.

Posted: Mon Nov 28, 2011 9:12 am
by the kid
Myne het 8 dae gevat vandat hy goed gekeur is totdat ek hom in my hand gehad het. (bygese dit is na ek 3 jaar gewag het vir die goedkeuring) Ek het my Kaart (nuwe aansoek) donderdag gekry. My hernuwings wat al die begin van die jaar goedgekeur is wag ek nou nog voor.