Page 1 of 1
Hotklou RSA
Posted: Tue Oct 22, 2019 8:31 pm
by Albertdwk
Naand almal, ek sien vandag op gunafrica daars 'n left hand Musgrave RSA aksie geweer te koop. Aksie lyk my of dit so is, behalwe die slot wat van die linkerkant oopmaak en die port wat ook oopgemaak is tot aan die linkerkant om seker van links af te kan voer. Glo nie hy het so van sy ma af gekom nie, weet julle van gewere wat so al verander is? wat behels dit? en wie doen dit?
Re: Hotklou RSA
Posted: Tue Oct 22, 2019 8:59 pm
by tripodmvr
Hou net in gedagte dat die RSA aksie se reputasie gebou is op rigiditeit. As so baie metaal weggesny word is daar baie meer fleks en kan dit veroorsaak dat dit onakkuraat skiet. Aanhoudende buiging kan to metaal verswakking lei. Praat eers met 'n kundige geweersmid.
Re: Hotklou RSA
Posted: Wed Oct 23, 2019 3:03 pm
by swc-tr
Manne by die AEK by Pelindaba het in die middel '90's paar LH aksies uit 17-4PH stainless material gebou, gebaseer op die Lyttelton RSA aksie (met magasyn).
Nooit deur Musgrave gebou nie.
Re: Hotklou RSA
Posted: Wed Oct 23, 2019 8:36 pm
by Albertdwk
Oom Tripod, wil niks weg sny of oopmaak nie, wil net die slot aan die linkerkant hê. Lefthand, right port eject...
Was net neskurig of hul die aksie so laat verander het, en of dit dan soos gesê is 'n copy was.
Re: Hotklou RSA
Posted: Thu Oct 24, 2019 4:31 pm
by tripodmvr
Soos jy beskryf het, klink dit of 'n regshandige aksie verder oop gemasjineer is. Kyk na die artikel hieronder en daar is mooi fotos van die aksie.
https://www.pressreader.com/south-afric ... 5109758480
Re: Hotklou RSA
Posted: Thu Oct 24, 2019 8:07 pm
by Albertdwk
Oom Driepoot, soos Swc hierbo genoem is die een van daai aksies, vandag met die man gesels. Hy is gebou as 'n left hand en nie verander na een. Sy port is oop gemaak, so as jy onder die picatiny rail kyk, kyk jy regdeur anderkant uit, en sy safety sit nogsteeds links. Dankie nou weet ek ten minste
Re: Hotklou RSA
Posted: Thu Oct 24, 2019 9:01 pm
by Alwin
Albertdwk wrote:Oom Tripod, wil niks weg sny of oopmaak nie, wil net die slot aan die linkerkant hê. Lefthand, right port eject...
Was net neskurig of hul die aksie so laat verander het, en of dit dan soos gesê is 'n copy was.
'n Wyle gelede het Savage so 'n aksie gebou. LH grendel, RH uitwerpopening. Dit was, as ek reg onthou, 'n enkelskoot aksie met soliede onderkant en toe bokant.