Page 1 of 1
Belleville washers.
Posted: Mon Oct 21, 2019 9:06 pm
by Francoisv
My 338 se slagpen ‘veer’ is te pap en ek moet plan maak. Daar word van belleville washers of te wel ‘disc springs’ gebruik gemaak.
Waar kry mens bogenoemde?
Francois Vogel
Re: Belleville washers.
Posted: Mon Oct 21, 2019 9:59 pm
by tripodmvr
Die slot is nie dalk vol olie wat die slagpen vertraag nie? Vere word ontwerp om sterker te wees en dus kompenseer dit vir verswakking in sterkte. Daar is sekerlik winkels in die Kaap wat vere smous. Sien Saayman's is in Belville.
Re: Belleville washers.
Posted: Mon Oct 21, 2019 10:44 pm
by Francoisv
tripodmvr wrote:Die slot is nie dalk vol olie wat die slagpen vertraag nie? Vere word ontwerp om sterker te wees en dus kompenseer dit vir verswakking in sterkte. Daar is sekerlik winkels in die Kaap wat vere smous. Sien Saayman's is in Belville.
Tripod ek dink daaraan om die washers te vervang met ‘n ‘helical’ veer wat ek seker is Saaymans kan maak. Alternatief is om weer belleville in te sit, maar teen R19 elk en 92 springs...miskien net so paar ekstra eers probeer.
Francois Vogel
Re: Belleville washers.
Posted: Mon Oct 21, 2019 11:00 pm
by Rainier 260
kan ook springman probeer.
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Belleville washers.
Posted: Tue Oct 22, 2019 8:14 am
by Fanta300
Wat laat jou dink die veer is pap? Wat is die simtome?
Re: Belleville washers.
Posted: Tue Oct 22, 2019 8:36 am
by Maroelas
Jyt nie dalk jou slot oopgemaak op 'n stadium nie? Ek het die spacer wat my Sako 85 se slagpen bietjie compress verloor (het nie geweet daar is so 'n ding in nie). Daar was nie dalk so 'n spacer wat jy verloor het nie?
Re: Belleville washers.
Posted: Tue Oct 22, 2019 9:16 am
by swc-tr
Francois, waste aksie het jy wat Belleville washers gebruik? CG INCH of RPA?
Kan die aksie vervaardiger nie help? Het jy al met Piet Welgemoed gepraat?
My RPA2000 gebruik hulle, ek skiet die aksie nou al 20 jaar, nog nooit enige "pap veer" issues gehad.
Re: Belleville washers.
Posted: Tue Oct 22, 2019 12:19 pm
by JPS
swc-tr wrote:Francois, waste aksie het jy wat Belleville washers gebruik? CG INCH of RPA?
Kan die aksie vervaardiger nie help? Het jy al met Piet Welgemoed gepraat?
My RPA2000 gebruik hulle, ek skiet die aksie nou al 20 jaar, nog nooit enige "pap veer" issues gehad.
Glo dit sal X max wees.
Re: Belleville washers.
Posted: Tue Oct 22, 2019 12:32 pm
by Arnold
Dit is 'n Mojet, sy 308 is Xmax
Belleville washers.
Posted: Tue Oct 22, 2019 12:56 pm
by Francoisv
Arnold is reg, dit is my Mojet geweer.
Die slagpen slaan so elke agste dop ‘n gat in die primer. Ek het die slagpen reeds korter gestel en van die washers uitgehaal met voorspelbare nagevolge: softstrike.
Ek het met André Mojet gepraat en die slot is reeds oppad na hom toe. Met die gaatjie wat die slapen in die dop slaan vorm ‘n snyvlam wat besig is om die ongeveer 1.4mm van die slagpen wat uitsteek weg te vreet.
Francois Vogel