Page 1 of 1
Nuwe teleskoop Hariox Electronics
Posted: Thu Oct 17, 2019 2:41 pm
by Schalkskiet
Goeie dag,
Ek is nie seker onder wat ek hierdie opskrif moet plaas nie?
Ek oorweeg dit om 'n teleskoop deur Hariox Electronics te koop. Dit is 'n aanlyn winkel, maar mens kan glad nie direk by hulle gaan optel nie. Ek kan niks op die internet oor hulle kry behalwe hulle eie webtuiste nie.
Ek is maar bang om iets aanlyn te koop as mens geen reviews oor 'n plek kan lees of kry nie.
Dus my vraag, het enige iemand ondervinding met hulle?
Re: Nuwe teleskoop Hariox Electronics
Posted: Thu Oct 17, 2019 3:07 pm
by tripodmvr
Jou skrywe is onder die regte hofie. Ek sien Hariox Technologies word vanuit Kenya bedryf
https://hariox.org.cutestat.com. Lyk na 'n baie jong maatskappy. Het jy al na Futurama of Optics Planet
https://www.opticsplanet.com gekyk.
Re: Nuwe teleskoop Hariox Electronics
Posted: Thu Oct 17, 2019 3:36 pm
by Schalkskiet
Kenya? Die persoon met wie ek gepraat het het vir my gesê hulle warehouse is in Upington, maar ek het op 'n advertensie van hulle afgekom op gunafrica en daar het gestaan die persoon wat die advertensie geplaas het is van Graaff Reinet so dit is hoekom ek verdag geraak het.
Dankie, ek sal kyk by die ander plekke ook
Re: Nuwe teleskoop Hariox Electronics
Posted: Thu Oct 17, 2019 3:40 pm
by LUAN
Kyk na waneer die persoon gun africa gejoin het. As dit sommer onlangs is pasop. Daars so baie scammers daar veral as dit by scopes kom.
Re: Nuwe teleskoop Hariox Electronics
Posted: Thu Oct 17, 2019 3:41 pm
by FHM
Schalkskiet wrote:
Kenya? Die persoon met wie ek gepraat het het vir my gesê hulle warehouse is in Upington, maar ek het op 'n advertensie van hulle afgekom op gunafrica en daar het gestaan die persoon wat die advertensie geplaas het is van Graaff Reinet so dit is hoekom ek verdag geraak het.
Dankie, ek sal kyk by die ander plekke ook
Wees maar katvoet - hoor by manne op die werf wat hulle dink van die diens van n gekose verskaffer voordat jy geld uitgee. Welkom onder ons boom. Sien uit na jou deelname.
Vertel bietjie watse ysters jy het

Re: Nuwe teleskoop Hariox Electronics
Posted: Thu Oct 17, 2019 3:44 pm
by Toyrsi
Daar was hoeka n scammer van Upt so ruk terug op die forums.
Re: Nuwe teleskoop Hariox Electronics
Posted: Thu Oct 17, 2019 6:15 pm
by Capt. Yoda
Klomp NF “bargains” ook altyd in upinton
Re: Nuwe teleskoop Hariox Electronics
Posted: Tue Nov 05, 2019 8:45 pm
by Sangoma (IAN)
Enige "winkel" wat "electronics" en scopes in een sin het bly jy ver weg. Dis n scam wat nou al n geruime tyd aangaan.
Re: Nuwe teleskoop Hariox Electronics
Posted: Thu Nov 07, 2019 12:39 pm
by Toyrsi
Lyk my die manne het nou n nuwe naam gekry.
Kwiclo Electronincs
Re: Nuwe teleskoop Hariox Electronics
Posted: Thu Nov 07, 2019 6:51 pm
by JPS
Nuwe naam beteken hulle het iemand gevang
Re: Nuwe teleskoop Hariox Electronics
Posted: Fri Nov 08, 2019 4:26 pm
by KalahariLion
Ek bly in Upington, weet van geen "warehouse" wat scopes verkoop nie. Sou baie nice gewees het.....